hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Gee bevel aan die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Wanneer julle in die land Kena’an kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfenis sal toeval; die land Kena’an, volgens sy grense.

3. Julle suidelike grens sal van die wildernis van Tzin af, langs Edom, wees en julle suidelike grens moet vanaf die einde van die Soutsee ooswaarts wees.

4. Julle grens moet draai van die suidekant van die Steilte van `Akrabbim en aangaan na Tzin toe, eindig suid van Kadesh-Barnea en aan na Hatzar-Addar en aangaan tot by `Atzmon.

5. Die grens sal draai van `Atzmon af na die spruit van Mitzrayim toe en by die see eindig.

6. Wat die westelike grens betref, julle sal die Groot See as grens hê; dit moet julle westelike grens wees.

7. Dit sal julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle afmerk na die berg toe.

8. Vanaf die berg moet julle afmerk tot by die ingang na Hamat en die grens se verste punt is by Tz’dad.

9. Die grens gaan aan tot by Zifron en eindig by Hatzar-`Einan. Dit sal julle noordelike grens wees.

10. Julle moet jul oostelike grens afmerk van Hatzar-`Einan af na Sh’fam.

11. Die grens sal afloop van Sh’fam na Rivlah, aan die oostekant van `Ayin; die grens sal afloop en raak aan die oostekant van die meer van Kinneret.

12. Die grens moet afloop met die Yarden totdat dit eindig by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.’”

13. Moshe het die seuns van Yisra’el beveel en gesê: “Dit is die land wat julle deur die lot sal erf, wat יהוה beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee,

14. want die stam van die seuns van Re’uven, volgens die huise van hulle vaders, die stam van die seuns van Gad, volgens die huise van hulle vaders en die halwe stam van M’nasheh het reeds hulle erfdeel ontvang.”

15. Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfenis oorkant die Yarden teenoor Yerigo, ooswaarts na die sonsopkoms, ontvang.

16. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

17. “Hierdie is die name van die manne wat die land tussen julle moet verdeel: El’azar, die priester en Y’hoshua, die seun van Nun.

18. Julle moet ook een leier vat uit elke stam om die land as erfenis te verdeel.

19. Hierdie is die name van die manne: van die stam van Yhudah: Kalev, die seun van Y’funneh;

20. van die stam van die seuns van Shim’on: Sh’mu’el, die seun van `Ammihud;

21. van die stam van Binyamin: Elidad, die seun van Kislon;

22. die leier van die stam van die seuns van Dan: Bukki, die seun van Yogli;

23. van die kinders van Yosef: die leier van die seuns van die stam van M’nasheh: Hani’el, die seun van Efod;

24. die leier van die stam van die seuns van Efrayim: K’mu’el, die seun van Shiftan;

25. die leier van die stam van die seuns van Z’vulun: Elitzafan, die seun van Parnakh;

26. die leier van die stam van die seuns van Yissakhar: Palti’el, die seun van `Azan;

27. die leier van die stam van die seuns van Asher: Agihud, die seun van Shlomi;

28. die leier van die stam van die seuns van Naftali: P’dah’el, die seun van `Ammihud.”

29. Hierdie is hulle vir wie יהוה beveel het om die erfenis vir die seuns van Yisra’el in die land Kena’an te verdeel.