hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Bil’am sê vir Balak: “Bou vir my hier sewe altare en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme voor.”

2. Balak het gedoen soos Bil’am gevra het en Balak en Bil’am het ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

3. Bil’am sê vir Balak: “Bly by jou brandoffer staan en ek sal weggaan; miskien sal יהוה my tegemoetkom en wat Hy my ook al wys, sal ek aan jou vertel.” Hy het na ’n kaal heuwel gegaan.

4. God het Bil’am ontmoet en hy het vir Hom gesê: “Ek het die sewe altare voorberei en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.”

5. יהוה het ’n woord in Bil’am se mond gelê en gesê: “Gaan terug na Balak en só moet jy sê.”

6. Hy het na hom toe teruggegaan en let op, hy het daar by sy brandoffer gestaan, hy en al die leiers van Mo’av.

7. Hy het sy vertelling begin en gesê: “Balak, die koning van Mo’av het my uit Aram, uit die berge van die ooste laat haal en gesê: ‘Kom, vervloek Ya’akov vir my en kom, verwens Yisra’el.’

8. Hoe sal ek vervloek wie Gód nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie יהוה nie verwens nie?

9. Want van die bokant van die rotse af sien ek hom en van die heuwels af let ek op hom. Let op, ’n volk wat afgesonderd woon en nie tussen die nasies gereken word nie.

10. Wie kan die stof van Ya’akov tel, of ’n kwart van Yisra’el bereken? Laat my die dood van die opregtes sterf en laat my einde soos dié van die opregte wees!”

11. Balak sê vir Bil’am: “Wat het jy my aangedoen? Ek het jou gevat om my vyande te vervloek en let op, jy het hulle in werklikheid geseën!”

12. Hy antwoord en sê: “Moet ek nie versigtig wees om alles te praat wat יהוה in my mond lê nie?”

13. Balak sê vir hom: “Kom asseblief saam met my na ’n ander plek vanwaar jy hulle kan sien; jy sal net die buitewyke van hulle sien en jy sal nie almal kan sien nie; vervloek hulle vir my van daar af.”

14. Hy het hom gebring by die veld van Tzofim, op die top van Pisgah en sewe altare gebou en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.

15. Hy sê vir Balak: “Bly hier staan by jou brandoffer terwyl ek יהוה daar gaan ontmoet.”

16. יהוה het Bil’am ontmoet en ’n woord in sy mond gelê en gesê: “Gaan terug na Balak en só moet jy praat.”

17. Hy het by hom gekom en let op, hy het daar by sy brandoffer gestaan en die leiers van Mo’av by hom en Balak sê vir hom: “Wat het יהוה gesê?”

18. Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “Staan op Balak en hoor! Luister na my, seun van Tzippor!

19. Die Magtige God is nie ’n man dat Hy sou lieg nie, of ’n mensekind dat Hy jammer sal wees nie. Het Hy gesê en sal dit nie doen nie, of het Hy gepraat en sal dit nie waar maak nie?

20. Let op, ek het ’n opdrag ontvang om te seën. Wanneer Hy seën, kan ek dit nie omkeer nie.

21. Hy het nie boosheid opgemerk in Ya’akov nie en sien geen moeilikheid in Yisra’el nie. יהוה, sy God, is met hom en die gejuig tot die Koning is tussen hulle.

22. Die Magtige God bring hulle uit Mitzrayim, Hy is vir hulle soos die lang horings van ’n wilde bul (Aurogs),

23. want daar is geen binding teen Ya’akov of toordery teen Yisra’el nie. Dit sal nou van Ya’akov en van Yisra’el gesê word wat die Magtige God gedoen het.

24. Let op, die volk staan op soos ’n leeuwyfie en lig homself op soos ’n leeu. Hy sal nie gaan lê voordat hy die prooi verteer het en die bloed van die wat verslaan is, drink nie.”

25. Balak sê vir Bil’am: “Moet hulle glad nie vervloek nie en moet hulle glad nie seën nie.”

26. Bil’am antwoord en sê vir Balak: “Het ek nie vir jou gesê nie: ‘Alles wat יהוה sê, dit moet ek doen?’”

27. Balak sê vir Bil’am: “Kom asseblief, ek sal jou na ’n ander plek toe vat; miskien sal dit reg wees in die oë van God dat jy hulle vir my daarvandaan vervloek.”

28. Balak vat vir Bil’am na die top van P’or wat oor die wildernis afkyk

29. en Bil’am sê vir Balak: “Bou vir my hier sewe altare en berei vir my hier sewe bulle en sewe ramme voor.”

30. Balak het gedoen soos Bil’am gesê het en ’n bul en ’n ram op elke altaar geoffer.