hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 1 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daar was ’n man in die land van `Utz met die naam van Iyov. Daardie man was onskuldig, opreg, een wat God respekvol gevrees het en wat weggedraai het van die bose.

2. Daar is vir hom sewe seuns en drie dogters gebore.

3. Sy besittings was sewe duisend skape, drie duisend kamele, vyf honderd jukpaar beeste, vyf honderd donkiemerries en ’n baie groot huishouding sodat hierdie man die grootste was van al die manne van die Ooste.

4. Sy seuns het gegaan en in mekaar se huise volgens elkeen se vasgestelde dag ’n fees gehou en hulle het gestuur en hul drie susters genooi om saam met hulle te eet en te drink.

5. Dit was so dat elke keer as die dae van hulle fees verby was, Iyov gestuur en hulle afgesonder het; Iyov het vroeg in die oggend opgestaan en brandoffers gebring vir elkeen van hulle, want Iyov het gesê: “Dit mag wees dat my seuns gesondig het en God in hulle hart gevloek het!” Dit het Iyov voortdurend gedoen.

6. Daar was ’n dag waarop die seuns van God hulleself voor יהוה kom aanbied het en die teëstander het ook saam met hulle gekom.

7. יהוה vra vir die teëstander: “Waar kom jy vandaan?” Toe antwoord die teëstander יהוה en sê: “Van heen en weer gaan en loop op die aarde.”

8. Toe vra יהוה vir die teëstander: “Het jy van naby gekyk na My dienskneg Iyov, dat daar niemand op die aarde is soos hy nie: ’n onskuldige en opregte man, een wat God respekvol vrees en wegdraai van die bose?”

9. Toe antwoord die teëstander vir יהוה en sê: “Is dit vir geen doel dat Iyov God vrees nie?

10. U het self U hand van beskerming rondom sy huis, sy kinders en alles wat hy besit geplaas; U het die werke van sy hande geseën en sy besittings word vermeerder in die land,

11. maar steek nou U hand uit en vernietig alles wat hy het en hy sal U in U gesig vloek!”

12. יהוה sê vir die teëstander: “Let op, alles wat hy het, is in jou mag; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie.” Die teëstander het weggegaan uit die Teenwoordigheid van יהוה.

13. Daar was ’n dag waarop Iyov se seuns en dogters besig was om te eet en wyn te drink in die huis van hul oudste broer

14. en ’n boodskapper het na Iyov gekom en gesê: “Terwyl die beeste aan’t ploeë was en die donkies aan’t wei langs hulle,

15. het rowers van Sh’va hulle geroof en weggevat en die dienaars met die skerpte van die swaard doodgeslaan en ek alleen het ontvlug om dit vir u te vertel.”

16. Terwyl hy nog gepraat het, kom daar ’n ander een en sê vir hom: “Die vuur van God het uit die hemel geval en die skape en die skaapwagters verbrand en hulle verteer en ek alleen het ontvlug om dit vir u te vertel.”

17. Terwyl hy nog praat, kom daar ’n ander een en sê vir hom: “Die Kasdeërs het in drie dele verdeel en die kamele geroof en hulle weggevat en die diensknegte met die skerpte van die swaard doodgeslaan en ek alleen het ontvlug om dit aan u te vertel.”

18. Terwyl hy nog praat, kom daar ’n ander een en sê vir hom: “U seuns en u dogters was besig om te eet en wyn te drink in hulle oudste broer se huis

19. en let op, daar het ’n sterk wind vanaf die wildernis gekom en die huis aan die vier hoeke gegryp en dit het op die jongmense geval en hulle is dood en ek alleen het ontvlug om dit vir u te vertel.”

20. Toe staan Iyov op en skeur sy bokleed, skeer sy kop en val op die grond neer in aanbidding1 Tim 6:7

21. en sê: “Kaal het ek uit my moeder se baarmoeder gekom en kaal sal ek terugkeer. יהוה het gegee en יהוה het weggevat, geseënd is die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה!”

22. Deur al hierdie rampe het Iyov nie gesondig of sleg gepraat teen יהוה nie.