hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Jesus weerstaan die duiwel

1. Daarop het die Gees Jesus die woestyn ingelei om deur die duiwel versoek te word.

2. Nadat Hy vir 40 dae en 40 nagte gevas het, het Hy naderhand baie honger begin word.

3. Toe kom die versoeker na Hom toe en sê vir Hom: “As jy dan die Seun van God is, beveel hierdie klippe om brode te word.”

4. Maar Jesus het hom geantwoord: “Nee! Daar staan in die Skrif geskryf:‘’n Mens het meer as brood nodigom van te lewe.Wat jy eintlik nodig het, is om te leef van elke woord uit God se mond.’”

5. Daarna neem die duiwel Hom Jerusalem toe en laat Hom op die hoogste spits van die tempel staan.

6. Toe sê hy vir Hom: “As jy regtig die Seun van God is, spring dan hier af. Daar staan mos in die Skrif geskryf:‘God sal aan sy engele opdrag geeom jou te beskerm.En hulle sal jou op die hande drasodat jy nie dalk jou voet teen ’n klip stamp nie.’”

7. Jesus het hom geantwoord: “Daar staan ook geskrywe: ‘Jy mag die Here jou God nie versoek nie.En Hom alleen moet jy dien.’”

8. Vervolgens neem die duiwel Hom na die top van ’n baie hoë berg en wys vir Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en praal.

9. Daarop sê hy vir Jesus: “Dit alles sal ek vir jou gee. Al wat jy moet doen, is om neer te kniel en my te aanbid.”

10. Toe sê Jesus vir hom: “Trap, Satan! Daar staan in die Skrif: ‘Jy moet die Here jou God aanbid en Hom alleen dien.’”

11. Daarna het die duiwel die aftog geblaas. En daar het engele na Hom toe gekom en Hom versorg.

Jesus begin met sy bediening

12. Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes gearresteer het, het Hy Judea verlaat en na Galilea teruggekeer.

13. Hy het uit Nasaret weggetrek en gaan woon in Kapernaum aan die See van Galilea, in die gebied van Sebulon en Naftali.

14. So is die woord van die profeet Jesaja vervul:

15. “Die land van Sebulon en die land van Naftalilangs die See van Galilea en die Transjordaan:Galilea waar so baie nie-Jode woon –

16. die volk wat in die donker sit,het ’n helder lig gesien.En vir dié in die skemerlandvan die dood –vir hulle het ’n lig opgegaan.”

17. Van toe af het Jesus begin om God se boodskap aan te kondig met die woorde: “Kom tot inkeer! God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!”

Jesus kies sy eerste dissipels

18. Op ’n dag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers, Simon, ook bekend as Petrus, en sy broer Andreas. Hulle was besig om nette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep.

19. Daarop sê Hy vir hulle: “Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20. Dadelik het hulle hulle nette gelos en Jesus se dissipels geword.

21. ’n Entjie verder het Hy twee ander broers gesien: Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in die boot besig om saam met hulle pa aan hulle nette te werk. Daarop roep Hy hulle om ook te kom.

22. Sommer net daar het hulle die boot en hulle pa gelos en Jesus se dissipels geword.

23. Jesus het deur die hele Galilea rondgegaan. Hy het die mense in hulle sinagoges onderrig, die Goeie Nuus van God se koningsheerskappy aangekondig en elke siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.

24. Kort voor lank het die nuus oor Hom oor die hele provinsie van Sirië versprei. Die mense het almal wat siek was na Hom toe gebring: dié wat geteister was deur allerhande siektes en pyne, dié in wie daar duiwels was, epileptici, verlamdes – en Hy het hulle gesond gemaak.

25. ’n Groot skare uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en die Transjordaan het Hom begin volg.