hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Gee aandag daaraan om nie jul liefdadigheid voor mense te bewys om deur hulle gesien te word nie, anders is daar geen beloning vir julle by jul Vader in die hemel nie.

2. Wanneer jy daarom liefdadigheid bewys, moenie ’n ramshoring blaas om dit aan te kondig soos die toneelspelers van ’n vals karakter in die bymekaarkomplekke en op die strate doen sodat hulle mense se lof kan ontvang nie. Dit is waar wat Ek vir julle sê, hulle het hulle beloning reeds ontvang,

3. maar jy, as jy liefdadigheid gee, laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie

4. sodat jou liefdadigheid geheim sal wees en jou Vader wat sien wat jy in die geheim doen, sal jou in die openbaar beloon.

5. Wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die toneelspelers van ’n vals karakter wat hou daarvan om in die bymekaarkomplekke en op die hoeke van die strate te staan en bid om deur die mense gesien te word nie. Dit is waar as Ek vir julle sê dat hulle hul beloning reeds ontvang het,

6. maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou private kamer, sluit jou deur en bid in die geheim tot jou Vader en jou Vader wat sien wat in die geheim gedoen word, sal jou in die openbaar beloon.

7. Wanneer julle bid, gebruik nie mooi klinkende herhaling van woorde soos die heidene, wat dink dat God hulle beter sal hoor as hulle baie woorde gebruik, nie.

8. Moet dan nie wees soos hulle nie, want julle Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

9. Julle moet dan so bid: ‘Ons Vader wat in die hemel is, U Karakter en Outoriteit (Naam) is afgesonderd;

10. laat U Koninkryk kom, laat U wil gedoen word, op die aarde soos in die hemel.

11. Gee ons die brood wat ons vandag nodig het.

12. Vergewe wat ons verkeerd gedoen het, soos ons ook hulle wat teenoor ons verkeerd gedoen het, vergewe

13. en bring ons nie in toetsing nie, maar bevry ons van boosheid, want aan U behoort die Koningskap, die wonderwerkende krag, die eer, lof en aanbidding tot in ewigheid,’

14. want as julle ander hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe,

15. maar as julle ander se oortredinge nie vergewe nie, het julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

16. Wanneer julle vas, moenie treurig lyk soos die toneelspelers van ’n vals karakter nie, want hulle misvorm hul gesigte sodat mense kan sien dat hulle vas. Dit is waar wat Ek vir julle sê, hulle het reeds hul beloning ontvang,

17. maar jy, wanneer jy vas, was jou gesig en salf jou kop

18. sodat niemand sal sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat in die geheim is en jou Vader wat sien wat in die geheim gedoen word, sal jou in die openbaar beloon.

19. Moenie vir julle skatte opgaar hier op die aarde, waar motte en roes vernietig en waar diewe inbreek en steel nie,

20. maar stoor vir julleself skatte in die hemel, waar mot of roes nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie,

21. want waar julle rykdom is, daar sal julle gedagtes, wil en emosie ook wees.

22. Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan goed is (vrygewig), sal jou hele liggaam goed verlig wees,

23. maar as jou oog boos is (suinig), sal jou hele liggaam vol donkerte wees. As die lig in jou dan duisternis is, hoe groot is die donkerte nie!

24. Geen man kan vir twee meesters werk nie, want hy sal òf die een haat en van die ander een hou, òf hy sal getrou wees aan die eerste een en die ander een verwaarloos. Dit is nie moontlik om vir God én vir Mammon te werk nie!

25. Ek sê daarom vir julle: ‘Moenie bekommerd wees oor julleself, wat julle sal eet of drink nie, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as kos en die liggaam meer as klere nie?’

26. Kyk na die voëls in die lug! Hulle saai nie en hulle maai ook nie en hulle stoor nie kos in skure nie en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?

27. Wie van julle kan deur bekommerd te wees, een el by sy lengte byvoeg?

28. Waarom bekommerd wees oor klere? Dink ernstig aan die lelies van die veld en hoe hulle groei, sonder om hard te werk of te spin

29. en tog sê Ek vir julle dat selfs nie eens Shlomo, in al sy eer en lof soos een van hulle aangetrek was nie.Ps 103:15,16 sal Hy julle dan nie soveel meer aantrek nie? Hoe min vertroue het julle nie!

30. As dit dan is hoe God die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, aantrek,

31. Julle moet daarom nie bekommerd wees en vra: ‘Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie,’

32. want dit is die ander nasies wat konsentreer op al hierdie dinge. Julle hemelse Vader weet dat julle ook al hierdie dinge nodig het,Kol 3:1

33. maar soek eerste die Koninkryk van God en Sy onpartydige opregtheid en al hierdie dinge sal ook vir julle bygesit word.

34. Bekommer julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge bekommer. Elke dag het genoeg aan sy eie booshede.”