hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Elihu het voortgegaan en gesê:

2. “Hoor my woorde, o wyse manne en draai u oor na my, u wat kennis het,

3. want die oor toets woorde soos die verhemelte kos proe.

4. Laat ons vir onsself ’n regter kies; laat hy tussen ons weet wat goed is,

5. want Iyov het gesê: ‘Ek is regverdig en God het my oordeel opsy gesit.’Rom 6:23

6. Wie is die man wat dood is sonder oortreding?

7. Watter man is soos Iyov, wat veragting opdrink soos water?

8. Wie is ’n medeloper en vriend van die werkers van boosheid en loop saam met bose mense?

9. Want hy het gesê: ‘Dit is nie voordelig vir ’n man omdat hy God respekvol vrees nie;’

10. daarom, luister na my, manne van insig, dit is ver van God verwyder dat Hy kwaad sou doen en dit is ver van Hom dat Hy boosheid sou doen,Ps 62:13; Spr 24:12; Rom 2:6

11. want Hy vergeld ’n mens volgens sy dade en laat elke mens beloon word volgens sy lewenswyse.

12. Waarlik, God doen nie verkeerd en verdraai die reg nie.

13. Wie het beheer oor die aarde of wie het die hele wêreld gemaak?

14. As Hy Sy denke teen die mens sou draai, sal die mens se gees en asem by Hom bymekaarkom,

15. dan sou alle vlees saam vernietig word en die mens sou tot stof terugkeer.

16. As u dan insig het, hoor dit; luister na die stem van my woorde.

17. Hy wat regverdige oordeel haat kan nie onskuldig verklaar word nie en hy wat onskuldig is, sal nie veroordeel word nie.

18. Hy wat aangaande die koning sê dat hy boos is en tog is hy ’n goeie heerser oor prinse en heersers

19. en is nie partydig tot prinse of diskriminerend teenoor die armes nie, want hulle is almal die werk van Sy hande,

20. in ’n oomblik sal hy sterf en om middernag verteer word en sterf. Hy sal kragteloos gemaak word deur die Almagtige,

21. want Sy oë is op al die lewenswyses van die mens en Hy sien al sy treë.

22. Daar is geen duisternis, of skaduwee van die dood, waar die werkers van boosheid kan wegkruip nie,

23. want Hy het nie ’n tyd daargestel vir ’n man om voor God in oordeel te kom nie,

24. want Hy het baie ongeluk oor baie mense, sonder getal en ander in hulle plekke, bevestig,

25. dus ken Hy hulle deur hulle werke en werp hulle omver in die nag.

26. Hulle dade sal vergruis word onder die gewig van hulle boosheid in ’n land van verskrikking

27. omdat hulle weggedraai het daarvan om Hom te volg en nie enige van Sy lewenswyses oorweeg nie.

28. Die gebed van die armes kom na Hom toe en Hy hoor die geroep van die vernederdes.

29. Wanneer Hy vergewe, wie kan dan veroordeel? Wanneer Hy Sy gesig wegdraai, wie kan die mense, of die mensdom in geheel, vergewe?

30. Hy sien toe dat die sondebevlekte en bose man nie oor die mense sal regeer nie,Rom 6:23

31. want God het gesê: ‘Ek het vergewe, Ek sal nie mense sonder sonde vernietig nie.’

32. Lig my in, leer my as jy onreg gedoen het.

33. Ek sal jou nie meer antwoord nie, want jy het gesondig, want jy is ondersoek en nie ek nie. Spreek uit wat jy weet!

34. Laat manne van insig vir my sê en laat ’n wyse man vir my luister.

35. Iyov het sonder kennis gepraat en sy woorde is sonder insig.

36. Waarlik, Iyov is getoets tot die einde toe en steeds is hy nie onder die bose getel nie

37. en as Iyov sou byvoeg by sy sondes, dan sou sy oortreding ons almal beïnvloed en hy sal steeds sy klagte voor God bring.”