hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

2. “Beveel die seuns van Yisra’el en sê vir hulle: ‘Julle moet versigtig wees om My offers, My kos vir My offers, wat deur vuur gebring word, as ’n aangename geur vir My, op die vasgestelde tye vir My te bring’.

3. Jy moet vir hulle sê: ‘Dit is die offer deur vuur wat julle aan יהוה moet bring: twee lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek, dag na dag, as ’n voortdurende brandoffer.

4. Die een lam moet jy met dagbreek offer en die ander lam moet jy teen sononder offer;

5. met ’n tiende van ’n efa fyn meel as graanoffer, gemeng met ’n kwart hin uitgestampte olie.

6. Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as ’n aangename geur, ’n offer, deur vuur, aan יהוה gebring.Deut 14:24-26

7. Die drankoffer daarby, moet ’n kwart hin wees vir elke lam. In ’n afgesonderde plek moet jy die sterk drank as offer tot יהוה uitgooi.

8. Die ander lam moet jy teen die aand offer; met dieselfde graanoffer as in die oggend en met die drankoffer daarby, moet jy dit offer; ’n offer, deur vuur, as ’n aangename geur tot יהוה.

9. Op die Shabbatdag moet jy twee lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek en twee tiendes van ’n efa fyn meel as graanoffer, met olie gemeng en die drankoffer daarby bring;

10. dit is die brandoffer vir elke Shabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer daarby.

11. Aan die begin van julle maande moet julle ’n brandoffer tot יהוה bring: twee jong bulle, een ram en sewe lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek,

12. drie-tiendes van ’n efa fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir elke bul en twee-tiendes fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir die ram

13. en een-tiende fyn meel as graanoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is ’n brandoffer as aangename geur, ’n offer deur vuur tot יהוה.

14. Hulle drankoffers moet ’n half hin wyn vir ’n bul, ’n derde hin vir ’n ram en ’n kwart hin vir ’n lam wees. Dit is die brandoffer by elke maand, vir die maande regdeur die jaar.Lev 23

15. Een bokram moet ook as sondoffer aan יהוה geoffer word, saam met die drankoffer, behalwe vir die voortdurende brandoffer.

16. Op die veertiende dag van die eerste maand, is die Pesag van יהוה.

17. Op die vyftiende dag van hierdie maand is ’n fees; sewe dae lank moet ongesuurde brood geëet word.

18. Op die eerste dag moet daar ’n afgesonderde byeenkoms wees; jy mag géén werk doen nie

19. en julle moet ’n offer deur vuur, as brandoffer, aan יהוה bring: twee jong bulle, een ram en sewe lammers in hulle eerste jaar, sonder gebrek.

20. Hulle graanoffer moet fyn meel met olie gemeng wees: drie-tiendes van ’n efa vir ’n bul en twee-tiendes vir ’n ram moet julle offer.

21. Jy moet een tiende van ’n efa offer vir elkeen van die sewe lammers

22. en een bokram as sondoffer om vir julle toedekking te doen.

23. Hierdie moet bo en behalwe die dagbreekbrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, geoffer word.

24. Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die kos van die offer deur vuur as aangename geur vir יהוה offer; bo en behalwe die voortdurende brandoffer moet dit geoffer word, saam met die drankoffer daarby.

25. Op die sewende dag moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.

26. Op die dag van die eerste vrugte, wanneer julle ’n nuwe graanoffer by julle Fees van Weke (Shavu’ot) aan יהוה bring, moet daar vir julle ’n afgesonderde byeenkoms wees; julle mag géén werk doen nie.

27. Julle moet ’n brandoffer as aangename geur tot יהוה bring: twee jong bulle, een ram, sewe lammers in hulle eerste jaar

28. en hulle graanoffer van fyn meel met olie gemeng: drie tiendes vir elke bul, twee tiendes vir die ram,

29. een tiende vir elkeen van die sewe lammers

30. en een bokram om vir julle toedekking te doen.

31. Julle moet dit offer saam met hulle drankoffers, bo en behalwe die voortdurende brandoffer en sy graanoffer daarby, hulle moet sonder gebrek wees.