hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe Bil’am sien dat dit goed was in die oë van יהוה om Yisra’el te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot gesigte deur ’n visioen gewend nie, maar sy gesig na die wildernis gedraai

2. en Bil’am het sy oë opgeslaan en Yisra’el uitgekamp gesien, volgens hulle stamme en die Gees van God het op hom gekom.

3. Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “Die Godsopenbaring van Bil’am, die seun van B’or; die Godsopenbaring van die man wie se oë oopgemaak is;

4. die Godsopenbaring van hom wat die woorde van die Magtige God hoor, wat die visioen van die Almagtige sien, wat neerval met onbedekte oë:

5. Hoe goed is jou tente, O Ya’akov, jou blyplek, O Yisra’el!

6. Soos valleie wat uitgestrek is, soos tuine by ’n rivier, soos aalwyne geplant deur יהוה, soos seders langs die water;

7. water sal vloei uit sy emmers en sy saad sal by baie waters wees. Sy koning sal hoër wees as Agag en sy koninkryk opgelig!

8. Die Magtige God bring hom uit Mitzrayim uit, hy het lang horings soos ’n wilde bul (Aurogs); hy sal die nasies verteer wat teenoor hom staan en hulle bene breek en met sy pyle deurboor.

9. Hy het afgebuig, hy het gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is almal wat jou seën en vervloek is almal wat jou vervloek!”

10. Balak se woede het gebrand teen Bil’am en hy het sy hande saamgeslaan. Balak het vir Bil’am gesê: “Ek het jou laat roep om my vyande te vervloek en let op, jy het volgehou om hulle te seën; hierdie drie keer!

11. Vlug daarom nou na jou plek toe; ek het gedink om jou met groot eer te vereer, maar let op, יהוה het jou van verering af teruggehou.”

12. Bil’am het vir Balak gesê: “Het ek nie ook met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gepraat en gesê:

13. ‘Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan nie teen die opdrag van יהוה enige iets doen, goed of kwaad, uit my eie nie, maar wat יהוה sê, dit sal ek sê?’

14. Nou, let op, ek gaan na my mense toe. Kom, ek sal jou inlig oor wat hierdie volk jou volk sal aandoen in die dae wat kom.”

15. Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “Die Godsopenbarings van Bil’am, die seun van B’or en die Godsopenbaring van die man wie se oog oopgemaak is;

16. die Godsopenbaring van hom wat die boodskappe van die Magtige God hoor, wat die kennis van die Allerhoogste ken en die visioen van die Almagtige sien en wat neerval, maar tog met sy oë onbedek.Yog 5:46

17. Ek sien Hom, maar nie nou nie, ek aanskou Hom, maar nie naby nie: ’n Ster sal kom uit Ya’akov, ’n Septer sal opstaan uit Yisra’el, deur die voorkop van Mo’av breek en al die seuns van Shet afbreek.

18. Edom en Se’ir sal ’n besitting wees, asook sy vyande, maar Yisra’el sal dapper optree.

19. Vanuit Ya’akov sal Een wees wat heerskappy het en die wat oorbly uit die stad vernietig.”

20. Toe het hy na `Amalek gekyk, sy vertelling voortgesit en gesê: “`Amalek was eerste onder die nasies, maar sy einde sal vernietiging wees.”

21. Toe het hy na die Keiniete gekyk, sy vertelling voortgesit en gesê: “Jou blyplek staan vas en jou nes is vasgemaak op die rots,

22. nogtans sal die Keiniete verteer word. Hoe lank sal Ashur jou gevange hou?”

23. Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “O, wie kan lewe, behalwe as die Magtige God dit bepaal het?

24. Skepe sal egter kom van die kus van Kittim af en hulle sal Ashur en `Ever onderdruk en so sal hulle kom tot vernietiging.”

25. Bil’am het opgestaan en weggegaan, terug na sy plek en Balak het ook op sy pad gegaan.