hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Jeremia praat by die tempel

1. Jeremia het weer ’n boodskap van die Here ontvang wat hy aan Juda moes oordra.

2. Hy het vir Jeremia gesê: “Gaan na die ingang van die Here se tempel en dra die boodskap oor wat Ek vir jou gegee het. Sê vir die Judeërs: “‘Almal van julle wat na die tempel toe kom om die Here te aanbid, luister na die boodskap van die Here.

3. “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: As julle nou ophou om verkeerde dinge te doen, sal Ek julle in julle land laat bly.

4. Moenie julle laat mislei deur mense wat vir julle sê dat julle veilig is omdat die tempel van die Here in Jerusalem is nie.

5. Ek sal julle genadig wees slegs as julle ophou om verkeerde dinge te doen en regverdig teenoor ander mense optree.

6. Julle moet ook ophou om vreemdelinge, weduwees en weeskinders uit te buit. Verder moet julle ophou om onskuldige mense te vermoor. Dit geld ook as julle sal ophou om julleself skade aan te doen deur ander gode te dien.

7. “‘As julle dit doen, sal Ek toelaat dat julle in hierdie land bly wat Ek lank gelede vir altyd vir julle voorouers gegee het.

8. “‘Maar julle vertrou op bedrieglike woorde wat mislei. Dink julle miskien omdat die tempel hier is, sal julle nie swaarkry nie?

9. Dink julle regtig julle kan maar steel, mense vermoor, egbreuk pleeg, lieg, wierookoffers vir Baäl bring en al die nuwe gode wat julle nie geken het nie, dien

10. en dan hier in my tempel voor My kom staan en sê: Ons is veilig! en daarna voortgaan om hierdie afskuwelike dinge te doen?

11. Dink julle my tempel, wat my Naam eer, is ’n wegkruipplek vir moordenaars? Ont-hou, Ek sien al die boosheid wat daar aangaan, sê die Here.

12. “‘Gaan na my plek in Silo waar Ek voorheen die tabernakel tot my eer opgerig het. Kyk wat het Ek met Silo gedoen omdat my volk Israel bose dinge gedoen het.

13. Die Here sê: Ek het aanhoudend met julle gepraat oor die verkeerde dinge wat julle doen, maar julle wou nie luister nie. Ek het julle probeer terugroep, maar julle het nie na My geluister nie.

14. Soos Ek Silo vernietig het, so sal Ek verseker maak met hierdie tempel wat tot my eer opgerig is, hierdie plek wat Ek vir julle en julle voorouers gegee het.

15. Ek sal julle in ballingskap laat gaan soos met Israel gebeur het.’”

Juda bly ongehoorsaam

16. “Jeremia, moenie meer vir Juda bid nie. Moenie oor hulle huil of vir hulle bid nie. Moet ook nie namens hulle by My kom hulp vra nie. Ek sal nie na jou luister nie.

17. Sien jy nie wat hulle in die dorpe van Juda en in die strate van Jerusalem doen nie?

18. Geen wonder Ek is woedend nie! Die kinders maak hout bymekaar en die pa’s maak die vuur. Die vroue knie deeg en hulle bak koekies om aan die koningin van die hemel te offer en hulle bring drankoffers vir ander afgode! En dit alles net om my eer te krenk.”

19. Die Here vra: “Is dit vir My wat hulle seermaak? Nee, hulle veroorsaak hulle eie seerkry en vernedering.”

20. Daarom sê die oppermagtige Here: “Ek sal my woede en my straf oor hierdie land uitgiet. My woede is soos ’n vuur wat nie geblus kan word nie. Dit sal al die mense, diere, bome en die oeste verteer.”

21. Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Weg met julle brandoffers en ander offers! Eet self die vleis!

22. Toe Ek julle voorouers uit Egipte uitgelei het, het Ek nie brandoffers en ander offers van hulle verwag nie.

23. Wat Ek beveel het, was die volgende: ‘Wees aan My gehoorsaam en Ek sal julle God wees en julle sal my volk wees. As julle doen wat Ek sê, sal dit met julle goed gaan.’

24. “Maar my volk het nie na My geluister nie en hulle nie aan My gesteur nie. Hulle het gemaak soos hulle wou. Hulle het hulle eie idees gevolg en verkeerd gedoen sodat hulle agteruitgegaan het in plaas van vorentoe.

25. Vandat jou voorouers uit Egipte getrek het tot vandag toe het Ek aangehou om profete na hulle te stuur, dag-in en dag-uit.

26. Maar my volk het nie na My geluister nie. Hulle het hulle geensins aan My gesteur nie. Hulle het net nog meer teen My in opstand gekom. Hulle was nog erger as hulle voorouers.

27. “Al sê jy al hierdie dinge vir hulle, sal hulle nie na jou luister nie. Selfs al waarsku jy hulle baie ernstig, sal hulle jou ignoreer.

28. Sê vir hulle: ‘Julle is die volk wat nie na die Here julle God wou luister nie. Julle laat julle ook nie leer nie. Julle ken nie meer iets soos waarheid nie en praat dit ook nie.

29. “‘Inwoners van Jerusalem, sny julle hare af soos julle rouen gooi dit weg.Huil van smartop die kaal heuwels. Die Here het hierdie geslag verwerp,hulle wat sy toorn laat ontbrand het!’”

Moorddal

30. “Die mense van Juda het dinge gedoen wat vir My verkeerd is,” sê die Here. “Hulle het in my tempel beelde van hulle afgode gesit. Hulle het die tempel onrein gemaak.

31. Hulle het heidense hoogtes in Tofet in die Hinnomlaagte gebou. Daar het hulle hulle seuns en dogters in die vuur geoffer. Ek het hulle nooit opdrag gegee om sulke afgryslike dinge te doen nie. Dit is nie eers iets waaraan Ek ooit sou dink nie!”

32. Daarom sê die Here: “Pas op, die tyd kom dat hulle hierdie plek nie meer Tofet of Ben-Hinnomdal sal noem nie, maar Moorddal. Hulle sal so baie mense in Tofet begrawe dat daar nie meer plek vir al die grafte sal wees nie.

33. Die lyke van my mense sal kos vir die aasvoëls en die wilde diere wees, en niemand sal oorleef om hulle te verwilder nie.

34. Ek sal die vrolike sang en gelag van die mense in die strate van Jerusalem stilmaak. Selfs in die dorpe van Juda sal ’n mens nie meer die opgewonde stemme van bruidegomme en bruide hoor nie. Die land sal ’n verlate plek van bouvalle wees.”