hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 23 Die Boodskap (DB)

Josua se afskeidswoorde

1. Die jare het verbygegaan en Israel het rustig, sonder enige verdere probleme saam met hulle vyande in die land gebly wat die Here aan hulle gegee het. Teen hierdie tyd was Josua al baie oud.

2. Hy het toe ’n volksvergadering belê met die leiers, die hoofde van stamme, die regters en die ampsdraers van die Israeliete. Hy sê toe vir hulle: “Ek is al baie oud.

3. Julle het alles gesien en beleef wat die Here julle God tydens my leeftyd vir julle gedoen het. Julle het gesien hoe Hy namens julle teen julle vyande opgetree het.

4. Ek het saam met die gebiede wat ek reeds verower het, ook die gebiede wat nog nie verower is nie, as besitting aan julle gegee: van die Jordaan af in die ooste tot by die Middellandse See in die weste.

5. Hierdie land sal aan julle behoort, want die Here julle God sal al die mense wat nou daar bly, voor julle uit laat vlug. Julle sal daar bly, nie hulle nie. Dit is die Here julle God se belofte.

6-7. “Julle moet julle uiterste bes doen om dit wat in die wetboek van Moses geskryf staan, na te kom. Moenie enige deel daarvan verwaarloos nie, want dan kan julle dalk deur die vreemde volke wat tussen julle bly, mislei word om hulle gode te dien. Moet dit nie doen nie. Moenie eers die name van hulle gode noem nie, wat nog te sê ’n eed in hulle naam aflê of hulle dien.

8. Bly altyd getrou aan die Here julle God soos julle tot nou toe was.

9. Die Here het groot en sterk nasies voor julle uit verdryf. Nie een van hulle was in staat om teen julle weerstand te bied nie.

10. Een van julle sou genoeg wees om ’n oormag aan te durf, nie omdat julle so sterk is nie, maar omdat die Here julle God aan julle kant is, net soos Hy belowe het.

11. “Ter wille van julleself moet julle die Here julle God liefhê.

12. As julle aan Hom ontrou word en by die ander nasies wat nog onder julle woon, gaan bly en hulle gewoontes aanleer en met hulle ondertrou,

13. moet julle vir seker weet dat die Here julle God julle nie langer sal beskerm nie. Trouens, hulle sal vir julle net so gevaarlik wees soos ’n strik vir ’n voël of ’n gat in die grond wat jy nie kan sien nie en waarin jy kan val en seerkry. As julle in hulle hande beland, sal dit voel of julle met ’n sweep geslaan word en of daar dorings in julle oë gevryf word. Dan sal julle permanent uit die land wat die Here julle God vir julle gegee het, weggejaag word.

14. “Ek gaan binnekort sterf soos enige ander mens. En julle weet baie goed dat die Here elke belofte wat Hy nog aan julle gemaak het, vervul het. Nie een van sy beloftes het onvervuld gebly nie.

15. Maar net soos die Here julle God elke goeie belofte wat Hy gemaak het, nagekom het, so seker sal Hy ook elke dreigement teen julle as julle ontrou is, laat waar word. As julle die rug vir Hom draai, sal daar nie een van julle in hierdie land oorbly wat Hy vir julle gegee het nie.

16. As julle die Here julle God se ooreenkoms met julle verbreek deur ander gode te dien, sal Hy julle in sy woede straf. Dan sal dit nie lank wees nie, dan is daar nie meer een van julle oor in hierdie land wat Hy vir julle gegee het nie.”