hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Praat met Aharon en sê vir hom: ‘As jy die lampe opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die lampstaander lig gee.’”

3. Aharon het so gedoen: hy het die lampe opgestel om na die voorkant van die lampstaander te wys, soos יהוה Moshe beveel het.

4. Die vakmanskap van die lampstaander was geslaande goud; van sy voetstuk tot sy blomme was geslaan; volgens die bloudrukplan wat יהוה vir Moshe gewys het, so het hy die lampstaander gemaak.

5. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

6. “Vat die Leviete onder die seuns van Yisra’el uit en reinig hulle.

7. So moet jy met hulle doen om hulle te reinig: sprinkel reinigingswater op hulle en hulle moet ’n skeermes oor hulle hele liggaam laat gaan en hulle klere was en hulle sal daardeur rein wees.

8. Laat hulle ’n jong bul vat saam met die graanoffer van fyn meel met olie gemeng wat daarby hoort; jy moet ook ’n ander jong bul as sondoffer vat.

9. Jy moet die Leviete voor die Tent van Ontmoeting aanbied en die hele vergadering van die seuns van Yisra’el bymekaarmaak.

10. Jy moet die Leviete voor die Teenwoordigheid van יהוה laat kom en die seuns van Yisra’el moet hulle hande op die Leviete lê

11. en Aharon moet die Leviete as waaioffer voor יהוה aanbied, namens die seuns van Yisra’el, om te kwalifiseer vir die diens van יהוה.

12. Die Leviete moet hulle hande op die koppe van die bulle lê en jy moet die een as sondoffer offer en die ander as brandoffer tot יהוה, om vir die Leviete toedekking te doen.

13. Jy moet die Leviete voor Aharon en sy seuns laat staan en hulle as waaioffer tot יהוה offer.

14. So moet jy die Leviete van onder die seuns van Yisra’el uit afsonder en die Leviete sal Myne wees.

15. Daarna mag die Leviete ingaan om in die Tent van Ontmoeting te dien, maar jy moet hulle reinig en hulle aanbied as waaioffer,

16. want hulle is volledig aan My gegee vanuit die seuns van Yisra’el; Ek het hulle vir Myself gevat in die plek van alles wat die baarmoeder open; al die eersgeborenes uit die seuns van Yisra’el,

17. want al die eersgeborenes onder die seuns van Yisra’el is Myne, van mense en van diere; op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Mitzrayim neergeslaan het, het Ek hulle vir My afgesonder.

18. Ek het die Leviete in die plek van al die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el gevat

19. en die Leviete as ’n geskenk vir Aharon en sy seuns, vanuit die seuns van Yisra’el, gegee om in diens van die seuns van Yisra’el in die Tent van Ontmoeting te dien en om toedekking te doen vir die seuns van Yisra’el sodat daar geen plaag mag wees onder die seuns van Yisra’el as die seuns van Yisra’el naby die Afgesonderde plek kom nie.”

20. So het Moshe, Aharon en die hele vergadering van die seuns van Yisra’el met die Leviete gedoen volgens wat יהוה Moshe aangaande die Leviete beveel het; so het die seuns van Yisra’el met hulle gedoen.

21. Die Leviete het hulleself ook gereinig van sonde, hulle klere gewas en Aharon het hulle aangebied as ’n waaioffer voor יהוה en Aharon het toedekking vir hulle gedoen om hulle te reinig.

22. Daarna het die Leviete ingekom in die Tent van Ontmoeting om hulle dienswerk voor Aharon en sy seuns te doen; soos יהוה Moshe aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.

23. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

24. “Hierdie is wat op die Leviete van toepassing is: van vyf en twintig jaar oud en ouer moet hulle kom om in te gaan en die dienswerk van die Tent van Ontmoeting te doen,

25. maar van vyftig jaar oud af moet hulle uittree uit die dienslewering en nie meer werk nie.

26. Hulle kan saam met hulle broers in die Tent van Ontmoeting toesig hou, maar hulle sal geen werk self doen nie. So moet jy met die Leviete doen aangaande hulle verantwoordelikheid.”