hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 42 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Iyov יהוה geantwoord en gesê:

2. “Ek weet dat U al hierdie dinge kan doen en dat geen plan vir U weggesteek is nie.

3. Wie is ek om te dink ek kan raad gee sonder kennis? U het daarom aan my verklaar dat ek gesê het wat ek nie verstaan nie; dinge te wonderlik vir my, wat ek nie ken nie.

4. Hoor my, bid ek van U en ek sal praat; ek sal U vra en verklaar U aan my:

5. volgens hoorsê het ek van U gehoor, maar nou sien my oog U;

6. daarom sal ek stilbly en erken en terugdraai in stof en as.”

7. Nadat יהוה hierdie woorde met Iyov gepraat het, het dit gebeur dat יהוה vir Elifaz, die Temaniet gesê het: “My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende, want julle het nie reg van My gepraat in My Teenwoordigheid soos My dienskneg Iyov gedoen het nie;

8. daarom, vat nou vir julle sewe bulle en sewe ramme en gaan na My dienskneg Iyov toe en bring vir julleself ’n brandoffer. My dienskneg Iyov sal vir julle bid, want hom sal Ek aanvaar sodat Ek nie veragtelik met julle handel nie, want julle het nie in My Teenwoordigheid dit wat reg is gepraat soos My dienskneg Iyov gedoen het nie.”

9. Toe het Elifaz, die Temaniet en Bildad, die Shuagiet en Tzofar, die Na’amahiet, gegaan en gedoen volgens wat יהוה vir hulle gesê het en יהוה het Iyov in guns aanvaar.

10. יהוה het aan Iyov alles herstel wat hy verloor het, toe hy vir sy vriende gebid het; ook het יהוה dubbel soveel aan Iyov gegee as wat hy voorheen besit het.

11. Toe het al sy broers en al sy susters en almal wat hom vroeër geken het, na hom toe gekom en saam met hom brood geëet in sy huis, want hulle was ontsteld oor hom en hulle het hom getroos oor al die moeilikheid wat יהוה oor hom gebring het en elke man het vir hom ’n ooi gegee en elkeen ’n goue oorring.

12. יהוה het die einde van Iyov meer geseën as sy begin, want hy het veertien duisend skape, ses duisend kamele, ’n duisend jukpaar beeste en ’n duisend donkie-merries gehad.

13. Hy het ook sewe seuns en drie dogters gehad.

14. Hy het die eerste genoem Y’mimah en die tweede K’tzi’ah en die derde Keren-Hapukh.

15. In die hele land is geen vroue gevind so mooi soos die dogters van Iyov nie; hulle vader het vir hulle ’n erfdeel gegee tussen hulle broers.

16. Na dit het Iyov een honderd en veertig jaar lank gelewe en hy het sy seuns en hulle seuns, selfs tot die vierde geslag toe, gesien.

17. Iyov het gesterf, oud, tevrede en vol van dae.