hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Yeshua het uit die tempel uitgegaan om te vertrek en Sy studentevolgelinge het nadergekom en vir Hom die argitektuur van die tempel gewys,

2. maar Hy sê vir hulle: “Sien julle al hierdie dinge? Waarlik Ek sê vir julle, daar sal op hierdie plek sekerlik geen klip op ’n ander gelos word, wat nie afgebreek sal word nie.”

3. Ook toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die studentevolgelinge alleen na Hom toe en sê: “Vertel vir ons, wanneer sal hierdie dinge wees en wat is die teken van U koms en van die einde van die wêreld?”

4. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Pas op dat niemand julle mislei nie,

5. want baie sal in My Naam (Karakter en Outoriteit) kom en sê: ‘Ek is Die Gesalfde Een’ en hulle sal baie mislei.

6. Julle sal hoor van oorloë en van verslae van oorloë. Onderskei, moenie bang word nie, want dit is nodig vir al daardie dinge om te gebeur, maar dit is nog nie heeltemal die einde nie,

7. want nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk en daar sal hongersnode wees en plae en aardbewings op verskillende plekke,

8. maar al hierdie dinge is die begin van smarte.

9. Dan sal hulle julle oorgee om te ly en julle doodmaak en julle sal onder al die nasies gehaat word ter wille van My Outoriteit en Karakter

10. en dan sal baie omgekeer word en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat.

11. Baie vals profete sal opstaan en baie mense misleiDeut 8:11

12. en deur die oorvloed van wetsoortreding, sal die liefde van baie afkoel,

13. maar wie vasstaan tot die einde toe, hy sal die lewe hê.

14. Hierdie goeie boodskap van die Koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot getuienis vir al die nasies en dan sal die einde kom.Dan 9:27;11:31 sien staan in die plek wat afgesonder is, moet die leser verstaan,

15. Wanneer julle dan die teken van die verwerplikheid van afgodery, waarvan gepraat is deur die profeet Dani’el,

16. dan moet dié wat in Y’hudah is, vlug na die berge;

17. wie op die dak is, moenie afkom om iets uit sy huis weg te vat nie

18. en wie in die veld is, moenie terugdraai om sy klere te vat nie.

19. Wee die vroue wat swanger is en die wat nog borsvoed in daardie dae,

20. maar bid dat julle ontvlugting nie in die winter of op die Shabbat sal wees nie,Yo’ 2:2; Dan 12:1

21. want daar sal dan groot lyding wees soos daar van die begin van die aarde af tot nou toe nie was nie en ook nie sal wees nie.

22. As daardie dae nie verkort sou word nie, sou geen liggaam gered word nie, maar ter wille van die wat gekies is, sal daardie dae verkort word.

23. Wanneer iemand dán vir julle sê: ‘Let op, hier is Die Gesalfde Een!’ of, ‘Daar!’ moet dit nie glo nie,

24. want daar sal vals gesalfdes en profete van leuens opstaan en hulle sal groot tekens gee om, as dit moontlik was, ook die wat gekies is te mislei.

25. Let op, Ek sê dit vir julle vooruit.

26. As hulle dan vir julle sê: ‘Kyk, Hy is in die wildernis,’ moenie gaan nie; of let op, ‘Hy is in ’n geheime kamer;’ moet dit nie glo nie,

27. want net soos die weerlig uitslaan in die ooste en tot in die weste sigbaar is, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

28. Waar die karkas ook al lê, daar sal die aasvoëls versamelYes 13:10; Yeg 32:7 die sterre sal uit die hemel val, die magte van die hemele sal omgekrap wordYes 34:4; Hag 2:6; Mar 13:25; Luk 21:26; Heb 12:26

29. en dadelik ná die lyding van daardie dae sal die son verduister word, die maan sal sy lig nie gee nie,Z’kh 12:10-14 en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemelDan 7:13-14 met baie wonderwerke en eer, grootheid en lofprysinge.

30. en dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn en dan sal al die stamme van die aarde treurYes 27:13 en hulle sal Sy verkorenes bymekaarmaak uit die vier windstreke, van die een uiterste van die hemele af tot by die ander uiterste daarvan.

31. Hy sal Sy boodskappers uitstuur met groot ramshorings

32. Leer van die vyeboom hierdie vergelykende storie: teen die tyd dat sy tak sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is.

33. Net so verstaan julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat Hy naby is, voor die deur.Luk 21:32

34. Dit is waar, Ek sê vir julle, hierdie volksfamile sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie.

35. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My boodskappe sal nie verbygaan nie,

36. maar wat betref daardie dag en die uur weet niemand nie, selfs nie die boodskappers van die hemel nie, maar slegs die Vader alleen,

37. maar net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees,

38. want net so was hulle voor die vloed; hulle het geëet en gedrink, vroue en mans gevat, tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het

39. en nie verstaan het voordat die vloed gekom en almal weggevat het nie. Net so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

40. Dan sal daar twee in die veld wees; die een sal weggelei word en die een sal gelos word.

41. Twee vroue sal in die meulhuis maal; die een sal weggelei word en die een sal gelos word.

42. Word dan wakker omdat julle nie weet watter uur julle Meester kom nie,

43. maar weet dit: as die huiseienaar geweet het watter tyd die dief sou kom, sou hy wakker gewees het en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie;

44. daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die mens kom daardie uur wat julle dit nie verwag het nie.

45. Wie is dan die getroue en wyse slaaf vir wie sy meester oor sy huishouding aangestel het om hulle hul kos op die regte tyd te gee?

46. Geseënd is daardie slaaf vir wie sy meester, as hy kom, só besig sal vind.

47. Dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel,

48. maar as daardie slaaf boos is en in sy gedagtes sê: ‘My meester neem lank om te kom’

49. en hy sy medeslawe begin slaan en saam met die dronkaards eet en drink,

50. dan sal die meester van daardie slaaf op ’n dag kom dat hy dit nie verwag nie en op ’n uur wat hy nie weet nie

51. en hy sal hom vreeslik slaan en sy deel sit by die toneelspelers van vals karakters. Daar sal ’n gehuil wees en gekners van tande.”