hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 14 Die Boodskap (DB)

Die verdeling van die gebied aan

1-2. Wat nou volg, is ’n oorsig van hoe die priester Eleaser en Josua die seun van Nun saam met die familiehoofde die gebiede in Kanaän onder die nege en ’n half stamme van Israel verdeel het. Na aanleiding van die Here se opdrag aan Moses, het hulle lootjies getrek om te bepaal wie kry watter deel.

3. Moses het reeds die gebied oos van die Jordaan aan die twee en ’n half stamme toegeken. Maar die Leviete het nie grond as ’n erfporsie gekry nie.

4. Die nageslag van Josef het twee afsonderlike stamme gevorm, naamlik Manasse en Efraim. Alhoewel die Leviete nie grond as ’n besitting gekry het nie, het hulle wel sekere dorpe gekry waarin hulle kon bly asook weiveld vir hulle vee en ander diere.

5. Die land is streng volgens die Here se opdrag aan Moses verdeel.

Kaleb vra dat Hebron aan hom toegeken word

6. By Gilgal het ’n afvaardiging van die stam van Juda onder leiding van Kaleb die seun van Jefunne, ’n Kenassiet, na Josua toe gekom. Kaleb sê toe vir Josua: “Jy onthou mos wat die Here vir Moses, die man van God, oor my en jou gesê het daar by Kades-Barnea.

7. Ek was 40 jaar oud toe Moses die Here se dienaar my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te gaan verken. Die verslag wat ek teruggebring het, was eerlik.

8. My medeverkenners het egter die volk bang gepraat, maar ek was getrou aan die Here my God.

9. Daarom het Moses daardie dag ’n belofte aan my gemaak: ‘Die gebied waardeur jy geloop het, sal vir altyd aan jou en jou nageslag behoort omdat jy die Here jou God met jou hele lewe vertrou het.’

10. Soos jy kan sien, het die Here sy belofte aan my nagekom dat ek lewe en ook in die Beloofde Land sou ingaan. Vyf en veertig jaar gelede het die Here dit vir Moses gesê terwyl ons nog in die woestyn rondgetrek het. Wel, kyk na my, ek is nou ’n man van 85

11. en ek is nog net so sterk soos die eerste dag toe Moses my die land in gestuur het. Ek is nog tot enigiets in staat, selfs om oorlog toe te gaan.

12. My versoek is dat jy nou vir my die berggebied sal gee waarvan die Here daardie dag gepraat het. Jy sal onthou dat die Enakiete in hulle versterkte stede daar bly, maar as die Here by my is, sal ek hulle kan verdryf soos Hy belowe het.”

13. Hierop het Josua vir Kaleb geseën en Hebron aan hom as sy besitting gegee.

14. Hebron behoort steeds aan die nakomelinge van Kaleb die seun van Jefunne, die Kenassiet, omdat hy die Here, die God van Israel, getrou gedien het.

15. Hebron was voorheen bekend as Kirjat-Arba. Dit was vernoem na Arba, een van die beroemde helde van die Enakiete. Nou was daar uiteindelik vrede in die land.