hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit was toe Yeshua klaar gepraat het dat Hy van die Galil af vertrek het en deur die Yarden in die gebied van Y’hudah gekom het

2. en ’n groot klomp mense het Hom gevolg en Hy het hulle daar gesond gemaak.

3. Fariseërs het na Hom toe gekom om Hom te toets en vir Hom gesê: “Is dit volgens die wet vir ’n man om oor enige rede van sy vrou te skei?”Gen 1:27; Gen 5:2

4. Hy antwoord egter en sê vir hulle: “Het julle nie gelees dat Hy wat hulle aanvanklik gemaak het, hulle man en vrou gemaakGen 2:24

5. en gesê het: ‘Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en aan sy vrou vaskleef en hulle twee sal een vlees wees’

6. sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees, nie? Wat God dan een gemaak het, laat geen mens dit skei nie.”Deut 24:1,3

7. Hulle sê vir Hom: “Waarom het Moshe dan beveel om ’n skeibrief te gee en haar weg te stuur?”

8. Hy sê vir hulle: “Omdat Moshe julle weens die ongevoeligheid van julle verstand, wil en emosie toegelaat het om van julle vroue te skei, maar aanvanklik was dit nie so nie.

9. Ek sê vir julle dat wie ook al van sy vrou skei, anders as oor seksuele immoraliteit en ’n ander een trou, egbreuk pleeg en wie ook al met die geskeide vrou trou, pleeg egbreuk.”

10. Sy studentevolgelinge sê vir Hom: “As dit die aanklag tussen ’n man en ’n vrou is, dan is dit nie raadsaam om ’n vrou te vat nie,”

11. maar Hy sê vir hulle: “Nie almal begryp hierdie boodskap nie, maar net dié aan wie dit gegee is.

12. Daar is onbekwames wat van hulle moeders se baarmoeder af so gebore is en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die Koninkryk van die hemel. Wie dit kan aanvaar, laat hom dit ontvang.”

13. Toe bring hulle kinders na Hom toe sodat Hy Sy hand op hulle kan lê en vir hulle bid en Sy studentevolgelinge het hulle bestraf,

14. maar Yeshua sê vir hulle: “Laat die kinders na My toe kom en moet hulle nie verbied nie, want aan dié wat só is soos hulle behoort die Koninkryk van die hemel.”

15. Hy het Sy hand op hulle gelê en daarvandaan weggegaan.

16. Daar kom een na Hom toe en sê vir Hom: “Goeie Leermeester, watter goeie ding moet ek doen sodat ek ewige lewe kan hê?”Open 22:14

17. Hy sê vir hom: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe Een, naamlik God, maar as jy in die lewe wil ingaan, gehoorsaam die opdragte.”Eks 20:13-16 “Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis gee nie;

18. Hy vra vir Hom: “Watter?” Yeshua sê vir hom:Eks 20:12 en wees vir jou naaste lief net soos vir jouself.”Lev 19:18

19. eer en respekteer jou vader en moeder

20. Die jongman sê vir Hom: “Al hierdie dinge het ek onderhou van kindsbeen af, wat kom ek kort?”

21. Yeshua sê vir hom: “As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee dit aan die armes en jy sal ’n skat in die hemel hê en kom hier, volg My,”

22. maar toe die jongman dié boodskap hoor, het hy bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23. Yeshua sê vir Sy studentevolgelinge: “Dit is waar, Ek sê vir julle, dit is moeilik vir ’n ryk man om in die Koninkryk van die hemel in te gaan.Iyov 24:22

24. Ek sê weer vir julle, dit is makliker vir ’n kameelhaartou om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan.”

25. Toe sy studentevolgelinge dit hoor, was hulle baie verbaas en sê: “Wie kan dan lewe?”

26. Yeshua het na hulle gekyk en vir hulle gesê: “Vir mense is dit nie moontlik nie, maar by God is alle dinge moontlik.”

27. Toe antwoord Kefa en sê vir Hom: “Let op, ons het alles verlaat en saam met U gekom, wat sal dan vir ons gedoen word?”

28. Yeshua sê vir hulle: “Dit is waar, Ek sê vir julle dat julle wat saam met My ingaan in die Nuwe Wêreld, wanneer die Seun van die mens op Sy troon van Gemanifesteerde Teenwoordigheid sit, ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Yisra’el sal oordeel

29. en elkeen wat ’n huis of ’n broer of ’n suster of ’n vader of ’n moeder of ’n vrou of kinders of dorpe ter wille van My Outoriteit en Karakter verlaat het, sal elkeen honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe erf,

30. maar baie wat eerste is, sal laaste wees en die wat laaste is, sal eerste wees,