hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

2. “Tel die koppe van die seuns van K’hat, vanuit die seuns van Levi, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise,

3. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, almal wat in diens tree, om werk by die Tent van Ontmoeting te doen.

4. Dit sal die dienswerk van die seuns van K’hat by die Tent van Ontmoeting wees, aangaande die volkome afgesonderde dinge.

5. Wanneer die kamp opbreek moet Aharon en sy seuns ingaan en die verdelingsgordyn afhaal en die ark van die Getuienis daarmee bedek

6. en hulle moet ’n dekkleed van dugongvelle daaroor sit en ’n doek, heeltemal van blou materiaal, daar bo-oor uitsprei en sy pale insteek.

7. Hulle moet ook, oor die tafel van die brood van die Teenwoordigheid, ’n blou doek uitsprei en daarop die skottels, die rookpanne, die bekers en die drankofferkanne neersit; ook moet die voortdurende brood van Teenwoordigheid daarop wees.

8. Daarna moet hulle ’n skarlakenrooi doek daaroor uitsprei en dit met ’n dekkleed van dugongvelle toemaak en sy pale insteek.

9. Hulle moet ’n blou doek neem en die lampstaander vir beligting, met sy lampe, sy snuiters, sy bakkies en al sy oliekanne waarmee hulle dit bedien, toemaak.

10. Hulle moet dit met al sy bybehore op ’n dekkleed van dugongvelle neerlê en dit op die draagbaar sit.

11. Hulle moet ’n blou kleed oor die goue altaar uitsprei en dit met ’n dekkleed van dugongvelle toemaak en sy pale insteek.

12. Hulle moet ook al die bybehore vat waarmee hulle in die Afgesonderde plek diens doen en dit op ’n blou doek neerlê en met ’n dekkleed van dugongvelle toemaak en dit op die draagbaar sit.

13. Hulle moet die as van die altaar verwyder en ’n pers doek daaroor uitsprei.

14. Hulle moet al sy bybehore, waarmee hulle daarby diens doen, daarop neersit: die vuurpanne, die vurke, die skoppe, die komme, al die bybehore van die altaar en hulle moet daar ’n dekkleed van dugongvelle oor uitsprei en sy pale insteek.

15. Eers nadat Aharon en sy seuns, by die opbreek van die kamp, klaar is met die toemaak van die Afgesonderde voorwerpe en van al die bybehore van die Afgesonderde plek, moet die seuns van K’hat kom om dit te dra sodat hulle nie aan die afgesonderde dinge raak en hulle sterf nie. Hierdie dinge van die Tent van Ontmoeting is dit wat die seuns van K’hat moet dra.

16. El’azar, die seun van die priester Aharon, is verantwoordelik vir die olie vir die lampstaander, die reukwerk van speserye, die voortdurende graanoffer en die salfolie; die toesig oor die hele tabernakel en oor alles wat daarin is: die Afgesonderde plek en sy bybehore.”

17. יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:

18. “Moenie die stam van die families van K’hat onder die Leviete afsny nie,

19. maar doen vir hulle dit sodat hulle lewe en nie sterf wanneer hulle die volledig afgesonderde dinge nader nie: Aharon en sy seuns moet ingaan en elkeen aanstel oor sy dienswerk en oor wat hy moet dra,

20. maar hulle moenie ingaan om te kyk na die afgesonderde dinge nie, selfs nie vir ’n oomblik nie, of hulle sal sterf.”

21. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

22. “Tel ook die koppe van die seuns van Gershon, volgens hulle vaders se huise, volgens hulle families,

23. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, moet jy hulle tel, almal wat in diens tree om werk by die Tent van Ontmoeting te doen.

24. Dit is die dienswerk van die families van Gershon by die bediening en by die dra:

25. hulle moet die gordyne van die tabernakel dra, ook die Tent van Ontmoeting, sy dekkleed en die dekkleed van dugongvelle wat daar bo-oor is en die gordyn vir die ingang van die Tent van Ontmoeting,

26. die gordyne van die voorhof en die gordyn vir die ingang van die poort van die voorhof, wat rondom die tabernakel en die altaar is en hulle toue sowel as al die bybehore wat by die bediening daarvan hoort en alles wat daarvoor gedoen moet word, moet hulle doen.

27. Al die dienswerk van die seuns van Gershon, alles wat hulle moet dra en al hulle diens, moet wees volgens die bevel van Aharon en sy seuns en julle moet hulle verantwoordelikheid van hulle drawerk aanwys.

28. Dit is die dienswerk vir die families van die seuns van die Gershoniete by die Tent van Ontmoeting. Hulle toesig sal wees onder die hand van Itamar, die seun van Aharon, die priester.Eks 38:21

29. Wat die seuns van M’rari betref; jy moet hulle tel, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise,

30. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, moet jy hulle tel, almal wat in diens tree om werk by die Tent van Ontmoeting te doen.

31. Dit is hulle verantwoordelikheid wat hulle moet dra volgens al hulle dienswerk by die Tent van Ontmoeting: die planke van die tabernakel met sy pale, sy pilare, sy voetstukke,

32. die pilare van die voorhof rondom, met hulle voetstukke, hulle penne en hulle toue, al die bybehore sowel as alles wat by die bediening daarvan hoort en jy moet aan elkeen, by name, die bybehore, wat sy verantwoordelikheid is om te dra, aanwys.

33. Dit is die dienswerk vir die families van die seuns van M’rari, al hulle diens by die Tent van Ontmoeting, onder leiding van Itamar, die seun van Aharon, die priester.”

34. Moshe en Aharon en die leiers van die vergadering het die seuns van K’hat getel volgens hulle families en volgens hulle vaders se huise;

35. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, almal wat gekom het om die werk van bediening by die Tent van Ontmoeting te doen

36. en die wat getel is, volgens hulle families, is twee duisend sewe honderd en vyftig (2 750).

37. Dit is die wat getel is van die families van K’hat, almal wat by die Tent van Ontmoeting gedien het, wat Moshe en Aharon, volgens die opdrag van יהוה, deur die hand van Moshe getel het.

38. Die wat getel is van die seuns van Gershon volgens hulle families en volgens hulle vaders se huise,

39. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, almal wat gekom het om die werk van bediening by die Tent van Ontmoeting te doen,

40. die wat getel is, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise: twee duisend ses honderd en dertig (2 630).

41. Dit is die wat getel is van die geslagte van Gershon se seuns, almal wat by die Tent van Ontmoeting gedien het, wat Moshe en Aharon, volgens die opdrag van יהוה, getel het.

42. Die wat getel is van die families van M’rari se seuns, volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise,

43. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, almal wat gekom het om die werk van bediening by die Tent van Ontmoeting te doen,

44. die van hulle wat getel is, volgens hulle families: drie duisend twee honderd (3 200).

45. Dit is die wat getel is van die families van M’rari se seuns, wat Moshe en Aharon volgens die opdrag van יהוה, deur die hand van Moshe, getel het.

46. Al die Leviete wat Moshe, Aharon en die leiers van Yisra’el getel het, volgens hulle families en volgens hulle vaders se huise,

47. van dertig jaar oud en ouer, tot vyftig jaar oud, almal wat gekom het om die werk van bediening en die werk van dra by die Tent van Ontmoeting te doen,

48. hulle is getel as agt duisend vyf honderd en tagtig (8 580).

49. Deur die opdrag van יהוה, deur die hand van Moshe is hulle getel, elkeen volgens sy dienswerk of sy drawerk; dit is die getelde manne, soos יהוה Moshe beveel het.