hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. So het hulle die ark na die spesiale tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, gevat. Hulle het brandoffers en dankoffers vir God gebring.

2. Toe hulle klaar was met die offers, het Dawid die volk geseën in die Naam van die Here.

3. Hy het ’n geskenk van kos vir elke man en vrou in Israel gegee: ’n sny brood, ’n dadelkoek en ’n rosynekoek.

4. Dawid het die volgende Leviete aangestel om die volk in aanbidding voor die ark van die Here te lei deur sy seën te vra en die Here die God van Israel te dank en te prys.

5. Asaf, die leier van die groep, het die simbale geslaan. Sy assistente was Sagaria, tweede in bevel, Jeïel, Semiramot, Jegiël, Mattitja, Eliab, Benaja, Obed-Edom en Jeïel. Hulle het harpe en siters bespeel.

6. Benaja en Jagasiël, die priesters, het aanhoudend trompette voor die verbondsark van God geblaas.

Dawid se loflied

7. Daardie dag het Dawid vir Asaf en sy mede-Leviete hierdie danklied vir die Here gegee:

8. Dank die Here,roep sy Naam aan.Laat die nasies weetwat Hy gedoen het.

9. Sing vir Hom, ja, besing sy lof!Vertel van sy wonderwerke.

10. Juig oor sy heilige Naam.Aanbidders van die Here,wees bly!

11. Soek na die Here en sy krag.Hou aan om Hom te soek.

12. Dink oor die wonderswat Hy gedoen het,die wonderwerke en die oordelewat Hy uitgespreek het.

13. Kinders van Israel, God se kneg, afstammelinge van Jakob, God se verkore een!

14. Hy is die Here ons God.Sy heerskappy is oor die hele aarde.

15. Hy staan by sy verbond –sy belofte aan duisend geslagte.

16. Dit is sy verbondwat Hy met Abraham gesluit het,die eed wat Hy aan Isak gesweer het.

17. Hy het dit aan Jakob as insetting bevestig,aan Israel as ’n verbond vir altyd:

18. “Ek gee julle die land Kanaän as julle eiendom en erfdeel.”

19. Hy het dit gesê toe hulle min was in getal, ’n klein groepie vreemdelinge.

20. Hulle het rondgetrek tussen nasies, van een koninkryk na die ander.

21. Hy het nie toegelaat dat iemand hulle verdruk nie.Hy het konings oor hulle gewaarsku:

22. “Moenie vat aan my gesalfdes nie,moenie my profete beseer nie.”

23. Laat almal vir die Here sing!Vertel elke dag dat Hy red.

24. Vertel vir die nasies van Hom.Vertel almal van sy wonderdade.

25. Want die Here is groot,waardig om geprys te word!Bo al die gode moet Hy geëer word.

26. Die gode van die volke is maar net afgode, maar die Herehet die hemel gemaak!

27. Eer en heerskappy omring Hom,krag en vreugde is in sy woonplek.

28. Gee aan die Here, families van die volke,gee aan die Hereeer en krag.

29. Gee aan die Heredie eer wat Hom toekom!Bring jou offers en aanbid Hom.Aanbid die Herein sy heilige heerlikheid.

30. Laat die aarde voor Hom bewe.Die wêreld is gevestig en kan nie wankel nie.

31. Laat die hemel bly weesen die aarde juig!Sê vir die volke: Die Here is Koning.

32. Laat die see weergalm en alles daarin!Laat die veld bly wees en alles daarin!

33. Laat die bome van die bos jubel voor die Here!Want Hy kom om die aarde te oordeel.

34. Dank die Here, want Hy is goed!Sy troue liefde duur vir altyd.

35. Julle moet uitroep: “Red ons, God van ons heil!Versamel en red ons van die nasies, sodat ons u heilige Naam kan dank,sodat ons kan bly wees, en U kan prys!”

36. Prys die Here, die God van Israel, vir altyd en altyd!Al die mense het “Amen!” uitgeroep en die Here geprys.

Aanbidding by Jerusalem en

Gibeon

37. Dawid het gereël dat Asaf en sy mede-Leviete gereeld voor die verbondsark van die Here diens doen soos elke dag vereis word.

38. Hierdie groep sluit ook Obed-Edom, seun van Jedutun, en Gosa en 68 ander Leviete in. Hulle was poortwagters.

39. Intussen het Dawid vir Sadok, die priester, en sy medepriesters by die tabernakel van die Here op die Gibeonhoogte gestasioneer.

40. Hulle het elke môre en aand die gereelde brandoffers aan die Here geoffer op die altaar wat daarvoor afgesonder is. Hulle het alles gedoen wat geskryf is in die bepalings wat die Here vir Israel gegee het.

41. Dawid het ook Heman, Jedutun en die ander aangestel wat uitgesoek is om dank aan die Here te bring, “want sy getroue liefde duur vir altyd!”

42. Hulle het hulle trompette, simbale en ander instrumente gebruik om lofliedere aan God te sing. Die seuns van Jedutun is as poortwagters aangestel.

43. Die hele volk het na hulle huise toe teruggegaan, en Dawid het teruggegaan om sy familie te seën.