hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe is Yeshua, deur die Gees, na die wildernis gelei om getoets te word deur die teëstander.

2. Nadat Yeshua vir veertig dae en nagte gevas het, was Hy honger

3. en die versoeker het nadergekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, beveel dan hierdie klippe om brood te word.”Deut 8:3; `Am 8:11; Yeg 6:48-; Yog 7:37

4. Hy antwoord egter: “Daar is geskrywe: ‘’n Mens leef nie van brood alleen nie, maar van elke Woord wat uit die mond van God kom’.”

5. Toe bring die teëstander Hom na die afgesonderde stad en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staanPs 91:11,12

6. en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af, want daar is geskrywe: ‘Hy sal Sy engele bevel gee aangaande U. Hulle sal U op hulle hande dra sodat U nie U voete teen die klippe kan stamp nie’.”Deut 6:16

7. Yeshua antwoord hom: “Daar is egter óók geskrywe: ‘Jy mag יהוה, jou God, nie toets nie’.”

8. Weereens neem die teëstander Hom op na die hoë punt van menslike ambisies en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle volle eer, lof en aanbidding

9. en sê vir Hom: “Al hierdie dinge sal ek aan U gee, as U sal neerval en my aanbid.”Deut 6:13; Deut 10:20; Luk 4:8

10. Toe sê Yeshua vir hom: “Gaan weg, jou teëstander, want daar is geskrywe: ‘Aanbid יהוה, jou God en dien Hom alleen’.”

11. Daarna het die teëstander Hom alleen gelaat en let op, engele het nadergekom en Hom bedien.

12. Toe Yeshua gehoor het dat Yoganan gearresteer is, het Hy na die Galil gegaan

13. en Hy het Natzeret verlaat en gaan bly in K’far-Nagum aan die see, naby die grens tussen Z’vulun en Naftali

14. sodat vervul sou word wat Yesha’yahu, die profeet, gesê het:

15. “Die land Z’vulun en die land Naftali, in die rigting van die see, oorkant die Yarden, Galil van die ander nasies,Yes 9:1-2 oor hulle wat in die omgewing van die skadu van die dood leef, vir hulle het ’n Lig opgegaan.”

16. die volk wat in duisternis leef, het ’n groot Lig gesien;

17. Van daardie tyd af aan het Yeshua begin om te verklaar: “Draai weg van julle sondes af na God toe, want die Koninkryk van die hemele is naby!”

18. Terwyl Yeshua langs die see van Galila loop, sien Hy twee broers wat vissermanne was, Shim’on wat genoem is, Kefa en Andreas, sy broer, besig om ’n net in die see uit te gooi.

19. Yeshua sê vir hulle: “Kom, volg My en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20. Hulle het dadelik hulle nette laat staan en agter Hom aangegaan.

21. Toe Hy daarvandaan verder gaan, het Hy twee ander broers gesien, Ya’akov, die seun van Zavdai en Yoganan, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Zavdai, besig om hulle nette reg te maak en Hy het hulle geroep.

22. Hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en saam met Yeshua gegaan.

23. Yeshua het oor die hele Galil gegaan en in hulle byeenkomste geleer, die goeie boodskap van die Koninkryk verkondig en mense van elke siekte en kwaal genees.

24. Woord aangaande Hom is versprei oor die hele Sirië en hulle het almal wat siek was na Hom toe gebring, hulle wat siek geword het van allerhande siektes en gekwel was deur ernstige pyne, hulle wat vasgevang was in die mag van demone, mense wat van hulle koppe afgegaan het en verlamdes en Hy het hulle gesond gemaak.

25. Groot groepe mense het Hom gevolg vanaf die Galil, die Tien Dorpe, Yerushalayim, Y’hudah en van oorkant die Yarden af.