hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die hele Israel se name is in geslagsregisters opgeskryf in Die boek van die konings van Israel. Die mense van Juda is in ballingskap na Babel weggevoer omdat hulle ontrou aan die Here was.

Teruggekeerde ballinge

2. Die eerste wat weer na hulle eiendom in die dorpe waar hulle voorheen gebly het, teruggekeer het, was gewone Israeliete, priesters, Leviete en tempelbediendes.

3. Mense van die stamme van Juda, Benjamin, Efraim en Manasse het gekom en in Jerusalem gaan bly.

4. Een familie wat teruggekom het, was dié van Utai, seun van Ammihud, seun van Omri, seun van Imri, seun van Bani, ’n afstammeling van Peres, seun van Juda.

5. Ander wat teruggekom het, was van die Silonietegroep, insluitende Asaja die oudste, en sy seuns.

6. Van die Seraggroep het Jeüel en sy familie teruggekeer.Altesame 690 families van die stam van Juda het teruggekom.

7. Van die stam van Benjamin het Sallu, seun van Mesullam, seun van Hodauja, seun van Senua,

8. Jibneja, seun van Jerogam, Ela, seun van Ussi, seun van Mikri, en Mesullam, seun van Sefatja, seun van Reüel, seun van Jibnija teruggekom.

9. Hierdie manne was almal leiers van families, en hulle name is opgeteken in die geslagsregister. Altesame 956 mense van die stam van Benjamin het teruggekom.

Teruggekeerde priesters

10. Tussen die priesters wat teruggekom het, was Jedaja, Jojarib, Jakin

11. en Asarja, seun van Gilkija, seun van Mesullam, seun van Sadok, seun van Merajot, seun van Agitub. Asarja was die hoofamptenaar van die huis van God.

12. Ander priesters wat gekom het, was Adaja, seun van Jerogam, seun van Pasgur, seun van Malkija, en Masai, seun van Adiël, seun van Jagsera, seun van Mesullam, seun van Mesillemot, seun van Immer.

13. Altesame 1 760 priesters het teruggekom. Hulle was leiers van families en bekwame manne. Hulle was verantwoordelik om in die huis van God te dien.

Teruggekeerde Leviete

14. Die Leviete wat teruggekom het, was Semaja, seun van Gassub, seun van Asrikam, seun van Gasabja, ’n afstammeling van Merari,

15. Bakbakkar, Geres, Galal, Mattanja, seun van Miga, seun van Sikri, seun van Asaf,

16. Abda, seun van Sammua, seun van Galal, seun van Jedutun, en Berekja, seun van Asa, seun van Elkana wat in die gebied van Netofa gebly het.

17. Die poortwagters wat teruggekom het, was Sallum, Akkub, Talmon, Agiman en hulle familie. Sallum was die hoofpoortwagter.

18. Voor hierdie tyd was hulle verantwoordelik vir die koningspoort aan die oostekant. Hierdie manne was die poortwagters vir die kampe van die Leviete.

19. Sallum was die seun van Kore, ’n afstammeling van Abiasaf, van die Koraggroep. Hy en sy familie, die Koragiete, was verantwoordelik om die ingang na die heiligdom te beskerm, net soos hulle voorouers die tabernakel in die kamp van die Here beskerm het.

20. Pinehas, seun van Eleasar, was vroeër in beheer van die poortwagters, en die Here was met hom.

21. Later was Sagaria, seun van Meselemja, verantwoordelik om die ingang na die tent van ontmoeting te beskerm.

22. Altesame was daar 212 poortwagters in daardie dae, en hulle name is almal in geslagsregisters in hulle dorpe opgeteken. Dawid en die siener Samuel het hulle voorouers aangestel omdat hulle betroubare manne was.

23. Hulle en hulle afstammelinge was verantwoordelik om die ingang na die huis van die Here te beskerm, die huis wat voorheen ’n tent was.

24. Die poortwagters moes aan al vier kante staan – oos, wes, noord en suid.

25. Hulle naasbestaandes het van tyd tot tyd uit die dorpies gekom om vir periodes van sewe dae hulle pligte te deel.

26. Die vier hoofdeurwagters, almal Leviete, het groot vertroue geniet, want hulle was verantwoordelik vir die skatkamers en skatte van die huis van God.

27. Hulle het in die nag rondom die huis van God gebly, want hulle moes dit beskerm. Dit was ook hulle werk om die ingange elke oggend oop te sluit.

28. Party van die hekwagters moes ook sorg vir die verskillende gereedskap wat in die tempel gebruik is. Hulle moes sorg dat dit uitgeneem en teruggebring word sonder dat iets verlore gaan.

29. Ander was verantwoordelik vir die meubels en al die heilige voorwerpe, ook die fynmeel, wyn, olie, wierook en speserye.

30. Maar dit was die priesters wat die speserye en wierook voorberei het.

31. Mattitja, ’n Leviet en oudste seun van die Koragiet Sallum, was verantwoordelik vir die brood wat vir die offers gebak is.

32. En party lede van die Kehatietegroep was verantwoordelik vir die brode wat elke Sabbat op die tafel geplaas is.

33. Die musikante, almal prominente Leviete, het in die tempel gewoon. Hulle was vrygeskeld van ander verantwoordelikhede omdat hulle alle ure aan diens was.

34. Al hierdie mans het in Jerusalem gewoon. Hulle was die hoofde van Levitiese families en is in hulle stamme se geslagsregisters as prominente leiers aangeteken.

Koning Saul se stamboom

35. Jeïel, die pa van Gibeon, het in Gibeon gebly. Sy vrou se naam was Maäka,

36. en sy oudste seun se naam was Abdon. Jeïel se ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Ner, Nadab,

37. Gedor, Agjo, Seker en Miklot.

38. Miklot was die pa van Sima. Al hierdie families het naby mekaar in Jerusalem gebly.

39. Ner was die pa van Kis. Kis was die pa van Saul. Saul was die pa van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl.

40. Jonatan was die pa van Meribbaäl. Meribbaäl was die pa van Miga.

41. Die seuns van Miga was Piton, Melek, Tagrea en Agas.

42. Agas was die pa van Jehoadda. Jehoadda was die pa van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die pa van Mosa.

43. Mosa was die pa van Bina. Bina se seun was Refaja. Refaja se seun was Elasa. Elasa se seun was Asel.

44. Asel het ses seuns gehad, en hulle name was Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was Asel se seuns.