hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Mattityahu 10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hy het Sy twaalf studentevolgelinge na Hom toe geroep en aan hulle outoriteit gegee oor vuil geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke pyn te genees.

2. Hierdie was die name van die twaalf afgevaardigdes: eerstens, Shim’on wat genoem word Kefa en Andréas, sy broer; Ya’akov, die seun van Zavdai en Yoganan, sy broer;

3. Filippos en die seun van (Bar)-Talmai; T’oma en Mattityahu, die belastinggaarder; Ya’akov, die seun van (Bar)-Halfai en Labi wat genoem word Taddai;

4. Shim’on die Yweraar en Y’hudah van K’riot, wat Hom oorgegee het.

5. Yeshua het hierdie twaalf gestuur en hulle opdrag gegee en gesê: “Moenie, op pad, na die ander volke toe gaan nie en moenie in die stede van Shomron ingaan nie,

6. maar gaan spesiļ¬ek na die verlore skape van die huis van Yisra’el

7. en wanneer julle gaan, kondig aan en sê: ‘Die Koninkryk van die hemel het naby gekom.’

8. Genees siekes, reinig melaatses, dryf demone uit. Sonder betaling is dit ontvang, sonder betaling moet dit gegee word.

9. Moenie goud of silwer of koper in julle beurse hou nie,

10. geen sak vir die pad of twee kledingstukke of sandale of ’n wandelstok nie, want die arbeider is sy versorging waardig,

11. maar in watter stad of dorp julle ook al ingaan, onderskei wie waardig is en bly dan dáár totdat julle vertrek.

12. Wanneer julle in ’n huis ingaan, spreek vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid oor die huishouding

13. en as die huis dit waardig is, sal julle seëning (vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid) daarop rus, maar as dit nie waardig is nie, sal julle seëning na julle toe terugkom.

14. Wanneer iemand julle nie ontvang en nie na julle boodskap luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.

15. Dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘In die oordeelsdag sal dit vir die land van S’dom en `Amorra meer uithoudbaar wees as vir daardie stad.’Luk 10:3 Wees daarom uitgeslape soos slange en onskuldig soos duiwe,

16. Let op, Ek stuur julle soos skape tussen die wolwe in.

17. maar wees versigtig vir die mense, want hulle sal jul oorlewer aan die howe en in hulle bymekaarkomplekke sal hulle julle gésel.

18. Hulle sal julle ook voor streeksleiers en konings bring, om My ontwil, tot ’n getuienis vir hulle en vir die ander nasies,

19. maar wanneer hulle julle arresteer, moenie bekommerd wees oor hoe, of wat, julle sal sê nie, want wat julle moet sê sal op daardie oomblik vir julle gegee word,

20. want dit sal nie julle wees wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat in julle praat.Mik 7:2,5

21. ’n Broer sal sy broer tot die dood oorlewer en die vader sy kind en die kinders sal teen hulle ouers opstaan en hulle doodmaakOpen 2:26; Open 3:12,21

22. en almal sal julle haat ter wille van My Outoriteit en Karakter (Naam), maar wie ook al uithou tot die einde toe, hy sal gered word.

23. Wanneer hulle julle vervolg in hierdie stad, vlug na ’n ander toe, want dit is waar wat Ek vir julle sê: ‘Julle sal nie die stede van die huis van Yisra’el voltooi voordat die Seun van die mens sal kom nie.’

24. Daar is nie ’n leerling groter as sy leermeester nie en net so ook nie ’n dienskneg groter as sy meester nie.

25. Dit is vir die studentevolgeling genoeg dat hy soos sy leermeester sal wees en die dienskneg soos sy meester. As hulle die meester van die huis Ba’al-Z’vuv genoem het; hoeveel te meer sy huisgenote!Spr 3:32

26. Wees daarom nie bang vir hulle nie, want daar is niks bedek wat nie openbaar sal word nie en geheim wat nie bekend sal word nie.

27. Wat Ek ook al vir julle in die donker vertel, sê dit in die lig en enige iets wat julle in julle oor hoor, verkondig dit op die dakke.

28. Moenie bang wees vir hulle wat die liggaam doodmaak, maar die gees nie kan doodmaak nie, maar wees eerder bang vir Hom wat die gees sowel as die liggaam kan vernietig in die hel.

29. Word twee mossies nie vir ’n assarion verkoop nie? Nie een van hulle sal op die grond val sonder julle Vader se wil nie,

30. maar julle, al die hare van julle kop, is ook almal getel.Deut 1:17 want julle is belangriker as baie mossies.

31. Wees daarom nie bang nie,

32. Elkeen dan wat My sal erken voor die mense, hom sal Ek ook erken voor My Vader wat in die hemel is,

33. maar elkeen wat My ontken voor die mense, hom sal Ek ook ontken voor My Vader wat in die hemel is.

34. Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar ’n swaard,

35. want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ’n man en sy vader en tussen ’n dogter en haar moeder en tussen ’n skoondogter en haar skoonmoeder;Mik 7:6

36. ’n mens se vyande sal die kinders van sy huishouding wees.

37. Wie ’n vader of moeder meer liefhet as vir My, is My nie waardig nie en wie ’n seun of dogter meer liefhet as vir My, is My nie waardig nie

38. en elkeen wat nie sy kruis optel en My volg nie, is My nie waardig nie.

39. Wie ook al sy lewe self verloor om My ontwil, sal dit vind. Wie ook al sy lewe self vind, sal dit verloor.

40. Wie ook al vir julle ontvang, ontvang My en wie ook al vir My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.

41. Wie ook al ’n profeet ontvang in die Outoriteit en Karakter (Naam) van die Profeet, sal ’n beloning van die Profeet ontvang en wie ’n onskuldige ontvang in die Outoriteit en Karakter van die Onskuldige, sal ’n beloning van die Onskuldige Een ontvang

42. en elkeen wat vir een van hierdie kleintjies net ’n koppie koue water gee om te drink, volgens die karakter en outoriteit van ’n studentevolgeling, dit is waar, Ek sê vir julle, hy sal nie sy beloning verloor nie.”