hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ken jy die tyd wanneer die Ibex lam teen die steil rotse, of kan jy sien wanneer takbokooie lam?

2. Kan jy die maande tel wat hulle voltooi en die tyd weet wanneer hulle lam

3. en wanneer hulle neerbuig en hul kleintjies voortbring?

4. Hulle maak die kleintjies groot totdat hulle groot is en gespeen word.

5. Wie het die wilde-donkie gelos om vry te wees en hom die juk laat ontsnap?

6. Want hy het die vlakte sy huis gemaak en die soutland sy blyplek.

7. Hy spot met die menigte stede en is nie bang vir die stem van heersers nie.

8. Die toppe van die berge is sy weiveld en hy loop oor alles wat groen is.

9. Sal die wilde bul (Aurogs) gewillig wees om jou te dien, of sal hy oornag by jou krip?

10. Kan jy die juk op die wilde bul se nek vasmaak, of sal hy in ’n wilde plek eg?

11. Sal jy op hom vertrou omdat sy krag groot is, of sal jy jou werk aan hom oorlaat?

12. Vertrou jy hom dat hy dit wat van jou gedors is, sal uitwan en jou graan in die skuur sal bymekaarmaak?

13. Die volstruis lig haarself trots op en kom dan en maak haar nes,

14. maar sy los haar eiers in die aarde om op die grond warm gemaak te word

15. en omdat sy die voete van ’n voël het, vergeet sy dat die wilde diere van die veld dit kan vertrap.

16. Sy vermenigvuldig haar kleintjies alhoewel hulle nie by haar bly nie; alhoewel haar moeite tevergeefs is, het sy geen vrees nie,

17. want God het wysheid vermeerder, maar nie vir haar ’n deel gegee nie.

18. Sy lig haarself hoog op soos ’n palmboom, sy lag vir die perd en sy ruiter.

19. Het jy vir die perd krag gegee? Het jy sy nek geklee met maanhare?

20. Kan jy hom laat beweeg soos die sprinkaan, of kan jy hom bang maak.

21. Hy kap in die vlakte en is bly in die vallei; hy gaan gepantser uit vir die stryd.

22. Hy lag vir ’n put en word nie bang gemaak nie; hy draai ook nie weg van die swaard nie.

23. Die pylkoker rammel teen hom, die glinsterende spies en lans.

24. Hy gallop met woede wat die grond laat bewe en vrees nie die klank van die ramshoring nie.

25. Hy maak die klank: ‘Aha!’ en ruik die geveg van ver af; hy maak die offisiere bang met sy gerunnik.

26. Is dit deur jou wysheid wat die valk geskep is en sy vlerke uitsprei na die suide toe?

27. Gaan die arend hoog op op jou bevel en maak hy sy nes in steil rotse?

28. Hy leef en bly op die rots, op die krans van die afgrond.

29. Hy word onderhou deur sy prooi, sy oë sien van ver af.

30. Sy kleintjies suig bloed op en waar die dooies is, daar is hy.”