hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48

Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 19 Bybel vir Almal (ABA)

’n Klaaglied oor die konings van Israel

1. Die Here het gesê: “En jy, mens, jy moet ’n klaaglied begin sing oor die konings van Israel.

2. Jy moet sê:“Jou ma was ’n groot leeu-wyfie tussen die leeus.Sy het tussen die jong leeus gelêen sy het haar klein welpies grootgemaak.

3. Sy het een van haar welpies gekies,en hy het ’n sterk jong leeu geword.Hy het geleer om vir homself kos te vang,hy het mense geëet.

4. Maar die ander volke het gehoor van homen hulle het hom in ’n vang-gat gevang,hulle het hom met groot ysterhoekena Egipte gebring.

5. Die leeu-wyfie het gesiendat haar plan nie geslaag het nie.Sy het ’n ander welpie geneemen sy het hom ’n sterk jong leeu gemaak.

6. Hy het tussen die leeus rondgeloopen hy het ’n groot jong leeu geword.Hy het geleer om vir homself kos te vang,hy het mense geëet.

7. Hy het by hulle weduwees geslaapen hy het hulle stede verwoes.Almal in die land het bang gewordwanneer hy brul.

8. Maar mense het die volkebymekaargebring teen hom,die volke uit al die lande rondom hom.Hulle het hulle vangnet oor hom gegooien hulle het hom gevang in hulle vang-gat.

9. Toe het hulle hom in ’n hok gesiten hulle het hom met ysterhoekena die koning van Babel gebring.Niemand het weer gehoor dat hy brulop die berge van Israel nie.

10. “Jou ma is soos ’n wingerdstok.Iemand het die wingerdstok geplant by die water.Die wingerdstok het baie ranke gehaden dit het baie druiwe gedraomdat daar baie water was.

11. Die wingerdstok het sterk ranke gekry.’n Mens kon septers vir koningsmaak van die ranke.Die wingerdstok het hoog gegroei,sy boonste punt was tussen die wolke.Almal kon sien hy is grooten hy het baie ranke.

12. Maar mense het kwaad gewordvir die wingerdstok.Hulle het hom uitgeruk,en die oostewind het hom droog laat word.Hulle het sy druiwe afgepluk,sy sterk ranke het droog geworden hulle het dit verbrand.

13. En toe plant hulle die wingerdstokin die woestyn,in ’n droë land waar daar nie water is nie.

14. En daar het vuur gekom uit die wingerdstok se stamen dit het die ranke en die druiwe verbrand.Toe was daar nie meer ’n sterk takwat ’n koning se septer kon wees nie.”Dit is ’n klaaglied hierdie. Dit het ’n klaaglied geword.