hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met die seuns van Yisra’el en vat van hulle, vir elke vader se huis, ’n staf; van elke leier, volgens hulle vader se huis, twaalf stawwe. Skryf elke man se naam (karakter en outoriteit) op sy staf.

3. Aharon se naam (karakter en outoriteit) moet jy skryf op die staf van Levi, want daar moet een staf wees vir elke hoof van die vader se huis.

4. Jy moet hulle in die Tent van Ontmoeting, voor die Getuienis waar Ek met julle ontmoet, neersit.

5. Die staf van die man wat Ek kies, sal bloeisels dra en so sal Ek die murmureringe van die seuns van Yisra’el, wat hulle teen julle kla, stilmaak.”

6. Moshe het met die seuns van Yisra’el gepraat en elkeen van hulle leiers het vir hom ’n staf gegee, vir elke leier ’n staf, volgens hulle vaders se huise, twaalf stawwe en Aharon se staf was tussen hulle stawwe.

7. Moshe het die stawwe voor die Teenwoordigheid van יהוה in die Tent van die Getuienis neergesit.

8. Dit het die volgende dag, toe Moshe in die Tent van die Getuienis ingaan, gebeur, let op, dat die staf van Aharon, vir die huis van Levi, gebloei, botsels laat uitspruit, bloeisels gevorm en ryp amandels voortgebring het!

9. Moshe het al die stawwe wat voor die Teenwoordigheid van יהוה was, na al die seuns van Yisra’el uitgebring en hulle het gekyk en elkeen sy staf gevat.

10. יהוה het vir Moshe gesê: “Bring die staf van Aharon terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die rebelle dat jy hulle murmureringe teen My kan beëindig dat hulle nie sterf nie.”

11. Moshe het dit gedoen; soos יהוה hom beveel het, so het hy gedoen.

12. Die seuns van Yisra’el het met Moshe gepraat en gesê: “Let op, ons vergaan, ons is besig om te sterf, ons is almal besig om te sterf!

13. Wie ook al naby die tabernakel van יהוה kom, moet sterf. Moet ons volkome vernietig word?”