hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Bildad, die Shuagiet, geantwoord en gesê:

2. “Hoe lank sal jy hierdie dinge praat en hoe lank sal jou mond trotse woorde uiter?

3. Sou God regverdige oordeel verdraai, of verdraai die Almagtige dit wat reg is?

4. As jou seuns teen Hom gesondig het, het Hy hulle weggestuur in hul oortreding.

5. As jy na God sou soek en ’n ernstige versoek rig tot die Almagtige,

6. as jy onskuldig en opreg is, sal Hy sekerlik aan jou aandag gee en die blyplek van jou onpartydige opregtheid voorspoedig maak

7. sodat al was jou begin klein, sal Hy jou einde baie groot maak.

8. Doen navraag by die vorige geslagte en leer deur die soeke van hulle vaders,

9. want ons is maar van gister af en weet niks nie, want ons dae op die aarde is soos ’n skaduwee;

10. let op, húlle sal jou leer en jou vertel met woorde vanuit hul binneste.

11. Kan papirus groei in ’n dorstige land? Kan riete groei waar daar geen water is nie?

12. Terwyl hulle nog groen is en nie afgesny is nie, verdroog hulle voor enige ander gras.

13. So is die pad van almal wat God vergeet. Die verwagting van die onreine,

14. wie se selfvertroue afgesny word en wie se huis ’n spinnerak is, sal vergaan.

15. Die bose sal op sy huis vertrou, maar dit sal nie staan nie; hy sal dit vashou, maar dit sal nie staande bly nie.

16. Hy is soos groen gras voor die son en sy wortels sal in grond rus wat weggespoel sal word.

17. Hy sal sy huis sien as ’n hoop klippe.

18. As hy ontwortel word uit sy plek, dan sal hy Hom ontken en sê: “Ek het U nie gesien nie.”

19. Let op, dit is Hy wat al sy lewenswyses ondersoek en vanuit die grond sal ander uitspruit!

20. Let op, God sal nie die opregte man verwerp en ook nie boosdoeners help

21. totdat Hy jou mond volmaak met gelag en jou lippe met ’n lied, nie.

22. Hulle wat jou haat, sal aangetrek word met skaamte en die tent van die bose sal vernietig word!”