hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit was nadat Yeshua Sy bevele aan Sy twaalf studentevolgelinge voltooi het dat Hy daarvandaan weggegaan het om in húlle stede te leer en te verkondig.

2. Toe Yoganan in die gevangenis gehoor het van die dade van Die Gesalfde Een, het hy deur middel van sy studentevolgelinge gestuur

3. en vir Hom gevra: “Is U Hy wat kom, of moet ons ’n ander verwag?”

4. Yeshua antwoord en sê vir hulle: “Gaan vertel aan Yoganan daardie dinge wat julle hoor en sien:Yes 35:5,6 die dooies staan op,Yes 29:18; Yes 35:5 die armes hoor die goeie boodskapYes 61:1

5. die blindes sien, die kreupeles loop, die melaatses word rein, die dowes hoor,

6. en geseënd is elkeen wat nie deur My sal struikel nie.”

7. Toe hulle weg is, begin Yeshua vir die skare aangaande Yoganan te sê: “Wat het julle uitgegaan om in die wildernis te sien? ’n Riet wat deur die wind geskud word?

8. Indien nie, wat het julle uitgegaan om te sien? ’n Man wat ’n lang sagte kleed dra? Let op, die wat sagte klere dra, is tussen konings.

9. Wat anders het julle uitgegaan om te sien? ’n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, meer as ’n profeet.Mal 3:1; Yes 40:3

10. Dit is hy van wie daar geskrywe is: ‘Let op, Ek stuur My boodskapper voor U Teenwoordigheid uit, om U pad voor U uit voor te berei.’

11. Ek sê vir julle die waarheid: ‘Onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Yoganan, die Doper, nie, maar die kleinste in die Koninkryk van die hemel, is groter as hy.’

12. Vanaf die dae van Yoganan die Doper af tot nou toe word die Koninkryk van die hemel met geweld uitgevoer en geweldenaars gryp dit,Dan 9:24

13. want al die profete en die wet het tot by Yoganan geprofeteerMal 3:23,24

14. en as julle bereid is om dit te aanvaar: hy is Eliyahu wat sou kom.

15. Wie ook al ’n oor het wat wil hoor, laat hom hoor,

16. maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kinders wat in die strate sit en na hulle maats roep

17. en sê: ‘Ons het vir julle gesing en julle het nie gedans nie; ons het vir julle gehuil en julle het nie getreur nie,’

18. Yoganan het gekom en niks geëet of gedrink nie en hulle sê: ‘Hy het ’n demoon in hom.’

19. Die Seun van die mens het gekom al etende en drinkende en hulle sê: ‘Let op, ’n vraat en ’n wynsuiper, ’n vriend van belastinggaarders en sondaars.’ Wysheid word geregverdig deur die dade wat dit voortbring.”

20. Toe begin Yeshua die stede waarin die meeste van Sy kragtige dade plaasgevind het, aanspreek omdat hulle nie erken en omgedraai het van hulle sonde na God toe nie

21. en Hy sê: “Wee jou, Kórasin; wee jou, Beit-Tzaidah, want as in Tzor en Tzidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as erken en omgedraai het van hulle sonde na God toe,

22. maar Ek sê vir julle, dit sal vir Tzor en Tzidon meer uithoudbaar wees in die oordeelsdag as vir julle

23. en jy, K’far-Nagum, wat tot die hemel toe opgelig is, jy sal tot Sh’ol toe neergedruk word, want as in S’dom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly bestaan het tot vandag toe,

24. maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van S’dom kalm en rustig sal wees in die oordeelsdag in vergelyking met jou.”

25. By daardie geleentheid het Yeshua geantwoord en gesê: “Ek dank U, My Vader, Meester van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge weggesteek het vir die wyse en intelligente en dit aan eenvoudiges openbaar het.

26. Ja, My Vader, want so was dit U begeerte om te doen.

27. Alles is aan My oorgegee deur My Vader en niemand ken die Seun ten volle nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader ten volle nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.

28. Kom na My toe, almal wat moeg gewerk is en gedwing word om laste te dra en Ek sal julle rus gee.Kla 3:27, 28 want Ek is vredevol en nederig van verstand, wil en emosie en julle sal rus vind vir julle gees,Yir 6:16

29. Neem My juk op julle en leer van My,Yes 46:1

30. want My juk is aangenaam en My las is lig.”