hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het in die boot geklim, oorgevaar en in Sy dorp aangekom.

2. Hulle het ’n verlamde, wat bedlêend was, na Yeshua gebring. Toe Yeshua hulle vertroue sien, sê Hy aan die verlamde: “Wees bemoedig seun, jou sondes is vergewe.”

3. Sommige van die leraars van die wet het hierop by hulleself gesê: “Hierdie man praat kwaad teen God.”

4. Yeshua het geweet wat hulle dink en sê: “Waarom bedink julle bose dinge in julle gedagtes,

5. want wat is makliker: ‘Om te sê, jou sondes is vergewe, of om te sê, staan op en loop?’

6. Sodat julle egter kan weet dat die Seun van die mens outoriteit het op aarde om sondes te vergewe, sê Ek vir die verlamde man: ‘Staan op, tel jou bedmat op en gaan na jou huis toe.’”

7. Hy het opgestaan en huis toe gegaan.

8. Toe die skare dit sien, was hulle bang en het eer, lof en aanbidding aan God gebring wat so ’n outoriteit aan die mens gegee het.

9. Toe Yeshua daarvandaan verder gaan, sien Hy ’n man, wie se naam Mattityahu was, by die belastingstalletjie sit en Hy sê vir hom: “Kom saam met My.” Hy het opgestaan en saam met Hom gegaan.

10. Toe hulle in die huis aan tafel skuinsgelê het, het daar baie belastinggaarders en sondaars saam met Yeshua en Sy studentevolgelinge aan tafel kom skuinslê.

11. Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir die studentevolgelinge: “Waarom eet julle Meester saam met belastinggaarders en sondaars?”

12. Toe Yeshua dit gehoor het, sê Hy vir hulle: “Die wat gesond is, het nie die dokter nodig nie, maar die wat siek geword het,Hos 6:6; Ps 40:7; Ps 51:18-21; 1 Sh'm 15:22; Mat 12:7 ‘Ek vereis aktiewe omgee en nie offers nie,’ want Ek het nie gekom om onskuldiges te roep nie, maar sondaars.”

13. maar gaan leer wat hierdie beteken:

14. Toe kom die studentevolgelinge van Yoganan na Hom toe en sê: “Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar U studentevolgelinge vas nie?”

15. Yeshua sê vir hulle: “Hoe kan die bruilofsgaste vas solank as die Bruidegom by hulle is? Daar sal egter ’n dag kom wanneer die Bruidegom van hulle af weggevat word en dan sal hulle vas.

16. Niemand sit ’n nuwe stuk lap op ou klere sodat die aangelapte stuk nie afskeur en daar ’n groter skeur kom nie.

17. Net so gooi hulle ook nie nuwe wyn in ou leersakke sodat die sakke nie breek en die wyn mors en die sakke vernietig word nie. ’n Mens gooi egter nuwe wyn in nuwe sakke en albei word bewaar.”

18. Terwyl Hy hierdie dinge vir hulle sê, kom daar ’n sekere heerser en buig voor Hom neer en sê: “My dogter is in hierdie uur dood, maar kom lê U hand op haar en sy sal lewe.”

19. Yeshua en sy studentevolgelinge het opgestaan en hom gevolg,Num 15:38

20. en let op, ’n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, het van agter af gekom en die bloulyn-soomtossel van Sy kleed aangeraak,

21. want sy het in haarself gesê: “Selfs as ek net Sy klere kan aanraak, sal ek gesond word.”

22. Yeshua het omgedraai en haar gesien en gesê: “Wees bemoedig My dogter, jou vertroue het jou gered” en die vrou is van daardie oomblik af genees.

23. Yeshua het by die huis van die heerser gekom en die weeklaers en die groep omgekrapte mense gesien.

24. Hy sê vir hulle: “Gaan julle weg, want die dogter is nie dood nie, maar slaap.” Hulle het vir Hom gelag.

25. Nadat Hy die skare uitgestuur het, het Hy ingegaan, haar hand vasgevat en die dogter laat opstaan.

26. Die gerug hiervan het deur die hele gebied versprei.

27. Toe Yeshua daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg wat uitgeroep en gesê het: “Gee om vir ons, Seun van Dawid!”

28. Nadat Hy in die huis ingegaan het, kom die blindes na Hom toe en Yeshua sê vir hulle: “Vertrou julle dat Ek in staat is om dit te doen?” Hulle sê vir Hom: “Ja, ons Meester.”

29. Toe raak Hy hulle oë aan en sê: “Laat dit vir julle wees net soos julle vertrou”

30. en onmiddellik het hulle oë oopgegaan en Yeshua het hulle ernstig beveel en gesê: “Let op dat niemand daarvan weet nie.”

31. Hulle het egter weggegaan en dit in die hele gebied bekend gemaak.

32. Terwyl hulle weggaan, bring hulle ’n doofstom persoon, wat deur ’n demoon beheer word, na Yeshua toe

33. en nadat die demoon uitgegaan het, het die doofstom persoon gepraat. Die skare mense het hulle verwonder en gesê: “So iets is nog nooit in Yisra’el gesien nie,”

34. maar die Fariseërs het gesê: “Deur die prins van die demone dryf Hy die demone uit.”

35. Yeshua het rondgegaan na al die stede en dorpe en in hulle bymekaarkomplekke geleer en die goeie boodskap van die Koninkryk verkondig en elke siekte en elke pyn onder die mense genees.

36. Toe Hy die groot groep mense sien, het Hy liefdevol vir hulle omgegee omdat hulle uitgeput was en rondgedwaal het, soos skape wat geen herder het nie.

37. Toe sê Hy vir sy studentevolgelinge: “Die oes is groot en die arbeiders is min.

38. Vra daarom van die Meester van die oes, om werkers uit te stuur na Sy oes.”