hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Rabba beset

1. Die volgende lente, die tyd wanneer die konings gaan oorlog maak, het Joab die Israelitiese leërmag gelei. Hulle het die stede en dorpe van die Ammoniete verwoes. In die proses het hulle die stad Rabba beleër en dit vernietig. Dawid het in Jerusalem agtergebly.

2. Toe Dawid in Rabba aankom, het hy die kroon van die koning se kop afgehaal en dit is op Dawid se kop gesit. Die kroon was van goud met juwele daarin, en dit het 34 kilogram geweeg. Dawid het ook ’n baie groot buit uit die stad gevat.

3. Hy het van die mense van Rabba slawe gemaak en hulle gedwing om met sae, pikke en byle te werk. So het Dawid al die mense van die Ammonitiese stede behandel. Hierna het Dawid en sy leër na Jerusalem toe teruggegaan.

Oorloë teen die Filistyne

4. Hierna het daar by Geser oorlog teen die Filistyne uitgebreek. Terwyl hulle veg, het Sibbekai van Gusa vir Sippai, ’n afstammeling van die reuse, verslaan. Die Filistyne is onderwerp.

5. In ’n volgende geveg met die Filistyne het Elganan, seun van Jaïr, vir Lagmi, broer van Goliat uit Gat, doodgemaak. Die handvatsel van Lagmi se spies was so dik soos ’n wewersbalk!

6. In nog ’n geveg met die Filistyne by Gat was daar ’n reuse man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, 24 in totaal, ’n afstammeling van die reuse.

7. Hy het Israel uitgedaag. Maar Jonatan, seun van Dawid se broer Samma, het hom doodgemaak.

8. Hierdie Filistyne was afstammelinge van die reuse van Gat, maar hulle is deur Dawid en sy soldate doodgemaak.