hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Dan sal die Koninkryk van die hemel wees soos tien maagde wat hulle lampe gevat en uitgegaan het om die bruidegom en bruid te ontmoet,

2. maar vyf van hulle was wys en vyf was dwaas.

3. Die wat dwaas was, het hulle lampe gevat en nie olie saamgevat nie,

4. maar die wyses het olie in hulle houers saam met hulle lampe gevat.

5. Toe die bruidegom vertraag is om te kom, het hulle almal moeg geword en geslaap,

6. maar in die middel van die nag was daar ’n uitroep: ‘Let op, die bruidegom kom; gaan uit om hom te ontmoet!’

7. Toe staan al daardie maagde op en berei hulle lampe voor.

8. Die dwases sê aan die wyses: ‘Gee vir ons van julle olie, let op, ons lampe het uitgegaan,’

9. maar die wyses antwoord en sê: ‘Hoekom? Daar is nie genoeg vir ons en vir julle nie. Gaan na die verkopers en koop vir julleself.’

10. Terwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom en die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die troulokaal en die deur is toegemaak.

11. Agterna kom ook die ander maagde en sê: ‘Ons meester, ons meester, maak vir ons oop,’Open 22:14

12. maar hy antwoord en sê vir hulle: ‘Dit is waar, ek sê vir julle, ek het nie ’n verbondsverhouding met julle nie.’

13. Word dan wakker omdat julle die dag en die uur nie weet nie.

14. Dit is net soos ’n man wat op reis gaan en sy slawe roep en sy besittings aan hulle oorhandig

15. en aan die een gee hy vyf talente en aan die ander, twee en aan die ander, een, aan elkeen na sy vermoë en hy het dadelik na ’n ander land vertrek.

16. Die een wat die vyf talente gekry het, het daarmee gaan handel dryf en vyf ander talente bygekry.

17. Net so het die een wat die twee gekry het, self ook twee ander bygekry,

18. maar hy wat die een ontvang het, het gegaan en in die grond gegrawe en sy meester se geld begrawe.

19. Ná ’n lang tyd het die slawe se meester gekom en hulle rekenings uitgewerk

20. en die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring nog vyf talente en sê: ‘My meester, vyf talente het u vir my gegee; ek het nog vyf talente bygevoeg’

21. en sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’

22. Die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, twee talente het u aan my gegee; ek het nog twee talente bygevoeg.’

23. Sy meester sê vir hom: ‘Goed so, goeie en betroubare slaaf, oor ’n bietjie was jy betroubaar, oor baie sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou meester.’

24. Die een wat een talent ontvang het, kom ook en sê: ‘My meester, ek het u geken dat u ’n harde man is wat oes waar u nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar u nie gedors het nie

25. en ek was bang. Ek het gegaan en u talent in die grond begrawe. Let op, dit wat aan u behoort.’

26. Sy meester antwoord en sê vir hom: ‘Jou slegte en lui slaaf, jy het geweet dat ek oes waar ek nie gesaai het nie en bymekaarmaak waar ek nie gedors het nie.

27. Dit was jou plig om my geld by die geldwisselaars in te gee en ek sou by my koms wat aan my behoort, met rente ontvang het.

28. Neem dan die talent van hom af weg en gee dit aan die een wat die tien talente het,

29. want aan elkeen wat het, sal gegee word en dit sal vir hom vermenigvuldig word, maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word, ook wat hy het

30. en gooi die nuttelose slaaf uit in die buitenste duisternis; daar sal ’n gehuil wees en gekners van tande.’

31. Wanneer die Seun van die mens in Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid kom en al die afgesonderde engele saam met Hom, dan sal Hy sit op Sy troon van eer, lof en grootheid

32. en voor Hom sal al die nasies bymekaargemaak word en Hy sal hulle van mekaar skei net soos die skaapwagter die skape van die bokke skei

33. en Hy sal die skape aan Sy regterhand en die bokke aan Sy linkerhand laat staan.

34. Dan sal die Koning vir dié aan Sy regterhand sê: ‘Kom, julle geseëndes van My Vader, kom erf die Koninkryk wat vir julle voorberei is vanaf die ontstaan van die heelal af,

35. want Ek het honger gehad en julle het vir My kos gegee; Ek het dors gehad en julle het vir My te drinke gegee; Ek was ’n vreemdeling en julle het My ontvang;

36. Ek was kaal en julle het My aangetrek; Ek was siek en julle het My versorg; Ek was in die tronk en julle het My besoek.’

37. Dan sal die onskuldiges Hom antwoord en sê: ‘Ons Meester, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors en te drinke gegee

38. en wanneer het ons gesien dat U ’n vreemdeling is en U ontvang; of kaal en U aangetrek

39. en wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’

40. Die Koning sal antwoord en vir hulle sê: ‘Dit is waar, Ek sê vir julle, in die mate waarin julle dit gedoen het vir een van die onbelangrikste van hierdie broers van My, het julle dit vir My gedoen.’

41. Dan sal Hy ook vir dié aan Sy linkerhand sê: ‘Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur in wat voorberei is vir die teëstander en sy engele,

42. want Ek het honger gehad en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad en julle het My nie te drinke gegee nie;

43. Ek was ’n vreemdeling en julle het My nie ontvang nie; kaal en julle het My nie aangetrek nie; siek en in die tronk en julle het nie vir my gesorg nie.’

44. Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: ‘Ons Meester, wanneer het ons U honger gesien of dors of ’n vreemdeling of kaal of siek of in die tronk en U nie bedien nie?’

45. Dan sal Hy hulle antwoord en vir hulle sê: ‘Dit is waar, Ek sê vir julle, in die mate waarin julle dit nie gedoen het vir een van hierdie onbelangrikes nie, het julle dit ook nie vir My gedoen nie’1 Kor 15:23-28; Open 20:4-15

46. en hulle sal weggaan in die ewige marteling in, maar die onskuldiges in die ewige lewe in.”