hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42

Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Iyov geantwoord en gesê:

2. “Ag, as my leed maar geweeg is en my rampe daarteenoor in die skaal gelê is,

3. dan sou dit swaarder wees as die sand van die seë; daarom word my woorde teruggehou,

4. want die pyle van die Almagtige is in my vlees en hulle gif drink my gees op; die vreeslikheid van God het my bang gemaak!

5. Balk die wilde-donkie oor die gras of bulk ’n bees oor sy voer?

6. Kan iets wat onsmaaklik is, sonder sout geëet word of is daar enige smaak in die wit van ’n eier?

7. My lewe is moeg van sy probleme; ek kla soos ’n dronk mens in my lyding.

8. Ag, dat ek my versoek mag ontvang en dat God my dit wat ek na verlang sal gee

9. sodat God mag toegee om my te reinig en Sy hand mag uitsteek en my heel maak;

10. om weer my Troos te wees sodat ek herstel kan word tot my krag sonder mate, want ek het nie gelieg teen die woorde van die Afgesonderde Een nie.

11. Wat is my krag dat ek sou kon uithou en wat is my einde dat ek geduldig sou wees?

12. Is my krag soos die krag van klippe of is my vlees van koper?

13. Let op, Sy hulp is nie in my nie en Sy redding is ver van my af.

14. Hy wat liefdevolle omgee weghou van sy vriend af, versaak die respekvolle vrees vir die Almagtige.

15. My broers het misleidend opgetree soos ’n droë spruit, soos stroomversnellings wat weggaan.

16. Op die wat bang is vir ys, het baie sneeu geval;

17. wanneer die son oor hulle skyn, smelt hulle, wanneer dit warm is, smelt hulle en verdwyn uit hul plek uit.

18. Die paaie van hulle lewenswyse kronkel, hulle dwaal af van hulle pad en vergaan,

19. want hulle het gekyk na die paaie van die suide en het gewag op die paaie van Sh’va.

20. Hulle is beskaamd in dit waarvoor hulle gehoop het; hulle het daar gekom en was teleurgesteld.

21. Julle het ook so vir my geword, want voordat julle angs gesien het, was julle bang.

22. Het ek gesê: ‘Bring vir my ’n geskenk, of bied vanuit jou rykdom omkoopgeld aan namens my?’

23. Of: ‘Red my uit die hand van my onderdrukker?’ Of: ‘Bevry my uit die hand van die magtiges?’

24. Leer my en ek sal stilbly en laat my verstaan waarin ek verkeerd gedoen het.

25. Waarom verwerp julle die woorde van waarheid? Wie van julle is in staat om te bestraf en te dissiplineer?

26. Let op, julle probeer woorde vind om mee te bestraf en julle maak woorde op teen my lewe!

27. Let op, julle oorweldig die vaderlose en maak julle vriend hartseer.

28. Luister daarom nou en let op en ek sal in julle teenwoordigheid praat en nie lieg nie.

29. Erken, bely en draai terug en moenie soos bose mense word nie; erken, bely en draai terug en word onskuldig verklaar.

30. Is daar boosheid op my tong, of praat my mond nie die waarheid nie?