hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 21 Die Boodskap (DB)

Die Leviete se stede

1-2. By Silo in Kanaän het die leiers van die stam van Levi met die priester Eleasar, Josua en die leiers van die ander stamme gaan onderhandel en vir hulle gesê: “Die Here het deur Moses beveel dat ons stede moet kry om in te woon, asook weiding vir ons vee.”

3. Daarom het die Israeliete in opdrag van die Here die volgende stede met weiding uit hulle eie grondgebied vir die Leviete gegee.

4. Die eerste familiegroep wat blyplek gekry het, was die afstammelinge van die priester Aäron, wat lede was van die Kehatgroep uit die stam van Levi. Hulle het altesaam dertien stede gekry uit die gebiede van Juda, Simeon en Benjamin.

5. Aan die res van die Kehatgroep is tien stede toegeken uit die gebiede van Efraim, Dan en die halwe Manassestam.

6. Die Gersongroep het dertien stede gekry uit gedeeltes van Issaskar, Naftali en die ander helfte van die Manassestam se grondgebied.

7. Aan die Merarigroep is twaalf stede toegeken uit die gebiede van Ruben, Gad en Sebulon.

8. Die Israeliete het op grond van die Here se opdrag aan Moses hierdie stede met hulle weiding vir die Leviete gegee.

9-10. Die eerste groep Leviete aan wie stede toegeken is, was dié uit die nageslag van Aäron wat tot die Kehatgroep behoort het. Hulle het die volgende stede uit die gebiede van Juda en Simeon gekry:

11. Kirjat-Arba of Hebron in die berggebiede van Juda met al die weivelde daar rondom. Die dorp is vernoem na Arba, die voorvader van die Enakiete.

12. Wat die lande van die stad en die omringende dorpe betref, was dié reeds aan Kaleb die seun van Jefunne toegeken.

13. Saam met Hebron, een van die toevlugstede, het Aäron se kinders altesaam nege stede met hulle weivelde uit die gebiede van Juda en Simeon gekry: Libna,

14. Jattir, Estemoa,

15. Golon, Debir,

16. Ajin, Jutta en Bet-Semes.

17. Uit die gebied van Benjamin het hulle vier stede met hulle weivelde gekry: Gibeon, Geba,

18. Anatot en Almon.

19. Die priesters uit Aäron se nageslag het dus altesaam dertien stede met hulle weivelde gekry.

20. Die Levietefamilies in die res van die Kehatgroep het vier stede met hulle weivelde uit die gebied van Efraim gekry.

21. Dit was Sigem, een van die toevlugstede in die bergagtige gebiede van Efraim, Geser,

22. Kibsajim en Bet-Goron.

23. Hulle het ook vier stede met hulle weivelde uit die gebied van Dan gekry: Elteke, Gibbeton,

24. Ajalon en Gat-Rimon.

25. Uit die gebied van die halwe Manassestam het hulle die volgende twee stede met hulle weivelde gekry: Taänak en Gat-Rimmon.

26. Die Kehatgroep het dus altesaam tien stede met hulle weivelde gekry.

27. Uit die gebied van die ander helfte van die Manassestam is die twee stede Golan in Basan, wat een van die toevlugstede was, en Astarot saam met hulle weivelde aan die Levitiese families in die Gersongroep toegeken.

28. Uit die gebied van Issaskar het hulle die vier stede Kisjon, Daberat,

29. Jarmut en En-Gannim met hulle weivelde gekry.

30. Hulle het ook vier stede met hulle weivelde uit die gebied van Aser gekry: Misal, Abdon,

31. Gelkat en Regob;

32. en uit die gebied van Naftali drie stede met hulle weivelde: die toevlugstad Kedes in Galilea, Gammot-Dor en Kartan.

33. Die Gersongroep het dus altesaam dertien stede met hulle weivelde gekry.

34. Aan die res van die Levietefamilies, dié in die Merarigroep, is vier stede elk met hulle weivelde uit die gebiede van Sebulon, Ruben en Gad toegeken. Uit die gebied van Sebulon was dit: Jokneam, Karta,

35. Dimna en Nahalal;

36. uit die gebied van Ruben: Beser, Jahas,

37. Kedemot en Mefaät;

38. en uit die gebied van Gad die toevlugstad Ramot in Gilead, Maganajim,

39. Gesbon en Jaser.

40. Die Merarigroep het dus altesaam twaalf stede met hulle weivelde gekry.

41-42. Uiteindelik het die Leviete 48 stede met hulle weiding besit uit die totaal van wat aan die Israeliete behoort het.

Vrede in die land

43. So het Israel uiteindelik die hele land wat die Here aan hulle voorvaders beloof het in besit geneem en in die verskillende dele wat aan hulle toegeken is, gaan bly.

44. Soos die Here vir hulle voorvaders beloof het, was daar nou vrede in die land. Die Israeliete kon hulle nou op hulle nuwe lewe toespits, want al hulle vyande is verslaan.

45. Die Here het elke belofte nagekom wat Hy aan Israel gemaak het.