hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Iyov het sy rede voortgesit en gesê:

2. “Ag, as ek maar was soos in die vorige maande, soos in die dae toe God na my gekyk het;

3. toe Hy Sy aanbidding hoog bo my kop gesit het, toe Sy lig oor my geskyn het en toe ek by Sy lig deur die duisternis geloop het.

4. Ag, dat ek sal wees soos in die dae toe ek in guns was, toe God in my tent gebly het;

5. toe die Almagtige nog rondom my was, in my jeug;

6. toe ek my voetstappe gewas het in botter en die rots vir my strome van olie uitgegiet het.

7. Toe ek uitgegaan het na die poort van die stad en uitgeroep het na die mense en my sitplek in ‘n groot area voorberei het,

8. het die jongmanne my gesien en weggekruip en grysaards het opgestaan en my respekteer.

9. Die prinse het stilgebly en hulle hand op hul mond gesit.

10. Die stemme van die prinse is teruggehou en hulle tong het aan hul verhemelte gekleef,

11. want wanneer die oor my gehoor het, dan prys dit my en wanneer die oog my gesien het, gee dit getuienis aangaande my

12. omdat ek die arme uit spanning bevry het en die vaderloses wat niemand gehad het om hul te help nie.

13. Die seën van hom wat gereed was om te vergaan, het oor my gekom en ek het die verstand, wil en emosie van die weduwee laat jubel.

14. Ek het onpartydige opregtheid aangetrek en dit het my bedek soos ’n kleed en simbool van regverdige oordeel.

15. Ek was oë vir die blinde en voete vir die lammes.

16. Ek was ’n vader vir die armes en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.

17. Ek het die kakebeen van die bose gebreek en die prooi uit sy tande geruk.

18. Toe het ek gesê: ‘Ek sal reguit word soos ’n riet, ek sal die armes bevry en my dae vermenigvuldig soos die sand van die seë.

19. My wortels is geplant by die waters en die dou lê heelnag op my takke en in die oesseisoen sal ek genooi word na die fees.

20. Ek sal my boog saamvat en dit nuut hou in my hand.

21. Hulle het na my geluister en gewag en ag gegee op my raad.

22. Hulle het nie afgewyk van my woorde af nie en my spraak was vir hulle aangenaam.

23. Hulle het op my gewag soos vir die reën en hulle het hul monde wyd oopgemaak soos vir die lentereëns.

24. As ek met hulle gespot het, het hulle nie aanstoot geneem nie en hulle het nie weggedraai van die lig van my gesig nie.

25. Ek het hulle lewenswyses ondersoek en dan teruggekeer en geleef soos ’n koning, ’n koning by sy leërmag, soos een wat die treurendes vertroos,