hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19 Die Boodskap (DB)

Simeon se gebied

1. Die tweede stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Simeon. Hulle gebied het ’n deel van dié van Juda ingesluit en is eintlik deur Juda se gebied omring.

2. Dit het die volgende stede en dorpe ingesluit: Berseba, Seba, Molada,

3. Gasar-Sual, Baäla, Esem,

4. Eltolad, Betul, Gorma,

5. Siklag, Bet-Markabot, Gasar-Susim,

6. Bet-Lebaot en Sarugen, dertien stede met hulle omliggende dorpe,

7. verder ook die vier stede Ajin, Rimmon, Eter en Asan, met hulle omliggende dorpe,

8. en ook nog al die kleiner dorpe in die omgewing van dié stede tot by Baälat-Beër en Rama in die suide. Dit was die eiendom van die families in die stam van Simeon.

9. Simeon het ’n deel van Juda se grondgebied gekry omdat die gebied wat aan Juda toegeken was, eintlik te groot was vir die aantal mense in dié stam.

Sebulon se gebied

10. Die derde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Sebulon. Hulle gebied strek tot by Sarid.

11. Van daar af loop die grens weswaarts tot by Marala en dan baie naby aan Dabbeset en die spruit oos van Jokneam verby.

12. Aan die teenoorgestelde rigting van Sarid af loop dit oos tot by die grens met Kislot-Tabor, dan in die rigting van Daberat en van daar af op tot by Jafia.

13. Hiervandaan gaan dit verder in ’n oostelike rigting tot by Gat-Hefer en Et-Kasin, totdat dit by Rimmon uitkom, van waar dit in die rigting van Nea draai.

14. Dan draai die grens noord in die rigting van Gannaton totdat dit in die vallei van Jiftag-El doodloop.

15. Daar was altesaam twaalf stede met hulle omringende dorpe, wat Kattat, Nahalal, Simron, Jidala en Betlehem ingesluit het.

16. Hierdie dorpe en stede was in die gebied wat Sebulon se families as erfdeel gekry het.

Issaskar se gebied

17. Die vierde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Issaskar.

18. Hulle gebied het bestaan uit Jisreël, Kesulot, Sunem,

19. Gafarajim, Sion, Anagarat,

20. Rabbit, Kisjon, Ebes,

21. Remet, En-Gannim, En-Gadda en Bet-Passes.

22. Verder gaan hulle grens teen Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en loop uiteindelik dood teen die Jordaan. Daar is altesaam sestien stede met hulle omringende dorpe.

23. Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Issaskar se families as erfdeel gekry het.

Aser se gebied

24. Die vyfde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Aser.

25. Hulle gebied het bestaan uit Gelkat, Gali, Beten, Aksaf,

26. Alammelek, Amad en Misal. Aan die westekant gaan die grens teen Karmel en Sigor-Libnat verby.

27. Waar die grens oos swaai, gaan dit na Bet-Dagon toe, dan teen Sebulon en Ge-Jiftag-El noordwaarts verby na Bet-Emek en Neïel toe. Van daar af loop dit aan na Kabul in die noorde

28. en na Abdon, Regob, Gammon en Kana toe tot by Groot-Sidon.

29. Dan swaai die grens om na Rama toe en tot by die versterkte stad van Tirus, dan om na Gosa toe totdat dit doodloop teen die Middellandse See. Aksib,

30. Uma, Afek en Regob is van die stede wat bykom. Altesaam is daar 22 stede met hulle omringende dorpe.

31. Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Aser se families as erfdeel gekry het.

Naftali se gebied

32. Die sesde stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Naftali.

33. Hulle grens begin by Gelef, by die groot eikeboom in Saänannim, en loop oor Adami-Nekeb en Jabneël tot by Lakkum, tot waar dit doodloop teen die Jordaan.

34. Van daar af draai die grens wes na Asnot-Tabor toe en loop daarvandaan aan na Gukok toe, teen Sebulon aan die suidekant en teen Aser aan die westekant verby tot teen die Jordaan aan die oostekant.

35. Die gebied sluit die volgende versterkte stede in: Siddim, Ser, Gammat, Rakkat, Gennesaret,

36. Adama, Rama, Hasor,

37. Kedes, Edreï, En-Gasor,

38. Jiron, Migdal-El, Gorem, Bet-Anat en Bet-Semes, altesaam negentien stede met hulle omringende dorpe.

39. Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Naftali se families as erfdeel gekry het.

Dan se gebied

40. Die sewende en laaste stam aan wie ’n gedeelte van die grond toegeken is, was dié van Dan.

41. Hulle grondgebied het die volgende stede ingesluit: Sora, Estaol, Ir-Semes,

42. Saälbim, Ajalon, Jitla,

43. Elon, Timna, Ekron,

44. Elteke, Gibbeton, Baälat,

45. Jehud, Bene-Berak, Gat-Rimmon,

46. Me-Jarkon, Rakkon, asook die gebied regoor Joppe.

47. Toe die mense van Dan van hulle grond af verdryf is, het hulle Lesem aangeval, die inwoners doodgemaak en die stad oorgeneem. Nadat hulle hulle daarin gevestig het, het hulle die stad se naam verander na Dan ter ere van hulle voorvader Dan.

48. Dié stede met hulle omringende dorpe was die gebied wat Dan se families as erfdeel gekry het.

Josua kry ook ’n deel van die land

49. Nadat al die stamme van Israel hulle eie deel van die land gekry het, het hulle ook vir Josua die seun van Nun ’n stukkie land gegee waarop hy kon bly.

50. Volgens die Here se opdrag het hulle vir hom die stad gegee wat hy graag wou gehad het: Timnat-Serag in die Efraimsberge. Josua het hierdie stad herbou en daarin gaan bly.

51. So het die priester Eleasar en Josua die seun van Nun saam met die familiehoofde in Silo in die teenwoordigheid van die Here aan die Israeliete hulle woongebiede toegeken. Die verdeling van die land is toe afgehandel.