hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 1 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat in die wildernis van Sinai, in die Tent van Ontmoeting, op die eerste dag van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Mitzrayim uitgetrek het en gesê:

2. “Tel die koppe van die hele vergadering van die seuns van Yisra’el volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die getal name, almal wat manlik is, kop vir kop;

3. vanaf twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat is om oorlog te gaan maak in Yisra’el, dié moet jy en Aharon tel volgens hulle leërafdelings.

4. Saam met julle moet daar ook ’n man wees van elke stam, elkeen die hoof van sy vader se huis.

5. Hierdie is die name van die manne wat julle moet bystaan: van Re’uven: Elitzur, die seun van Sh’de’ur;

6. van Shim’on: Shlumi’el, die seun van Tzurishaddai;

7. van Y’hudah: Nagshon, die seun van `Amminadav;

8. van Yissakhar: N’tan’el, die seun van Tzu’ar;

9. van Z’vulun: Eli’av, die seun van Helon;

10. van die kinders van Yosef: van Efrayim: Elishama, die seun van `Ammihud; van M’nasheh: Gamli’el, die seun van P’dahtzur;

11. van Binyamin: Avidan, die seun van Gid’oni;

12. van Dan: Agi’ezer, die seun van `Ammishaddai;

13. van Asher: Pag’i’el, die seun van `Okhran;

14. van Gad: Elyasaf, die seun van Re’u’el;

15. van Náftali: Agira, die seun van `Enan.

16. Dit is hulle wat gekies is uit die vergadering, die leiers van hulle vaders se stamme, hoofde oor afdelings van Yisra’el.”

17. Moshe en Aharon het dié manne gevat wat volgens hulle name aangewys is

18. en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom en hulle geregistreer volgens afkoms in hulle families, volgens hulle vader se huise, volgens die aantal name, van twintig jaar oud en ouer, kop vir kop.

19. Soos יהוה Moshe beveel het, het hy hulle getel in die wildernis van Sinai.

20. Die seuns van Re’uven, die eersgeborene van Yisra’el; hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, kop vir kop, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

21. hulle wat getel is van die stam van Re’uven was ses en veertig duisend vyf honderd (46 500).

22. Van die seuns van Shim’on, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, kop vir kop, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

23. hulle wat getel is van die stam van Shim’on was nege en vyftig duisend drie honderd (59 300).

24. Van die seuns van Gad, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

25. hulle wat getel is van die stam van Gad was vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig (45 650).

26. Van die seuns van Y’hudah, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

27. hulle wat getel is van die stam van Y’hudah was vier en sewentig duisend ses honderd (74 600).

28. Van die seuns van Yissakhar, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

29. hulle wat getel is van die stam van Yissakhar was vier en vyftig duisend vier honderd (54 400).

30. Van die seuns van Z’vulun, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

31. hulle wat getel is van die stam van Z’vulun was sewe en vyftig duisend vier honderd (57 400).

32. Van die seuns van Yosef: van die seuns van Efrayim, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

33. hulle wat getel is van die stam van Efrayim was veertig duisend vyf honderd (40 500);

34. van die seuns van M’nasheh, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

35. hulle wat getel is van die stam van M’nasheh was twee en dertig duisend twee honderd (32 200).

36. Van die seuns van Binyamin, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

37. hulle wat getel is van die stam van Binyamin was vyf en dertig duisend vier honderd (35 400).

38. Van die seuns van Dan, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

39. hulle wat getel is van die stam van Dan was twee en sestig duisend sewe honderd (62 700).

40. Van die seuns van Asher, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

41. hulle wat getel is van die stam van Asher was een en veertig duisend vyf honderd (41 500).

42. Van die seuns van Naftali, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

43. hulle wat getel is van die stam van Naftali was drie en vyftig duisend vier honderd (53 400).

44. Hierdie is hulle wat getel is, wat Moshe en Aharon getel het saam met die leiers van Yisra’el, twaalf man, elkeen het sy vader se huis verteenwoordig.

45. So was dan al die geteldes van die seuns van Yisra’el volgens hulle vader se huise, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;

46. almal wat getel is, was ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig.

47. Die Leviete, volgens hulle vaders se stam, is nie saam met hulle getel nie,

48. want יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

49. “Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en hulle nie per kop onder die seuns van Yisra’el tel nie,

50. maar stel die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy bybehore en oor alles wat daarby hoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby hoort en húlle moet dit bedien en rondom die tabernakel kamp opslaan.

51. Wanneer die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek en as die tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig en die vreemdeling wat naderkom, moet gedood word.

52. Die seuns van Yisra’el moet hulle tente opslaan, elkeen in sy eie kamp en elkeen by sy banier, volgens hulle leërafdelings,

53. maar die Leviete moet kamp opslaan rondom die tabernakel van die Getuienis sodat daar geen toorn oor die vergadering van die seuns van Yisra’el kom nie en die Leviete moet in beheer wees van die tabernakel van die Getuienis.”

54. Die seuns van Yisra’el het dit so gedoen; net soos יהוה Moshe beveel het, so het hulle gedoen.