hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Die pottebakker en die klei

1. Die Here het weer vir Jeremia ’n boodskap gegee. Hy het gesê:

2. “Gaan na die werkplek van die pottebakker. Daar sal Ek met jou praat.”

3. Ek het toe na die werkplek van die pottebakker gegaan en hom gekry waar hy besig was om op die pottebakkerswiel te werk.

4. Maar die pot waarmee hy besig was, was nie ’n sukses nie. Hy het toe die klei inmekaargedruk en weer begin om ’n nuwe pot te vorm soos hy dit wou hê.

5. Die Here het toe vir my ’n boodskap gegee.

6. Hy het gevra: “O Israel, kan Ek nie met julle net so maak soos die pottebakker met die klei maak nie? Kyk, soos die klei in die hande van die pottebakker, so is julle in my hande.

7. Dit kan wees dat Ek in ’n stadium sê Ek sal ’n sekere nasie of ’n regering omverwerp, afbreek en vernietig.

8. Maar as hulle ophou om die verkeerde dinge te doen waarvan Ek gepraat het, sal Ek hulle nie verwoes soos Ek aanvanklik wou nie.

9. Aan die ander kant, as Ek sê dat Ek ’n sekere nasie of regering sal vestig, opbou, groot en sterk maak,

10. maar die nasie begin verkeerde dinge doen en My nie gehoorsaam nie, sal Ek nie dan sorg dat dit nie met hulle goed gaan soos Ek van voorneme was nie?

11. “Jeremia, gaan sê vir die mense van Juda en die inwoners van Jerusalem dat die Here sê: ‘Ek is besig om planne te maak om julle te straf. Moenie langer aanhou op die verkeerde koers wat julle ingeslaan het nie. Julle almal moet ophou om verkeerd te doen en begin doen wat reg is.’

12. Maar die mense het geantwoord: ‘Moenie jou asem mors nie. Ons sal aanhou lewe soos ons wil en ons eie oordeel volg, al is dit verkeerd.’”

13. Daarom sê die Here: “Doen navraag onder die nasies.Het iemand al ooit gehoor van die afstootlike ding wat die jong vrou Israel gedoen het?

14. Sal die sneeu ooit smelt op die hoë dele van die Libanon?Sal die koue bergstrome van die Hermonbergooit opdroog?

15. Tog het my volk My vergeet en offers gebring aan nikswerd afgode wat hulle laat struikel op die goeie weë.Hulle het op afdraaipaadjies,op sondige paaie beland.

16. As gevolg hiervan sal hulle land in ’n woesteny ontaard. ’n Mens kan maar net fluit van verbasing. Almal wat deurreis, sal verstom staanen hulle koppe skud.

17. Soos die oostewind stof opwaai, so sal Ek my volkin alle rigtings verstrooi voor hulle vyande.Al sou hulle in groot moeilikheid beland, sal Ek my rug op hulle draai,en My nie aan hulle steur nie.”

’n Slinkse plan teen Jeremia

18. Toe het die mense gesê: “Kom ons beraam planne teen Jeremia. Ons het mos priesters wat vir ons die gebooie kan leer, wyse mense wat ons met raad kan bedien en profete wat vir ons boodskappe kan gee. Kom ons versprei slegte stories oor hom en steur ons nie aan wat hy sê nie.”

19. Here, help my!Luister na wat die mense teen my beplan!

20. Is dit regverdig om goed met sleg te betaal? Hulle het ’n gat vir my gegraweom in te val. Onthou U hoe ek namenshulle by U gesmeek het om hulle nie in u woede te straf nie?

21. Daarom, laat hulle kinders van honger doodgaan! Laat hulle in oorloë sneuwel! Laat hulle vroue weduwees wees sonder kinders! Laat die mans deur ’n epidemie omkom! Laat die jong manne sterfin gevegte op die slagveld!

22. Laat hulle angskrete weergalmas aanvallers skielik op hulle toesak terwyl hulle in hulle huise is! Hulle het vir my ’n gat gegrawe om in te val, hulle het vangstrikke vir my gestel om in te trap.

23. Here, U weet van al hulle planne om my dood te maak.Moenie hulle wat onregverdig optree, vergewe nie.Moet ook nie hulle sondes uitvee asof dit nooit bestaan het nie. Laat hulle voor u oë ondergaan. Straf hulle terwyl U nog kwaad isvir hulle!