hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Elifaz, die Temaniet, geantwoord en gesê:

2. “Sal ’n geestelik wyse man antwoord met kennis en dan woedend word?

3. Sal hy onderrig deur gewone praatjies of met waardelose woorde?

4. Ja, jy verwerp ook respekvolle vrees en praat te veel in die Teenwoordigheid van God,

5. want jou mond is gewoond om sondige dinge te uiter en jy verkies die misleidende tong van die listiges.

6. Jou eie mond veroordeel jou en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou in my teenwoordigheid.

7. Is jy die eerste mens wat gebore is, of is jy gevorm voor die heuwels?Rom 11:34

8. Het jy die geheime van God gehoor; is Sy wysheid aan jou openbaar;

9. of wat weet jy wat ons nie weet nie, of wat verstaan jy wat ons nie verstaan nie?

10. Let op, daar is tussen ons hulle met grys hare en die baie ou manne, baie ouer in dae as jou vader.

11. Praat minder van God se dreigemente en praat sagkens met jouself.Ps 35:19

12. Waarom roem jou verstand, wil en emosie en vir wat knip jou oë

13. dat jy roem in die Teenwoordigheid van God en sulke woorde uit jou mond laat kom?

14. Wat is die mens sodat hy onskuldig sou wees, of hy wat uit ’n vrou gebore is sodat hy regverdig sou wees?

15. Let op, Hy plaas geen vertroue in Sy afgesonderdes nie; ja, die hemele is nie rein in Sy oë nie.

16. Alhoewel die mens verwerp en gepynig behoort te word, sal hy nogtans boosheid drink soos water!

17. Luister na my, ek sal jou wys en dit wat ek gesien het, wil ek herhaal;

18. dit wat die wyse manne verkondig het en nie van hulle vaders weggesteek is nie,

19. aan wie alleen die land gegee is en geen vreemdeling het tussen hulle deurgetrek nie.

20. Al sy dae verhoog die bose man homself en die getal van die jare van die geweldenaar is verborge.1 Thes 5:3

21. ’n Skrikwekkende klank is in sy ore; in oorvloed sal die Vernietiger oor hom kom.

22. Hy glo nie dat hy omvergewerp sal word as gevolg van die duisternis en dat hy die swaard sal sien nie.

23. Hy vlug as gevolg van die dreigement van oordeel; hy weet nie dat die dag van duisternis reeds op hande is nie.

24. Moeilikheid en angs sal hom oorval, soos ’n koning gereed vir die geveg

25. omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en homself versterk het teen die Almagtige.

26. Hy het Hom trots tromp-op stormgeloop met die menigte van sy skilde,

27. want hy het homself mislei met sy rykdom en stel sy sterkte voor sy selfvertroue

28. en hy bly in verlate stede, wat geen man bewoon het nie; dan berei hy voor vir oorlog.

29. Hy sal nie voortgaan nie en sy krag sal nie uithou nie en ook sal sy woorde nie op die aarde gevestig word nie.

30. Hy sal nie uit die duisternis uitkom nie, die vlam sal sy takke opdroog en deur die asem van sy mond sal hy verwerp word.

31. Laat hom nie vertrou op misleidende nietighede nie, want sy groei is nutteloos.

32. Hy sal uitdroog voor sy tyd en die werke van sy hande sal nie gevind word nie.

33. Hy sal sy onryp druiwe afskud soos die wingerdstok en sy bloeisels afgooi soos die olyfboom,

34. want die vergadering van die onreines sal verlate wees en vuur sal die tente van omkopery verteer.

35. Hulle is met moeite bevrug, gee geboorte aan misleiding en hulle maag is vol bedrog.”