hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Boodskap oor die Filistyne

1. Die Here het ’n boodskap vir die profeet Jeremia oor die Filistyne gegee. Dit was nog voor die farao vir Gasa aangeval het.

2. Die Here sê: “’n Vloed kom uit die noorde, ’n stroom wat alles oorspoel. Dit oorspoel die land en vul alles daarin,dorpe en inwoners. Die mense sal uitroep.Al die inwoners van die landsal weeklaag.

3. Hoor die geluid van perdehoewe,die gedreun van strydwaens wat verbyjaag. Vaders draai nie eers om na hulle kinders nie want hulle kan hulle nie red nie.

4. Die tyd het gekom om al die Filistyne uit te roei.So ook Tirus en Sidon,hulle bondgenote,wat sou kon help.Want die Here vernietig die Filistyne,hulle wat oorspronklik van Kreta af kom.

5. Die mense van Gasa gaan vernietig word. Askelon is klaar verwoes. Mense wat in die kusvlakteoorgebly het,hoe lank sal julle julleselfnog pynig?

6. “Swaard van die Here, hoe lank nog voor jy weer tot rus kom? Gaan terug in jou skede! Kom tot rus en raak stil!

7. Maar hoe kan dit stil wees as die Here beveel hetom Askelon en die kusvlakte aan te val?”