hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Pligte van die musikante

1. Dawid en die leërhoofde het mans uit die families van Asaf, Heman en Jedutun aangestel om God se boodskappe te verkondig terwyl daar op siters, harpe en simbale gespeel word. Hier is die lys van hulle name en hulle dienswerke:

2. Van die seuns van Asaf was daar Sakkur, Josef, Netanja en Asarela. Hulle het gewerk onder leiding van hulle pa, Asaf, wat God se boodskappe op bevel van die koning verkondig het.

3. Jedutun het ses seuns gehad: Gedalja, Seri, Jesaja, Simi, Gasabja en Mattitja. Hulle het onder leiding van hulle pa, Jedutun, gewerk wat God se boodskappe verkondig het terwyl die siter gespeel is, en dank en lof aan die Here geoffer is.

4. Heman se seuns was Bukkija, Mattanja, Ussiël, Subael, Jerimot, Gananja, Ganani, Eliata, Giddalti, Romamti-Eser, Josbekasa, Malloti, Hotir en Magasiot.

5. Hulle almal was die seuns van Heman, die koning se siener, want God het hom geëer met veertien seuns en drie dogters.

6. Al hierdie mans het onder leiding van hulle pa’s gewerk terwyl hulle in die huis van die Here musiek gemaak het. Hulle verantwoordelikhede het ingesluit dat hulle die simbale, harpe en siters bespeel het in die huis van God. Asaf, Jedutun en Heman het direk aan die koning gerapporteer.

7. Hulle en hulle families is almal opgelei om voor die Here musiek te maak. Elkeen van hulle, 288 in totaal, was ’n bedrewe musikant.

8. Die musikante is vir ’n bepaalde dienstermyn aangestel deur die gewyde lot te werp, sonder om in ag te neem hoe oud iemand was en of hy ’n meester of student was.

9. Die eerste lot het op Josef van die Asafgroep geval, en twaalf van sy seuns en bloedverwante. Die tweede lot het op Gedalja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

10. Die derde lot het op Sakkur geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

11. Die vierde lot het op Seri geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

12. Die vyfde lot het op Netanja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

13. Die sesde lot het op Bukkija geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

14. Die sewende lot het op Asarela geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

15. Die agtste lot het op Jesaja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

16. Die negende lot het op Mattanja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

17. Die tiende lot het op Simi geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

18. Die elfde lot het op Asarel geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

19. Die twaalfde lot het op Gasabja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

20. Die dertiende lot het op Subael geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

21. Die veertiende lot het op Mattitja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

22. Die vyftiende lot het op Jeremot geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

23. Die sestiende lot het op Gananja geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

24. Die sewentiende lot het op Josbekasa geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

25. Die agtiende lot het op Ganani geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

26. Die negentiende lot het op Malloti geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

27. Die twintigste lot het op Eliata geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

28. Die 21ste lot het op Hotir geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

29. Die 22ste lot het op Giddalti geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

30. Die 23ste lot het op Magasiot geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.

31. Die 24ste lot het op Romamti-Eser geval, hy en twaalf van sy seuns en bloedverwante.