hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52

Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Jeremia en Pasgur

1. Pasgur, die seun van Immer, was die priester in beheer by die tempel van die Here. Hy het die boodskap gehoor wat Jeremia geprofeteer het.

2. Pasgur het Jeremia gearresteer en hom laat slaan en in ’n voetblok vasgemaak by die boonste Benjaminingang van die tempel.

3. Die volgende dag het Pasgur Jeremia vrygelaat. Toe het Jeremia vir hom gesê: “Pasgur, die Here het jou naam verander. Hy noem jou nou: ‘Verskrikking rondom,’

4. want dit is wat die Here sê: Ek sal sorg dat jy en jou vriende verskrik is van vrees. Jou vyand sal jou vriende voor jou oë met die swaard doodmaak. Ek gee die hele bevolking van Juda oor in die hande van die koning van Babel. Hy sal die mense in ballingskap wegvoer na Babel of met die swaard doodmaak.

5. Ek sal toelaat dat jou vyande hierdie stad kaalstroop. Hulle sal al die rykdom in die stad – die kosbare juwele van goud en silwer van jou konings – na Babel toe neem.

6. Pasgur, hulle sal jou en ook jou familie as gevangenes na Babel toe wegvoer. Daar sal jy doodgaan en sal hulle jou begrawe. Dieselfde sal ook gebeur met al jou vriende vir wie jy geprofeteer het dat alles reg sal wees.”

Jeremia se klagte

7. Here, U het my omgepraat en ek het my laat ompraat. U is baie sterker as ek, U het my oorweldig. Nou bespot hulle my heeldag, almal lag vir my.

8. As ek praat, moet ek elke keer net uitroep:“Geweld en vernietiging!” Die boodskap wat die Herevir my gegee het, veroorsaak dat almal my aanhoudend spot.

9. Ek het al gesê ek sal niks van die Here sê of namens Hom praat nie. Maar dan is dit soos ’n vuur wat in my hart brand! Ek is moeg daarvan om weerstand te bied;trouens, ek kan nie meer nie.

10. Ek hoor hoe hulle spot:“Oral is groot gevaar!” Dan sê hulle: “As jy iets sê,gaan ons dit rapporteer!” Selfs my ou vriende hou my dop. Hulle sit en wag vir my om ’n fout te maak. Hulle sê: “Miskien kan hy verlei word, dan sal ons ons kans kry om ons op hom te wreek.”

11. Maar die Here is by my, soos ’n sterk soldaat. My vervolgers sal ondergaan! Hulle sal my nie oorwin nie. Hulle sal rooi in die gesig staan omdat hulle niks reggekry het nie. Niemand sal hulle vernederingooit vergeet nie.

12. Here, Almagtige,U weet wie tree reg op. U sien presies wat aangaan in mense se harteen gedagtes. Ek wil graag sienhoe U U op hulle wreek. Ek het my saak in u hande gelaat.

13. Daarom sing ektot eer van die Here! Prys die Here! Want Hy red arm, behoeftige mense soos ek van kwaaddoeners.

14. Ek verwens die dag wat ek gebore is! Mag niemand my geboortedag ooit as gelukkig beskou nie.

15. Ek verwens die dag toe iemand vir my pa die nuus gebring het: “Geluk, jy het ’n seun!”

16. Mag dié man wees soos die dorpe wat die Heresonder genade vernietig het. Mag hy in die oggend weeklag hoor, en in die middag oorlogsgeskreeu

17. omdat hy my nie voor my geboorte doodgemaak het nie. Ag, kon my ma se liggaam vir ewig my graf gewees het!

18. Hoekom is ek ooit gebore om al die swaarkry en pynte sien? Moet ek my lewe lank vernedering ervaar?