hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Johannes die Doper se ernstige

vrae oor Jesus

1. Nadat Jesus hierdie instruksies aan sy twaalf dissipels gegee het, het Hy daarvandaan vertrek om in die dorpe van Galilea onderrig te gee en te preek.

2. Johannes het in die tronk gehoor wat Jesus doen – werke soos dié wat die verwagte Messias sou doen. Hy stuur toe van sy dissipels om vir Jesus te vra:

3. “Is U werklik die Messias wat sou kom, of moet ons tog iemand anders verwag?”

4. Jesus het hulle geantwoord: “Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien –

5. blindes sien en verlamdes loop, mense met ernstige velsiektes word gesond en dowes hoor, dooies word opgewek en armes hoor die Goeie Nuus.

6. En sê vir hom: ‘Gelukkig is elkeen vir wie Ek nie ’n struikelblok is nie.’”

7. Ná hulle vertrek het Jesus met die skare oor Johannes begin praat. “Wat het julle verwag toe julle uitgegaan het om hierdie man in die woestyn te gaan sien? Tog seker nie iemand wat soos ’n riet deur die wind heen en weer gewaai word nie?

8. Tog seker ook nie iemand wat in weelderige klere uitgevat is nie? Die mense wat so aantrek, woon immers in paleise, nie in die woestyn nie.

9. Het julle nie veel eerder uitgegaan omdat julle ’n profeet verwag het nie? Natuurlik! Ek verseker julle, hy was selfs meer as ’n profeet.

10. Dit is hý van wie in die Skrif geskryf staan:‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit.Hy sal die pad vir jou gereedmaak.’

11. “Ek verseker julle, onder al die mense wat ooit geleef het, is daar niemand groter as Johannes die Doper nie. Tog is selfs die onbelangrikste mensie in God se koninkryk nog belangriker as hy!

12. Vandat Johannes die Doper begin preek het tot nou toe is God se koninkryk besig om vir homself ’n pad oop te breek en mense wat al hulle kragte daarop toespits, maak dit hulle eie.

13. Al die profete en die wet, tot Johannes self, het geprofeteer aangaande die huidige tyd.

14. As julle bereid is om te aanvaar wat Ek vir julle sê – hý is die Elia wat sou kom.

15. Elkeen wat kan hoor, moet goed luister na wat Ek sê!

16. “Waarmee sal Ek vandag se mense vergelyk? Hulle is soos kinders wat op die dorpsplein speel en mekaar verwyt

17. deur te sê:‘Ons het vir julle ’n bruilofsliedgespeel,maar julle wou nie dans nie. Ons het vir julle ’n begrafnislied gesing,maar julle het geweier om te huil.’

18. “Want Johannes het soos ’n askeet gelewe – hy het dikwels gevas en nie wyn gedrink nie. Toe het julle gesê: ‘Hy is van die duiwel besete.’

19. Ek, die Seun van die Mens, hou van gesellige maaltye – Ek eet en drink wyn – en julle sê: ‘Hy’s ’n vraat en ’n dronklap, ’n vriend van die slegste soort sondaars.’ Ja, die toets vir die wysheid is die resultate wat dit voortbring.”

Jesus spreek die onboetvaardige

dorpe aan

20. Jesus het die dorpe waar die meeste van sy wonderdade plaasgevind het, ernstig aangespreek omdat hulle hulle nie bekeer het nie:

21. “Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! Want as in die nie-Joodse stede Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal sakke aangetrek en as op hulle koppe uitgegooi het om te wys dat hulle tot inkeer gekom het.

22. Ek verseker julle dat dit vir Tirus en Sidon makliker sal wees op die oordeelsdag as vir julle.

23. En jy, Kapernaum, jy dink tog seker nie jy sal hemelhoog verhoog word nie? Die realiteit is dat jy in die doderyk sal beland. “Want as in Sodom die wonderdade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou dit tot vandag toe bly voortbestaan het.

24. Ek verseker jou, dit sal vir die land Sodom makliker wees op die oordeelsdag as vir jou.”

Kom na My toe!

25. Toe het Jesus hierdie gebed gebid: “Vader, Here van die hemel en die aarde, Ek sê vir U dankie dat U die insig in hierdie dinge van die slimmes en intelligentes weerhou het en dit oopgemaak het vir hulle wat soos kinders geword het.

26. Ja, Vader, want U verkies hierdie manier van doen!

27. “My Vader het alles aan My toevertrou. Niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader. En niemand ken die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun die Vader wil bekendmaak.

28. “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik.

29. Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My, want Ek is sag en nederig van hart, en julle sal rus en nuwe moed vir julle lewe kry.

30. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.”