hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 50 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

’n Boodskap oor Babel

1. Die Here het vir die profeet Jeremia ’n boodskap oor Babel en die land van die Babiloniërs gegee:

2. Die Here sê: “Vertel vir die nasies, maak dit oral bekend. Hys ’n vlag sodat almal dit kan sien. Moet niks wegsteek nie! Sê: Babel is ingeneem! Bel is verneder, Marduk is verslae. Hulle beelde kom in die skande,hulle afgode is verwoes.

3. ’n Volk kom uit die noorde en val die land aan. Hulle verwoes die land van Babel, sodat niemand meer daar woon nie.Al wat mens en dier is, het weggevlug.”

Hoop vir Israel en Juda

4. Die Here sê: “In dié tyd sal die mensevan Israel en Juda weer bymekaarkom. Hulle sal loop en huil terwyl hulle na die Here hulle God soek.

5. Hulle sal vra hoe om by Jerusalem te kom en dan begin om terug te gaanhuis toe. Hulle sal hulleself aan die Here verbindmet ’n ewige verbond wat hulle nooit sal vergeet nie.

6. “My volk is verdwaalde skape. Hulle herders het hulle in ’n verkeerde koers gelei en agtergelaat om in die berge rond te dwaal. Hulle dwaal rond van heuwel tot heuwel,sonder om te onthou waar hulle rusplek is.

7. Almal met wie hulle paaie gekruis het, het hulle verslind. Hulle vyande het gesê: ‘Ons is nie skuldig nie, want dit is hulle wat teen die Here sondig, die Here, hulle ware rusplek en die hoop van hulle voorouers.’

8. “Vlug weg uit Babel! Gee pad uit die land van die Babiloniërs!Wees julle die voorbokke wat die koers aandui vir die trop.

9. Want Ek sal uit ’n land in die noorde’n klomp nasies se gesamentlike mag op die been bring. Ek sal hulle teen Babel laat optrek en die stad van die buitewêreld afsny. Hulle sal die stad oorneem. Hulle is soos vaardige vegters wat hulle wapens goed gebruik. Hulle mis nie ’n teiken nie!

10. Die aanvallers sal die Babiloniërs beroof totdat hulle tevrede voel dat hulle genoeg gevat het,”sê die Here.

Babel se ondergang is seker

11. “Julle het my mense besteel, hulle wat Ek vir My uitgesoek het. Julle is vrolik en bly daaroor. Julle spring rond soos ’n verskalfwat koring uittrap,en soos perde wat runnik.

12. Maar julle eie land sal verneder word en in die skande kom. Sy sal die geringste onder al die volke wees,’n dorre en verlate woestyn.

13. Die Here sal sy woede op Babel uithaal.Dit sal ’n plek wees sonder inwoners, ’n algehele woesteny.Verbygangers sal geskok wees en fluit van verbasing oor Babel se toestand.

14. “Boogskutters,omsingel Babel.Maak julle reg om aan te val! Moet nie julle pyle spaar nie! Want die mense van Babel het teen die Here gesondig.

15. Skreeu op hulle van alle kante. Babel het oorgegee! Die mure van die stad het omgeval. Die Here wreek Hom op Babel.Doen aan hulle soos hulle aan ander mensegedoen het.

16. Neem die boere weg uit Babel, ook hulle wat die lande afoes. As die gevegte aan die gang is, moet mense na hulle eie volke terugkeer. Elkeen moet na hulle land vlug.”

Hoop vir die Here se volk

17. “Die mense van Israel is soos skapewat deur leeus uitmekaargejaag word. Eers het die koning van Assirië hulle opgevreet, en nou het koning Nebukadnesar van Babel hulle bene skoongevreet.”

18. Die Here, die Almagtige, die Godvan Israel, sê: “Ek gaan die koning van Babel en sy land nou strafnet soos Ekdie koning van Assirië gestraf het.

19. Ek sal die mense van Israel na hulle eie weivelde terugbring. Hulle sal weer weiop die velde van Karmel en Basan. Die heuwelgebiede van Efraim en Gileadsal vir hulle genoeg gee om van te lewe.

20. In daardie tyd,” sê die Here, “sal mense verniet soekna Israel en Juda se oortredings;hulle sal niks vind nie. Die mense wie se lewens Ek gespaar het, sal Ek vergewe.”

Straf vir Babel

21. Die Here sê: “Trek op teen die land Meratajim en teen die inwoners van Pekod. Agtervolg hulle, maak hulle dood en wis hulle heeltemal uit.Doen alles wat Ek julle beveel het.

22. Oorlogskrete klink op in die land, die geraas van groot verwoesting!

23. Hoe sal die nasies skrik as hulle Babel se toestand sien! Die hamer wat mense verpletter het,lê stukkend geslaan en gebreek!

24. Ek het vir jou ’n strik gestel, Babel. Jy het daarin getrap sonder dat jy eers geweet het. Jy is gevang omdat jy teen My, die Here, in opstand was.

25. Die Here het die stoorplek van sy wapens oopgemaak. Hy het die wapens van sy woede uitgehaal. Die oppermagtige Here,die Almagtige, het werk wat Hy in die land van die Babiloniërs wil doen.

26. Val hulle van veraf lande aan. Breek die skure oop. Stapel hulle op soos ’n hoop graan.Vernietig hulle heeltemal.Laat niks oorbly nie!

27. Vat die bulle na die slagplek toe, maak hulle almal dood. ’n Slegte tyd breek aan, ’n tyd van straf.

28. Luister na die mense wat uit Babel ontsnap het. Hulle vertel in Jerusalem hoe die Here ons God wraak geneem het op die mense wat sy tempel vernietig het.

29. “Roep jou boogskutters op teen Babel. Laat hulle die stad omsingel sodat niemand kan ontsnap nie. Doen aan die Babiloniërswat hulle aan ander mense en lande gedoen het. Hulle het die Here, die Heilige van Israel, se gesag uitgedaag.

30. Die jongmense sal neerval op die pleine en sterf, al die Babiloniese soldate sal daardie dag sterf,” sê die Here.

31. Die oppermagtige Here,die Almagtige, sê: “Julle is arrogant. Daarom word Ek nou julle vyand. Die tyd het gekom dat Ek julle gaan straf.

32. Verwaande land,julle sal struikel en val. En niemand sal julle help om weer op te staan nie. Ek sal julle dorpe aan die brand steek. Alles wat naby hierdie vuur is, sal afbrand.”

33. Die Here, die Almagtige, sê: “Die mense van Israel en Juda is onderdruk. Die vyand wat hulle gevang het, weier om hulle vry te laat.

34. Maar daar ís Iemand wat hulle loskoop om vry te kom. Dit is die Here, die Almagtige.Hy sal vir hulle intreeen rus bring in die land,maar onrus vir die inwoners van Babel.

35. “Trek die swaard uit teen die Babiloniërs.Tref die inwoners van Babel,die leiers en wyses daarmee,” sê die Here.

36. “Die swaard tref die waarsêers sodat hulle verdwaas staan. En die swaard tref sy soldate sodat hulle vreesbevange is.

37. As die geweld die perde, die strydwaens en huursoldate tref, sal hulle so swak soos vroue word. As geweld die skatkis tref, sal hulle geplunder word.

38. Dit tref ook hulle watervoorrade wat sal opdroog. Hoekom?Want die hele land is vol afgode, en die mense is dol oor hulle.

39. Wilde woestyndiere, hiënasen volstruise sal Babel hulle blyplek maak. Mense sal nooit weer daar bly nie, ook nie toekomstige geslagte nie.

40. Ek sal Babel verwoes soos Ek Sodom en Gomorra en die naburige dorpe destyds vernietig het. Niemand sal meer daar bly nie,” sê die Here.

41. “Kyk, ’n groot leër uit die noorde is op pad!’n Groot nasie en baie konings uit veraf dele van die aarde trek teen julle op.

42. Hulle is met boog en spies gewapen.Hulle is baie wreed en toon geen genade nie. Hulle ry op perde en klink soos die see wat dreun. Hulle marsjeer in formasie, reg om julle aan te val, mense van Babel!

43. Berigte oor hulle het die koning van Babel bereik. Dit het homlam van vrees gemaak. Angs en pyn het hom beetgepak, soos ’n vrou in kraam.

44. Ek sal soos ’n leeu uit die digte bosse by die Jordaan komen skape bespring wat besig is om te wei. Ek sal die mense van Babel uit hulle land jaag. Daarna sal Ek ’n leier kieswat Ek daar sal aanstel.Wie kan met My vergelyk word? Wie kan My uitdaag? Watter koning sal waag om teen My in opstand te kom?”

45. Luister na die Here se plan met Babel en die land van die Babiloniërs. Selfs klein kindertjies sal uit hulle land weggevat word. Hulle huise sal leeg staan.

46. Die geluid van Babel se val sal die aarde laat bewe. Al die volke van die wêreld sal hulle wanhoopskrete hoor.