hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe kom daar Fariseërs en leraars van die wet vanaf Yerushalayim, na Yeshua toe en sê:

2. “Waarom oortree U studentevolgelinge die tradisionele wet van die oudstes en was nie hulle hande wanneer hulle brood eet nie?”

3. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Waarom oortree julle selfs die opdragte van God ter wille van julle tradisionele wet?Eks 20:12 en hy wat sleg praat van vader of moeder, moet die dood sterf,’Eks 21:17

4. Want God het opdrag gegee en gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder

5. maar julle sê: ‘Elkeen wat aan vader of moeder sê: ‘dit wat u van my as voordeel kon kry, het ek as ’n offer gegee,’ eer so nie sy vader of moeder nie.

6. Julle kanselleer die wette van God deur julle tradisionele wette.

7. Aannemers van die persoon, Yesha’yahu het reg oor julle geprofeteer toe hy gesê het:

8. ‘Hierdie mense eer My met hulle lippe, maar hulle verstand, wil en emosie is baie ver van My af.Yes 29:13

9. Hulle aanbidding tot My is doelloos terwyl hulle leringe leer van die wette van mense’.”

10. Hy het die skare na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Luister en verstaan!

11. Dit is nie wat in die mond ingaan, wat die mens onrein maak nie, maar dit wat uit die mond uitgaan, maak die mens onrein.”

12. Toe kom Sy studentevolgelinge nader en sê vir Hom: “Weet U dat die Fariseërs, wat hierdie gehoor het, aanstoot geneem het?”

13. Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Elke plant wat My Vader wat in die hemel is nie geplant het nie, sal vernietig word.

14. Laat hulle staan; hulle is blinde gidse van die blindes, maar as ’n blinde ’n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.”

15. Shim’on Kefa antwoord en sê vir Hom: “My Meester, verduidelik vir ons hierdie vergelykende storie,”

16. maar Hy sê vir hulle: “Verstaan julle tot nou toe steeds nie?

17. Verstaan julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, deur die maag gaan en in die privaatheid uitgewerp word nie?

18. Alle dinge wat egter uit die mond uitgaan, kom uit die verstand, wil en emosie en dit maak die mens onrein,

19. want uit die verstand, wil en emosie kom daar bose gedagtes: moord, egbreuk, seksuele immoraliteit, diefstal, valse getuienis en laster.

20. Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak, maar om met ongewaste hande te eet, maak nie die mens onrein nie.”

21. Yeshua het daarvandaan weggegaan en by die gebiede van Tzor en Tzidon gekom.

22. Let op, ’n Kena’anitiese vrou wat van daardie area gekom het, het na Hom geroep en gesê: “Wees my goedgunstig, my Meester, Seun van Dawid! My dogter word erg deur ’n demoon gedryf,”

23. maar Hy het haar nie ’n woord geantwoord nie. Toe kom Sy studentevolgelinge nader en vra Hom en sê: “Stuur haar weg, want sy skree agter ons aan.”

24. Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Ek is nie gestuur nie, behalwe na die afgedwaalde skape van die huis van Yisra’el,”

25. maar sy kom en val voor Hom neer en sê: “My Meester, help my!”

26. Hy sê vir haar: “Dit is nie goed om die brood van die kinders weg te vat en dit vir die honde te gooi nie,”

27. maar sy sê: “Ja, my Meester, selfs die honde eet van die krummels wat van hulle base se tafel afval en hulle leef.”

28. Toe sê Yeshua vir haar: “O vrou, groot is jou vertroue; dit sal vir jou gedoen word soos jy wil” en haar dogter is genees van daardie oomblik af.

29. Yeshua het daarvandaan weggegaan en langs die see van Galila gekom en Hy het die berg opgeklim en daar gaan sit

30. en daar kom ’n groot skare na Hom toe met kreupeles, blindes, dowes, stommes, gebreklikes en baie ander saam met hulle en hulle het dié by die voete van Yeshua neergesit en Hy het hulle gesond gemaak

31. sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien en hulle het die God van Yisra’el verhewe verklaar.

32. Toe het Yeshua sy studentevolgelinge na Hom toe geroep en vir hulle gesê: ‘Ek voel jammer vir hierdie menigte. Let op, hulle bly al drie dae by My en daar is niks vir hulle om te eet nie en Ek is nie gewillig om hulle weg te stuur terwyl hulle vas sodat hulle nie miskien op die pad flou word nie.

33. Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “Waar sal ons in dié wildernis genoeg brode vandaan kry om so ’n groot skare te versadig?”

34. Yeshua sê vir hulle: “Hoeveel brode het julle?” Hulle antwoord: “Sewe en ’n paar klein vissies.”

35. Hy het die skare beveel om op die grond te gaan sit vir ’n maaltyd.

36. Hy vat die sewe brode en die visse, gee lof, breek dit en gee dit aan Sy studentevolgelinge en die studentevolgelinge gee dit aan die skare2 Kon 4:43,44; Mat 14:14-21; Mar 8:1-8

37. en hulle het almal geëet en was versadig. Hulle het die oortollige stukke opgetel en sewe mandjies vol gemaak

38. en die wat geëet het, was vier duisend mans, sonder die vroue en kinders.

39. Hy het die mense weggestuur, in die skuit geklim en in die gebied van Migdala gekom.