hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Tydens daardie dae het Yoganan, die Doper, in die wildernis van Y’hudah aangekom en die boodskap verkondig

2. en gesê: “Draai weg van julle sondes na God toe, want die Koninkryk van die hemel is naby!”Yes 40:3; Mal 3:1

3. Dit is die man van wie die profeet Yesha’yahu gepraat het toe hy gesê het: “Die stem van een wat uitroep: ‘Berei die pad van יהוה in die wildernis voor en maak Sy paaie gelyk!’”

4. Hierdie Yoganan het klere gedra van kameelhare en ’n leergordel om sy heupe en sy kos was sprinkane en heuning uit die veld.

5. Mense vanaf Yerushalayim, vanaf die hele Y’hudah en van die hele omtrek van die Yarden, het uitgegaan na hom toe.

6. Met erkenning en aflegging van hulle sondes, is hulle deur hom in die Yardenrivier gedoop,

7. maar toe Yoganan baie van die Fariseërs en Saduseërs sien kom om deur hom gedoop te word, sê hy vir hulle: “Nageslag van Adders! Wie het julle gewaarsku om te vlug van die komende straf?

8. Produseer daarom vrugte wat waardig is aan een wat weggedraai het van sy sondes na God toe

9. en moenie dink en in julleself sê: ‘Avraham is ons Vader nie,’ want ek sê vir julle dat God uit hierdie klippe kinders vir Avraham kan opwek!

10. Let op, die byl is ook alreeds teen die wortel van die bome neergelê, gereed om te kap; elke boom wat daarom nie goeie vrugte dra nie, word afgekap en val in die vuur!

11. Ek doop julle in water sodat julle van die sonde kan wegdraai na God toe, maar die Een wat ná my kom, Wie se sandale ek nie eens waardig is om op te tel nie, is kragtiger as ek. Hy sal julle doop in die Gees van Afsondering en in vuur.

12. Sy hooivurk is by Hom en Hy maak Sy dorsvloer deeglik skoon en Sy graan maak Hy in Sy skure bymekaar en die kaf sal Hy verbrand in die onuitblusbare vuur!”

13. Toe het Yeshua vanaf die Galil na die Yarden gekom om deur Yoganan gedoop te word,

14. maar Yoganan het Hom geweier en gesê: “Ek het nodig om deur U gedoop te word en U het na my toe gekom?”

15. Yeshua het hom geantwoord en gesê: “Laat dit nóu so wees, want ons moet alles doen wat die onpartydige opregtheid vereis.” Daarna het Yoganan Hom toegelaat.

16. Nadat Yeshua gedoop is, het Hy opgekom uit die water uit en op daardie oomblik gaan die hemele vir hom oop en hy sien die Gees van God soos ’n duif afkom en op Hom kom

17. en let op, ’n Stem uit die hemel wat sê: “Let op, dit is My Seun, Wie Ek liefhet, in Wie Ek verheug is.”