hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hierdie is die nageslag van Aharon en Moshe op die dag toe יהוה met Moshe op die berg Sinai gepraat het.

2. Hierdie is die name van die seuns van Aharon: Nadav, die eersgeborene, Avihu, El’azar en Itamar.

3. Hierdie is die name van die seuns van Aharon, die gesalfde priesters, wat hy aangestel het om as priesters te dien.

4. Nadav en Avihu het egter gesterf voor die Teenwoordigheid van יהוה toe hulle vreemde vuur voor יהוה in die wildernis van Sinai gebring het en hulle het geen seuns gehad nie. El’azar en Itamar het as priesters bedien in die leeftyd van hulle vader Aharon.

5. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

6. “Laat die stam van Levi naderkom en bring hulle voor die priester, Aharon sodat hulle hom kan dien.

7. Hulle moet vir hom diens doen en hulle moet vir die hele vergadering, voor die Tent van Ontmoeting, die dienswerk van die tabernakel doen.

8. Hulle moet sorg vir al die bybehore van die Tent van Ontmoeting en vir die behoeftes van die seuns van Yisra’el, deur die dienswerk van die Tabernakel te doen.

9. Jy moet die Leviete aan Aharon en sy seuns gee; hulle is volkome vir hom, vanuit die seuns van Yisra’el, aangewys.

10. So moet jy Aharon en sy seuns aanstel sodat hulle in beheer sal wees van die priestersamp en die vreemdeling wat naderkom, moet gedood word.”Num 26:9-11

11. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

12. “Let op, Ek Self het die Leviete gevat vanuit die seuns van Yisra’el in die plek van al die eersgeborenes wat die baarmoeder, vanuit die seuns van Yisra’el, open; daarom sal die Leviete Myne wees,

13. want al die eersgeborenes is Myne. Op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Mitzrayim getref het, het Ek al die eersgeborenes in Yisra’el vir My afgesonder, mense sowel as diere. Hulle is Myne. Ek is יהוה.”

14. יהוה het met Moshe gepraat in die wildernis van Sinai en gesê:

15. “Tel die seuns van Levi volgens hulle vaders se huise, volgens hulle families; almal wat manlik is, van ’n maand oud en ouer, dié moet jy tel.”

16. Moshe het hulle volgens die woord van יהוה getel, soos hy beveel is.

17. Hierdie was die seuns van Levi volgens hulle name: Gershon, K’hat en M’rari.

18. Dit is die name van die seuns van Gershon volgens hulle families: Livni en Shim’i.

19. Die seuns van K’hat volgens hulle families: `Amram, Yitz’har, Hevron en `Uzi’el.

20. Die seuns van M’rari volgens hulle families: Magli en Mushi. Dit is die families van die Leviete volgens hulle vaders se huise.

21. Vanaf Gershon het die familie van die Livni en die familie van die Shim’i gekom. Dit is die families van die Gershoniete.

22. Volgens die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en ouer, was die wat getel is sewe duisend vyf honderd (7 500).

23. Die families van die Gershoniete moet kamp opslaan agter die tabernakel aan die westekant.

24. Die leier oor die vader van die Gershoniete se huis is Elyasaf, die seun van La’el.

25. Die verantwoordelikheid van die seuns van Gershon by die Tent van Ontmoeting was: die tabernakel en die tent, sy dekkleed en die gordyn vir die ingang van die Tent van Ontmoeting,

26. die gordyne van die voorhof en die gordyn vir die ingang van die voorhof, wat rondom die tabernakel en die altaar is, sy toue en al die instrumente daarvan.

27. Vanuit K’hat het die familie van `Amram, die familie van Yitz’har, die familie van Hevron en die familie van `Uzi’el gekom. Dit is die families van K’hat.

28. Die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en ouer, wat die diens van die Afgesonderde plek gedoen het, was agt duisend ses honderd (8 600).

29. Die families van die seuns van K’hat moet kamp opslaan langs die tabernakel, aan die suidekant.

30. Die leier oor die vaders van die families van K’hat se huis is Elitzafan, die seun van `Uzi’el.

31. Hulle verantwoordelikheid was: die ark, die tafel, die lampstaander, die altare en die bybehore van die Afgesonderde Plek, waarmee hulle diens doen en die verdelingsgordyn en alles wat by die bediening daarvan hoort.

32. El’azar, die seun van Aharon, die priester, was die hoof van die leiers van die Leviete, die opsigter oor dié wat die diens van die Afgesonderde plek doen.

33. Vanuit M’rari het die familie van Magli en die familie van Mushi gekom. Dit is die families van M’rari.

34. Die getal van almal wat manlik is, van ’n maand oud en ouer, was ses duisend twee honderd (6 200).

35. Die leier oor die vaders van die families van M’rari se huis is Tzuri’el, die seun van Avigayil; hulle moet kamp opslaan langs die tabernakel, aan die noordekant.

36. Die aangestelde verantwoordelikheid van die seuns van M’rari was oor die raamwerk van die tabernakel, sy balke, sy pilare, sy voetstukke en al die bybehore sowel as al die diens wat daarby hoort

37. en die pilare van die voorhof rondom, hulle voetstukke, hulle penne en hulle toue.

38. Die wat voor die tabernakel moet kamp opslaan, aan die oostekant, voor die Tent van Ontmoeting, waar die son opkom, moet Moshe en Aharon, met sy seuns wees, wat toesig hou oor die Afgesonderde plek en toesig hou oor die seuns van Yisra’el. Die vreemdeling wat naderkom, moet doodgemaak word.

39. Al die Leviete wat getel is, wat Moshe en Aharon, volgens die bevel van יהוה, volgens hulle families getel het, almal wat manlik was, van ’n maand oud en ouer, was twee en twintig duisend (22 000).

40. יהוה het vir Moshe gesê: “Tel al die manlike eersgeborenes van die seuns van Yisra’el, van ’n maand oud en ouer en maak ’n lys van hulle name.

41. Jy moet vir My die Leviete vat, Ek is יהוה, in die plek van al die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el en die vee van die Leviete, in die plek van al die eersgeborenes van die vee van die seuns van Yisra’el.”

42. Moshe het, soos יהוה hom beveel het, al die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el getel.

43. Al die manlike eersgeborenes volgens die getal name, van ’n maand oud en ouer, volgens die wat getel is, was twee en twintig duisend twee honderd drie en sewentig (22 273).

44. יהוה het met Moshe gepraat en gesê:

45. “Vat die Leviete in die plek van al die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee sodat die Leviete Myne kan wees. Ek is יהוה.

46. Vir die loskoping van die twee honderd drie en sewentig, uit die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el, wat meer is as die Leviete,

47. moet jy vyf sikkels per kop vat; volgens die sikkel van die Afgesonderde plek moet jy dit vat; die sikkel is twintig gerah.

48. Jy moet die loskoopgeld, van die wat onder hulle meer is, aan Aharon en sy seuns gee.”

49. Moshe het die loskoopgeld gevat van die wat meer was as die wat deur die Leviete losgekoop is;

50. van die eersgeborenes van die seuns van Yisra’el het hy die geld gevat, duisend drie honderd vyf en sestig sikkels volgens die sikkel van die Afgesonderde plek.

51. Moshe het die loskoopgeld vir Aharon en sy seuns gegee volgens die woord van יהוה, soos יהוה Moshe beveel het.