hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Hoop op herstel

1. Die Here sê: “Daardie tyd sal Ek al die families van Israel se God wees en hulle sal my volk wees.”

2. Hy sê verder: “Die oorlewendessal in die woestyn genade vind. Daar sal Hy vir Israel rus gee.”

3. Lank gelede reeds het die Heredit aan ons bekendgemaak: “Ek het jou lief met ’n liefde wat nooit ophou nie. Ek trek jou met troue liefde na My toe.

4. Ek sal jou weer herbou soos jy vroeër was, jong vrou Israel! Jy sal weer jou tamboerynete voorskyn haal.Jy sal dans en vrolik wees.

5. Jy sal weer wingerde plant teen die berghange van Samaria.Die werkers sal die vrugte geniet wat hulle self geplant het.

6. Daar sal ook ’n dag kom waarop die wagte in die heuwels van Efraim sal uitroep: ‘Kom ons gaan na Jerusalem,na die Here ons God!’”

7. Die Here sê: “Sing van blydskap oor Israel! Roep uit vir die vernaamstevan al die volke!Laat hulle julle lofprysing hooren sê:‘Here, red u volk,die oorblyfsel van Israel.’

8. Kyk, Ek sal hulle uit die noorde terugbring. Ek sal hulle uit die uithoeke van die aarde bymekaarmaak. Onder hulle sal blindesen kreupeles wees, ook verwagtende moeders en vroue op die punt om geboorte te gee. ’n Groot getal mense sal hierheen terugkeer!

9. Hulle sal al huilend terugkom, hulle sal bidterwyl Ek hulle teruglei. Ek sal hulle langs strome lei. Hulle sal op ’n reguit pad loop sodat hulle nie kan struikel nie. Ek is Israel se pa. Efraim is my oudste kind.

10. “Nasies, luister na die woord van die Here,vertel dit in veraf kuslande. Die Here het Israel uitmekaar laat spat, Hy sal hulle weer byeenbring. Soos ’n herder sy skape oppas, so sal Hy hulle versorg.

11. Die Here het Israel vrygemaak,hulle losgekoop uit die mag van ’n vyand sterker as hulle.

12. Hulle sal terugkom en vrolik sing op die hoogtes van Jerusalem. Hulle sal straal van blydskap oor die goedheid van die Here.Hy gee graan, nuwe wyn, olie,lammers en beeste. Hulle lewens sal wees soos ’n tuin met volop water. Hulle sal nie meer rede hê om hartseer te wees nie.

13. Dan sal die meisies van blydskap dans. Die mans, oud en jonk, sal deel in die vrolikheid. Ek sal hulle gehuil in blydskap verander. Ek sal hulle troos. Ek sal hulle vreugde gee in die plek van hartseer.

14. Ek sal aan die priesters oorvloed gee om te offer.My volk sal tevrede voel oor die goeie dinge wat Ek vir hulle gee,” sê die Here.

’n Gehuil verander in vreugde

15. Die Here sê verder: “Hoor die geluid van hartseer en droewige gehuil uit Rama. Dit is Ragel wat huil oor haar kinders.Sy laat niemand toe om haar te troos nie,want haar kinders is dood.”

16. Maar die Here sê: “Hou op huil en droog af jou trane.Ek sal jou beloon vir jou moeite,” sê die Here. “Jou kinders sal terugkom uit die land van die vyand.

17. Daar is hoop vir die toekoms,” sê die Here. “Jou kinders sal terugkomna hulle land toe.

18. “Ek het Israel hoor kla: ‘U het ons swaar gestraf,maar ons het dit verdien.Ons was soos wilde kalwers wat nog moes leer.Bring ons terug en herstel ons, want U is die Here ons God.

19. Ons het afgedwaal, maar ons is spyt daaroor. Ons kon onsself skop dat ons so dom was. Nou is ons skaam en verleë oor wat ons in ons jong dae gedoen het.’”

20. Die Here sê: “Is Israel dan nie meer my dierbare seun nie? Is hy nie my lieflingkind nie? Selfs al moes Ek hom straf, is hy nie uit my gedagtes nie. Omdat Ek oor hom besorg is, sal Ek My oor hom ontferm.

21. “Plant vir jou rigtingwysers. Stel vir jou bakens vas. Neem kennis van die pad waarlangs jy gegaan het. Kom terug, jong vrou Israel! Kom terug na jou eie dorpe.

22. Hoe lank sal jy nog hink op twee gedagtes,ontroue dogter? Die Here gaan iets nuuts op aarde laat gebeur: ’n Vrou sal ’n man beskerm.”

23. Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “As Ek hulle terugbring uit hulle ballingskap, sal die mense in Juda en in hulle dorpe weer sê: ‘Die Here seën jou, tuiste van geregtigheid, heilige berg!’

24. Al die mense in die dorpe en in die gebied van Juda, die boere en die herders, sal in rus en vrede saambly.

25. Want Ek sal nuwe krag gee aan dié wat moeg is en die swakkes versterk.”

26. Toe het ek wakker geskrik en rondom my begin kyk. Wat ek ervaar het terwyl ek geslaap het, was baie aangenaam.

27. Die Here sê: “Die tyd kom dat Ek die mense van Israel en Juda sal vermeerder. Ek sal ook die getalle van die diere vermeerder.

28. In die verlede het Ek hulle ontwortel en hulle afgebreek. Ek het hulle skade aangedoen en vernietig. Verder het Ek ook slegte dinge op hulle pad gebring. Maar in die toekoms sal Ek hulle weer opbou en hulle plant,” sê die Here.

29. “In daardie tyd sal mense nie langer sê nie: “‘Die ouers het suur druiwe geëet sodat die kinders se tande stomp geword het.’

30. “Mense sal weens hulle eie sonde doodgaan. Elkeen wat die suur druiwe eet, se tande sal stomp raak.”

31. Die Here sê: “Die tyd kom dat Ek weer ’n nuwe verbond met Israel en Juda sal sluit.

32. Hierdie verbond sal nie wees soos die een wat Ek met hulle voorouers gesluit het nie. Ek het hulle destyds aan die hand gevat en uit Egipte uitgelei. Hulle het my verbond verbreek, al het Ek hulle liefgehad soos ’n man sy vrou liefhet,” sê die Here.

33. “Maar so sal die nuwe verbond wees wat Ek na hierdie tyd met Israel sal sluit,” sê die Here. “Ek sal my wette in hulle gedagtes plant en op hulle harte skryf. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.

34. Dit sal nie vir hulle nodig wees om vir hulle bure of familie te sê: ‘Ken die Here, leef soos die Here van julle verwag,’ nie. Almal, van die geringste tot die belangrikste, sal My reeds ken,” sê die Here. “Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.”

35. Dit is wat die Here sê,Hy wat die son gemaak hetom in die dag te skyn, en die maan en die sterre om in die nag lig te maak. Dit is Hy wat die see onstuimig laat word om golwe te maak. Sy Naam is die Here,die Almagtige, en Hy sê:

36. “So min as wat Ek hierdie natuurwette sal verwyder, net so min sal die nageslag van Israel ooit ophou om my volk te wees!”

37. Die Here sê: “Net soos die hemele nie gemeet kan word,of die fondasie van die aarde ondersoek kan word nie, net so min sal Ek daaraan dink om die nageslag van Israel vir altydweg te gooi vir die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.” Dit is wat die Here sê!

38. Die Here sê: “Die tyd kom wanneer hulle weer die stad vir My sal herbou van die Gananeltoring af tot by die Hoekpoort.

39. ’n Maatlyn sal loop vanaf hierdie ingang tot by die Garebheuwel en van daar sal dit wegswaai na Goa toe.

40. Hulle sal ’n groot gebied vir die Here afsonder. Dit sluit in die begraafplaas en die ashoop in die vallei asook die terrasse tot so ver as die Kidronspruit. In ’n oostelike rigting sal dit wees tot by die ingang bekend as die Perdepoort. Die stad sal nooit weer ingeneem of verwoes word nie.”