hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Afstammelinge van Ruben

1. Die oudste seun van Israel was Ruben. Hy het nie sy pa gerespekteer nie en by een van sy pa se byvroue geslaap. Daarom is sy geboortereg aan die seuns van sy broer Josef gegee en word hy nie in die geslagsregister as die eersgebore seun vermeld nie.

2. Juda se afstammelinge het die sterkste stam geword en die regeerder vir die nasie verskaf, maar die eersgeboortereg het aan Josef behoort.

3. Die seuns van Ruben, die oudste seun van Israel, was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.

4. Die afstammelinge van Joël was Semaja, Gog, Simi,

5. Miga, Reaja, Baäl en

6. Beëra.Beëra was die leier van die Rubeniete wat deur koning Tiglat-Pileser van Assirië gevange geneem is.

7. Beëra se familie is in die geslagsregister van hulle families opgeneem: Jeïel, die leier, Sagaria

8. en Bela, seun van Asas, seun van Sema, seun van Joël.Hierdie Rubeniete het in die gebied geleef wat strek van Aroër tot by Nebo en Baäl-Meon.

9. Omdat hulle so baie vee in die land Gilead gehad het, het hulle na die ooste uitgesprei tot by die rand van die woestyn wat na die Eufraatrivier uitstrek.

10. In die tyd toe Saul koning was, het die Rubeniete die Hagareërs in die oorlog verslaan. Hulle het toe in die Hagareërs se dorpies gaan bly, al langs die oostelike kant van Gilead.

Afstammelinge van Gad

11. Oorkant die Rubeniete in die land Basan het die afstammelinge van Gad gebly, tot so ver oos as Salka.

12. Joël was die leier in die land Basan, en Safam was tweede in bevel, saam met Janai en Safat.

13. Hulle familie, die leiers van sewe ander families, was Migael, Mesullam, Seba, Jorai, Jakan, Sia en Eber.

14. Hulle was almal afstammelinge van Abigajil, seun van Guri, seun van Jaroag, seun van Gilead, seun van Migael, seun van Jesisai, seun van Jagdo, seun van Bus.

15. Agi, seun van Abdiël, seun van Guni, was die leier van hulle families.

16. Die Gadiete het in die land Gilead gebly, in Basan en sy dorpies en die hele Saronplein.

17. Hulle name is almal opgeteken in die geslagsregister in die dae van koning Jotam van Juda en Jerobeam van Israel.

Die stamme oos van die Jordaan

18. Daar was 44 760 vaardige soldate in die leër van Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse. Hulle was almal vaardig en ervare in die oorlog, gewapen met skild, swaard en boog.

19. Hulle het oorlog teen die Hagareërs, Jeturiete, Nafiete en Nodabiete gemaak.

20. Hulle het na God geroep tydens die geveg, en Hy het hulle gebed verhoor omdat hulle op Hom vertrou het. So is die Hagareërs en al hulle bondgenote verslaan.

21. Die buit wat hulle by die Hagareërs afgevat het, het 50 000 kamele, 250 000 skape, 2 000 donkies en 100 000 gevangenes ingesluit.

22. Baie van die Hagareërs is in die oorlog doodgemaak omdat God teen hulle baklei het. Hulle het in hulle land gebly totdat hulle in ballingskap weggevoer is.

23. Die halwe stam van Manasse het in die land gewoon vanaf Basan tot by Baäl-Hermon, Senir en Hermonberg. Hulle was baie mense.

24. Die leiers van hulle families was: Efer, Jisi, Eliël, Asriël, Jeremia, Hodauja en Jagdiël. Elkeen van hierdie manne het ’n groot reputasie gehad as dapper soldaat en leier.

25. Maar hulle was ontrou aan die God van hulle voorouers. Hulle het die gode aanbid van die volke wat God vernietig het.

26. Daarom het die God van Israel veroorsaak dat koning Pul van Assirië, ook bekend as Tiglat-Pileser, die land binnegeval het en die Rubeniete, Gadiete en die halwe stam van Manasse as gevangenes weggelei het. Die Assiriërs het hulle in ballingskap na Galag, Gabor, Hara en die Gosanrivier gevat, waar hulle tot vandag toe bly.