hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Dawid word koning oor die hele

Israel

1. Die hele Israel het na Dawid in Hebron gegaan en vir hom gesê: “Ons is almal deel van u familie.

2. Vir ’n lang tyd al, selfs terwyl Saul koning was, was u die een wat in werklikheid Israel gelei het. Die Here u God het vir u gesê: ‘Jy sal die herder vir my volk Israel wees. Jy sal hulle leier wees.’”

3. Dawid het voor die Here ’n ooreenkoms met die leiers van Israel gesluit. Hulle het hom as koning oor Israel gesalf, net soos die Here deur Samuel belowe het.

Dawid neem Jerusalem in

4. Dawid en die hele Israel het opgetrek teen Jerusalem, of soos dit vroeër genoem is, Jebus. Die Jebusiete, oorspronklike bewoners van die land, het daar gewoon.

5. Die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: “Jy sal nooit hier inkom nie.” Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem. Dit is wat nou die stad van Dawid genoem word.

6. Dawid het vir sy soldate gesê: “Wie ook al die aanval teen die Jebusiete lei, sal hoof van my weermag wees!” Joab, die seun van Dawid se suster Seruja, het die aanval gelei. So het hy hoof van Dawid se weermag geword.

7. Dawid het die bergvesting sy woning gemaak; daarom noem hulle dit die Stad van Dawid.

8. Hy het die stad uitgebrei van die Millo af reg in die rondte, terwyl Joab die res van die stad herbou het.

9. En Dawid het al magtiger geword omdat die Here, die Almagtige, altyd met hom was.

Dawid se magtigste manne

10. Dit is die leiers van Dawid se magtigste manne. Hulle was getrou aan Dawid en het hom saam met die hele Israel koning gemaak, net soos die Here vir Israel belowe het.

11. Hier is die lys van Dawid se magtigste manne: Die eerste is Jasobam, die Gakmoniet, die aanvoerder van die Drie, die drie grootste soldate tussen Dawid se manne. Hy het eenkeer met sy spies 300 soldate van die vyand in ’n enkele geveg doodgemaak.

12. Volgende tussen die Drie was Eleasar, seun van Dodo, ’n afstammeling van Agoag.

13. Hy was saam met Dawid in die geveg teen die Filistyne by Efes-Dammim. Die geveg het plaasgevind in ’n stuk land vol gars, en die Israelitiese soldate het vir die Filistyne gevlug.

14. Maar hulle het in die middel van die stuk land gaan staan en die Filistyne teruggejaag. So het die Here hulle deur ’n groot oorwinning gered.

15. Eenkeer terwyl Dawid naby die grot van Adullam was, het die Filistynse weermag in die Refaimvallei uitgekamp. Die Drie, deel van die Dertig wat Dawid se elitegevegsgroep was, het afgetrek om by hom te wees.

16. Dawid het toe in die bergvesting gaan bly, want ’n deel van die Filistynse leër het Betlehem beset.

17. Dawid het verlangend gesê: “Ag, hoe wens ek dat ek van die goeie water van die put in Betlehem kan kry, die put by die ingang!”

18. Die Drie het toe deur die laer van die Filistyne gebreek, water uit die put van Betlehem wat by die poort was, geskep en dit vir Dawid gebring. Dawid het geweier om dit te drink. Hy het dit voor die Here uitgegiet.

19. “Mag God my daarvan bewaar dat ek dit sou drink!” het hy uitgeroep. “Hierdie water is net so kosbaar as die bloed van die manne wat hulle lewe gewaag het om dit vir my te bring.” Dawid het dit nie gedrink nie. Dit is ’n voorbeeld van wat die Drie gedoen het.

Dawid se dertig magtigste

manne

20. Abisai, die broer van Joab, was die leier van die Dertig. Hy het eenkeer met sy spies 300 soldate van die vyand doodgemaak. Dit was oor sulke kordaatstukke dat hy net so bekend geword het as die Drie.

21. Abisai was die bekendste van die Dertig en was hulle aanvoerder, alhoewel hy nie een van die Drie was nie.

22. Dan was daar ook Benaja, seun van Jojada, ’n dapper soldaat uit Kabseël. Hy het baie heldhaftige dinge gedoen. So het hy twee van Moab se grootste helde doodgemaak. ’n Ander keer het hy ’n leeu in ’n gat afgejaag. Ten spyte daarvan dat daar sneeu geval het, het hy die leeu gevang en doodgeslaan.

23. Op ’n ander keer het hy ’n Egiptiese soldaat wat amper twee en ’n half meter lank was en wie se spies so dik soos ’n wewersbalk was, met net ’n stok doodgemaak. Benaja het die spies uit sy hand geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.

24. Dit is een van die heldedade wat Benaja so bekend soos die Drie gemaak het.

25. Hy was meer geëerd as die ander lede van die Dertig, maar hy was nie een van die Drie nie. Dawid het hom aanvoerder van sy lyfwag gemaak.

26. Hierdie manne is ook ingesluit onder die magtige manne van Dawid: Asael, die broer van Joab; Elganan, seun van Dodo, uit Betlehem;

27. Samma van Garod; Geles van Pelet;

28. Ira, seun van Ikkes van Tekoa; Abiëser van Anatot;

29. Sibbekai van Gusa; Ilai van Agoag;

30. Marai van Netofa; Geled, seun van Baäna van Netofa;

31. Itai, seun van Ribai, uit Gibea van die stam van Benjamin; Benaja van Piraton;

32. Hiddai, van naby Nagale-Gaäs; Abi-Albon, die Arabatiet;

33. Asmawet van Bagurim; Eljagba van Saälbon.

34. Die seuns van Jasen van Gison; Jonatan, seun van Sage van Harar;

35. Agiam, seun van Sarar van Harar; Elifal, seun van Ur;

36. Gefer van Mekera; Agija van Pelon;

37. Gesro van Karmel; Naärai, seun van Esbai;

38. Joël, broer van Natan; Mibgar, seun van Hagri;

39. Selek van Ammon; Nagrai van Beërot, wapendraer van Joab, seun van Seruja;

40. Ira van Jeter; Gareb van Jeter;

41. Urija, die Hetiet; Sabad, seun van Aglai;

42. Adina, seun van Sisa, die Rubeniet, leier van 30 manne saam met hom;

43. Ganan, seun van Maäka; Josafat van Mitna;

44. Ussia van Astarot; Sama en Jeïel, seuns van Gotam van Aroër;

45. Jediael, seun van Simri; Joga, sy broer van Tis;

46. Eliël van Magawi; Jeribai en Josauja, seuns van Elnaäm; Jitma van Moab;

47. Eliël en Obed; Jaäsiël van Soba.