hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Elifaz, die Temaniet, geantwoord en gesê:

2. “O mens, kan jy met God gesels? Is jy gelyk aan Hom in wysheid?

3. Wat baat jy deur te probeer om dit te laat lyk asof jou lewenswyse volmaak is omdat jy bang is?

4. Hy sal jou bestraf en jou oordeel.

5. Let op, jou boosheid is groot en daar is nie einde aan jou sonde nie,

6. want jy het sonder rede ’n pand gevat by jou broers en die naaktes gestroop van hulle klere.

7. Jy het nie water aan die vermoeides gegee om te drink nie en jy het brood teruggehou van die hongeres.

8. Daar is ’n man wat vir homself ’n land saai en die magtige vat dit by hom met geweld!

9. Jy het weduwees met leë hande weggestuur en die arms van die vaderloses gebreek;

10. daarom is daar strikke rondom jou en skielike vrees laat jou bewe.

11. Waar is die duisternis sodat jy nie kan sien nie en die vloed van water wat jou bedek?

12. Let op, God is in die hoogste van die hemel en sien die hoogste van die sterre, wat baie hoog is

13. en tog vra jy: ‘Hoe weet God? Kan Hy deur die dik donkerheid oordeel?’

14. Dik wolke is ’n bedekking vir Hom sodat die mens Hom nie kan sien nie en Hy loop op die sirkel van die hemel.

15. Het jy die ou pad, wat bose manne lank terug op geloop het,

16. hulle wat voor hul tyd gegryp is, wat gestop is by die oorgangsplek van die rivier van die lewe en toe nie onthou het wie hulle lewenspatroon uitgelê het nie,

17. wat vir God gesê het: ‘Gaan weg van ons af, wat kan God vir ons doen’, goed afgemerk?

18. Tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is en die raad van die bose het ver van hom af weggebly.

19. Die regverdiges sal dit sien en bly wees en die onskuldige sal spottend vir hulle lag.

20. As hulle nie plat gegooi is as gevolg van hulle hardkoppigheid nie, dan sal die van hulle wat oorbly, met vuur verteer word.

21. Maak nou ’n ooreenkoms met God en offer aan Hom van jou goeie opbrengs.

22. Ontvang die wet uit sy mond en lê Sy woorde vas in jou verstand, wil en emosie.

23. As jy sal erken en omdraai voor God, sal jy opgebou word, as jy boosheid uit jou tent sal verwyder,

24. dan sal jy silwer opgaar soos stof en die goud van Ofir soos die sand van die vallei.

25. Ja, God sal jou verdediging wees en jy sal ’n oorvloed silwer hê,

26. want dan sal jy jou gesig oplig na God toe,

27. jy sal tot Hom bid, Hy sal jou hoor en jy sal jou geloftes nakom.

28. Jy sal ook iets verklaar en dit sal vir jou vasgestel word en die lig sal skyn oor jou lewenswyse,

29. want dit word gesê: ‘Hy wat homself verneder, sal opgelig word en hy wat saggeaard is, sal gered word.

30. Die onskuldige man sal gespaar word, waar hy ook al is en hy sal ontsnap deur die reinheid van sy hande.”