hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 38 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het יהוה Iyov uit ’n warrelwind geantwoord en gesê:

2. “Wie is hierdie wat raad gee deur woorde sonder kennis?

3. Gord vas jou heupe soos ’n dapper man, want Ek sal jou ondervra en jy sal My antwoord.

4. Waar was jy toe Ek die aarde se fondasies gelê het? Verklaar of jy insig het.

5. Wie het sy afmetinge neergelê, as jy weet, of wie het die maatlyn daaroor gespan?

6. Waarop rus sy kante, of wie het sy hoeksteen gelê?

7. Wanneer het Ek die oggend-sterre geskep en het al die engele van vreugde gejubel?

8. Wie het die see afgesluit met hekke toe dit uitgebreek het asof dit uit die baarmoeder uitkom?

9. Toe Ek die wolk as kleding vir die aarde gemaak het en dik donkerte as ’n toedraaidoek daarvoor

10. en grense daarvoor gestel het en grendels en deure gemaak

11. en gesê het: ‘Sover mag jy kom, maar niks verder nie en hier sal jou trotse golwe bly,’ was jy daar?

12. Het jy, sedert jou dae begin het, die sonsopkoms ontbied, of ken jy die plek van die oggend

13. dat dit die eindes van die aarde kan aangryp en die bose uit dit uitgegooi mag word

14. sodat hulle liggame in klei verander sal word en op ’n hoop gegooi word?

15. Die lig van sondaars sal teruggehou word en die arm van die arrogante sal gebreek word.

16. Het jy afgegaan na die diepte van die see, of het jy geloop in die fondasies van die onderaardse waters?

17. Is die poorte van die dood aan jou openbaar, of het jy die poorte van die skaduwee van die dood gesien?

18. Het jy die hele breedte van die aarde gesien? Verklaar aan My, as jy dit alles weet:

19. waar is die blyplek van die lig en waar is die duisternis?

20. Ken jy sy grense en die pad na sy huis?Iyov 34:23

21. Kan jy jou geboorte onthou en weet jy of jy baie dae sal leef?

22. Het jy die kamers van die sneeu binnegegaan? Het jy die stoorkamers met hael gesien,

23. wat gespaar word vir die tyd van benoudheid, vir die dag van stryd en oorlog?

24. Op watter manier word lig versprei en vanwaar kom die wind oor die aarde?

25. Wie veroorsaak ’n weerligstraal en die slag van die donder?

26. Wie laat dit reën op ’n land waar geen mens is nie, in die wildernis waar niemand woon nie;

27. om elke bos te deurdrenk en die sagte grasspruit te laat opspring?

28. Het die reën ’n vader, of wie het die doudruppels voortgebring?

29. Uit wie se baarmoeder het die ys en dou gekom en wie gee geboorte aan die ryp van die hemel?

30. Die waters word hard soos ’n klip en die oppervlakte van die ondergrondse water is gevries.

31. Kan jy die beweging van die Sewe-ster stop, of ken jy die pad van die Orion?

32. Kan jy die sterretekens uitbring op hulle tyd, of in die pad van die Beer staan?

33. Ken jy die wette van die hemele, of maak jy reëls vir die aarde?

34. Kan jy jou stem na die wolke oplig, of hulle bedek met ’n oorvloed van water?

35. Kan jy die weerligstrale uitstuur sodat hulle kan gaan en vir jou sê: ‘Hier is ons’?

36. Wie het wysheid in die binneste geplaas, of wie het visie gegee aan insig?

37. Wie het die wolke in Sy wysheid getel en wie het die pilare van die hemel opgetel?

38. Wie het grond uitgegooi op die aarde en wie het die styl rotse gemaak?

39. Wie het prooi vir die leeu gegee, of die honger van die jong leeus stilgemaak?

40. Wie het die wildediere van die veld vermenigvuldig, of wie het kos vir die kraai voorsien,

41. want sy kleintjies roep uit tot God en word flou sonder kos?