hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

God se opdrag is belangriker as

tradisies

1. Daar kom toe Fariseërs en skrifkenners van Jerusalem af na Jesus toe en sê:

2. “Waarom verbreek jou dissipels ons voorouers se tradisies deur nie hulle hande voor ete te was nie?”

3. Jesus se reaksie was: “En waarom verbreek julle, deur julle tradisie, die direkte opdrag van God?

4. God sê byvoorbeeld: ‘Jy moet jou pa en ma eer,’ en: ‘Elkeen wat sy pa of ma slegmaak, moet definitief sterf.’

5-6. Julle sê egter: ‘As jy jou bates as ’n offer aan die Here toewy, hoef jy nie meer jou ouers te eer deur hulle te ondersteun nie.’ So trek julle met julle tradisie ’n streep deur die woord van God.

7. Julle skynheiliges! Die profeet Jesaja het julle raak beskryf:

8. ‘Hierdie volk eer My met hulle mond,maar hulle hartis ver van My af.

9. Hulle godsdiens is blote skyn,want hulle hou menslike voorskrifte vooras wette van God.’”

Onreinheid kom uit ’n mens se

binneste

10. Daarop het Jesus die skare nadergeroep en vir hulle gesê: “Luister en verstaan goed.

11. ’n Mens word nie onrein gemaak deur wat jy eet nie, maar deur wat jy sê.”

12. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom: “Besef U dat die Fariseërs aanstoot geneem het toe hulle hoor wat U sê?”

13. Maar Hy het geantwoord: “Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal uitgetrek word.

14. Ignoreer hulle. Hulle is blinde gidse wat blindes wil lei. As een blinde vir ’n ander blinde as gids wil optree, beland hulle al twee in die sloot.”

15. Petrus vra Hom toe: “Verduidelik vir ons wat U bedoel het toe U gesê het mense word nie onrein deur wat hulle eet nie.”

16. Hy sê vir hulle: “Verstaan selfs julle dit nog steeds nie?

17. Begryp julle dan nie dat alles wat by ’n mens se mond ingaan deur jou maag beweeg en dan uit die liggaam gaan nie?

18. Maar slegte woorde kom uit ’n slegte hart en maak die persoon wat hulle uitspreek, vuil.

19. Wat uit die hart kom, is slegte gedagtes, soos om moord te pleeg, ontrou te wees in die huwelik, onsedelikheid te bedryf, te steel, leuens te vertel en mense te belaster.

20. Dit is hierdie dinge wat jou onrein maak. Om met ongewaste hande te eet, sal jou nooit onrein en onaanvaarbaar voor God maak nie.”

Die besondere geloof van ’n

nie-Joodse vrou

21. Jesus het van Galilea noordwaarts vertrek na die gebied van Tirus en Sidon.

22. ’n Nie-Joodse vrou uit daardie omgewing het na Hom toe gekom en aanhou smeek: “Here, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my! My dogter is in die mag van ’n duiwel en hy teister haar verskriklik.”

23. Maar Hy het Hom heeltemal doof gehou vir haar. Sy dissipels kom vra Hom toe: “Stuur haar tog weg. Sy hou nie op met tekere gaan al agter ons aan nie.”

24. Hy antwoord hulle: “Ek is net gestuur na die afgedwaalde skape van die volk van Israel.”

25. Sy kom val toe voor Hom neer en sê: “Here, help my tog, asseblief!”

26. Maar Hy antwoord haar: “Dis glad nie reg om die kinders se kos weg te vat en dit vir die huishondjies te gooi nie.”

27. Sy het daarop gereageer: “Dit is so, Here, maar selfs die huishondjies eet tog darem van die krummels wat van hulle base se tafel afval.”

28. Daarop antwoord Jesus haar: “Vrou, jou geloof is baie sterk. Jou versoek word toegestaan.” En haar dogter het dadelik gesond geword.

Jesus maak baie siekes gesond

29. Jesus het daarvandaan vertrek en weer by die See van Galilea aangekom. Hy het toe teen ’n heuwel uitgeklim en daar gaan sit.

30. ’n Groot skare het met hulle verlamdes, blindes, kreupeles, stommes en nog baie ander siekes na Jesus toe gekom en hulle voor Hom neergesit. En Hy het hulle gesond gemaak.

31. Die skare was verbaas toe hulle agterkom dat stommes praat, kreupeles gesond is, verlamdes rondbeweeg en blindes kan sien. En hulle het die God van Israel geloof.

Jesus gee kos vir meer as

vierduisend mense

32. Jesus het sy dissipels nadergeroep met die woorde: “Ek voel baie jammer vir hierdie mense, want hulle is nou al drie dae by My en hulle het niks om te eet nie. Ek wil hulle ook nie met leë mae wegstuur nie; anders beswyk hulle dalk van honger langs die pad.”

33. Daarop sê sy dissipels vir Hom: “Waar sal ons in hierdie verlate wêreld genoeg brood kry om so ’n massa te voed?”

34. Jesus vra hulle toe: “Hoeveel brode het julle?”Hulle het geantwoord: “Sewe, en ’n paar vissies.”

35. Jesus sê toe dat almal op die grond moet gaan sit.

36. Toe neem Hy die sewe brode en die visse, bid om God se seën, breek die brood in stukke, en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels weer aan die skare.

37. Hulle het almal geëet totdat hulle versadig was! Van die oorskiet van die brood het hulle nog sewe mandjies vol opgetel.

38. 4 000 mans het van hierdie kos geëet, afgesien van al die vroue en kinders!

39. Daarna het Jesus die skare huis toe gestuur, in die boot geklim en na die omstreke van Magadan vertrek.