hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit is die reise van die seuns van Yisra’el wat uit Mitzrayim uitgetrek het volgens hulle leërafdelings, onder die leierskap van Moshe en Aharon.

2. Moshe het volgens die opdrag van יהוה die aanvangsplekke van hulle reise opgeskryf. Hierdie is hulle reise, volgens hul aanvangsplekke:

3. hulle het vanaf Ram’ses vertrek in die eerste maand, op die vyftiende dag van die eerste maand, op die dag ná die Pesag het die seuns van Yisra’el vrymoediglik voor die oë van al die Mitzrayiete uitgetrek,

4. terwyl die Mitzrayiete besig was om hulle eersgeborenes te begrawe, wat יהוה onder hulle getref het. יהוה het ook oordele oor hulle gode uitgevoer.

5. Die seuns van Yisra’el het van Ram’ses af weggetrek en het by Sukkot kamp opgeslaan.

6. Hulle het van Sukkot af weggetrek en kamp opgeslaan in Etam wat aan die kant van die wildernis lê.

7. Hulle het van Etam af weggetrek en teruggedraai na Pi-Hagirot wat voor Ba’alTz’fon lê en hulle het voor Migdol gekamp.

8. Hulle het van Pi-Hagirot af weggetrek en regdeur die see gegaan na die wildernis, drie dagreise ver die wildernis van Etam in en by Marah gekamp.

9. Hulle het van Marah af weggetrek en by Eilim gekom. In Eilim was twaalf waterfonteine en sewentig palmbome en hulle het daar gekamp.

10. Hulle het van Eilim af weggetrek en by die Sufsee gekamp.

11. Hulle het van die Sufsee af weggetrek en in die wildernis van Sien gekamp.

12. Hulle het uit die wildernis van Sien weggetrek en in Dofkah gekamp.

13. Hulle het van Dofkah af weggetrek en in Alush gekamp.

14. Hulle het van Alush af weggetrek en in Refidim gekamp, waar daar geen water vir die volk was om te drink nie.

15. Hulle het van Refidim af weggetrek en in die wildernis van Sinai gekamp.

16. Hulle het uit die wildernis van Sinai weggetrek en in Kivrot-HaTa’avah gekamp.

17. Hulle het van Kivrot-HaTa’avah af weggetrek en in Hatzerot gekamp.

18. Hulle het van Hatzerot af weggetrek en in Ritmah gekamp.

19. Hulle het van Ritmah af weggetrek en in Rimmon-Peretz gekamp.

20. Hulle het van Rimmon-Peretz af weggetrek en in Livnah gekamp.

21. Hulle het van Livnah af weggetrek en in Rissah gekamp.

22. Hulle het van Rissah af weggetrek en in K’helah gekamp.

23. Hulle het van K’helah af weggetrek en by die berg Shefer gekamp.

24. Hulle het van die berg Shefer af weggetrek en in Haradah gekamp.

25. Hulle het van Haradah af weggetrek en in Mak’helot gekamp.

26. Hulle het van Mak’helot af weggetrek en in Tagat gekamp.

27. Hulle het van Tagat af weggetrek en in Terag gekamp.

28. Hulle het van Terag af weggetrek en in Mitkah gekamp.

29. Hulle het van Mitkah af weggetrek en in HaShmonah gekamp.

30. Hulle het van HaShmonah af weggetrek en in Moserot gekamp.

31. Hulle het van Moserot af weggetrek en in B’nei-Ya’akan gekamp.

32. Hulle het van B’nei-Ya’akan af weggetrek en in Hor-HaGidgad gekamp.

33. Hulle het van Hor-HaGidgad af weggetrek en in Yotvatah gekamp.

34. Hulle het van Yotvatah af weggetrek en in Avronah gekamp.

35. Hulle het van Avronah af weggetrek en in `Etzyon-Gever gekamp.

36. Hulle het van `Etzyon-Gever af weggetrek en in die wildernis van Tzin, dit is Kadesh, gekamp.

37. Hulle het van Kadesh af weggetrek en by die berg Hor, aan die kant van die land van Edom, gekamp.

38. Aharon, die priester, het volgens die opdrag van יהוה op die berg Hor geklim en daar gesterf, in die veertigste jaar nadat die seuns van Yisra’el uit die land van Mitzrayim uitgekom het, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.

39. Aharon was honderd drie en twintig jaar oud toe hy op die berg Hor gesterf het.

40. Die Kena’anitiese koning van `Arad, wat in die Negev, in die land Kena’an gebly het, het gehoor dat die seuns van Yisra’el kom.

41. Hulle het van die berg Hor af weggetrek en in Tzalmonah gekamp.

42. Hulle het van Tzalmonah af weggetrek en in Punon gekamp.

43. Hulle het van Punon af weggetrek en in Ovot gekamp.

44. Hulle het van Ovot af weggetrek en in `Iyei-Ha`Avarim, by die grens van Mo’av gekamp.

45. Hulle het van `Iyei-Ha`Avarim af weggetrek en in Divon-Gad gekamp.

46. Hulle het van Divon-Gad af weggetrek en in `Almon-Divlatayim gekamp.

47. Hulle het van `Almon-Divlatayim af weggetrek en in die `Avarimgebergte, voor N’vo gekamp.

48. Hulle het van die `Avarimgebergte af weggetrek en in die vlaktes van Mo’av, by die Yarden oorkant Yerigo gekamp.

49. Hulle het by die Yarden, van Beit-Yeshimot af tot by Avel-HaSheetim, in die vlaktes van Mo’av gekamp.

50. יהוה het met Moshe gepraat in die vlaktes van Mo’av, by die Yarden oorkant Yerigo, en gesê:

51. “Praat met die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle oor die Yarden in die land Kena’an ingetrek het,

52. moet julle al die inwoners van die land voor julle uit verdrywe en al hulle gekerfde klippe vernietig; vernietig ook al hulle gegote beelde en verwoes al hulle hoë plekke.

53. Julle moet die inwoners van die land onteien en daarin bly, want Ek het die land vir julle gegee om dit te besit.

54. Julle moet die land deur die lot as erfenis verdeel tussen julle families; vir die wat baie is, moet julle ’n groot erfenis gee en vir die wat min is, moet jy ’n klein erfenis gee. Elkeen se erfenis sal wees waar die lot vir hom val. Julle sal erf volgens die stamme van julle vaders.

55. As julle die bewoners van die land egter nie voor julle uit verdrywe nie, sal die wat julle van hulle laat oorbly, soos dorings in julle oë wees en soos steke in julle sye en hulle sal julle teëstaan in die land waar julle in bly.

56. Meer nog, soos Ek gedink het om aan hulle te doen, sal Ek aan julle doen.